Ek weet nie wat my meer pla nie, die nimmereindigende reën of die kokkerotte, miere, vismotte, slakke, muskiete, miet, brommers, vrugtevliegies en ander plae van Egipte wat teen verbysterende spoed aanteel as gevolg van die voortdurende nattigheid in die huis. En roes. Alles roes, tot die skarniere in my rug ook. Diegene wat dink dis heerlik om ’n huisie by die see te hê, dink ’n bietjie aan die peste en plae wat daarmee gepaard gaan voordat jy net oppak en trek.
Die meeste van die plae in hierdie huis is juis die gevolg van die dak wat lek. Dink net hoe lekker broei hulle daar bo in die “nat rietbesem” soos wat Karen die grasdak noem. Die eenheid waarheen ons trek is ook in die proses om behoorlik skoongemaak en ontsmet te word. Gelukkig is dáár geen vog in die dak of die mure nie en die pes-kolonies teel nie so vinnig aan nie.
Kokkerotte was nog altyd my pet peeve, vandat ons die eerste dag ons voete in KZN gesit het. Ek haat daai blinkglad lyfies wat so vinnig in ’n skrefie verdwyn wanneer jy die ligte aansit. Meer as dit haat ek die kokkerot-kakkies wat hulle teenwoordigheid verklap, veral in die kombuis en badkamer. Oral waar dit nat en warm is, maak hulle hulself tuis.
Ek het onlangs weer geskryf van die voorsorgmaatreëls wat ons tref met die berging van voedsel om kokkerotte uit die kombuiskaste te hou. En uit die badkamer, want kokkerotte floreer op seep as voedsel. Hulle wine en dine baie lekker op koekies seep, stort-jel, sjampoe en waspoeier. Dit wat nie in plastiek beveilig kan word nie word in die yskas of vrieskas gebêre.
Nou sal jy wonder wat vreet kokkerot se kind as alles so dig geseël word, maar soms begaan ’n mens net ’n klein foutjie, ’n glipsie met iets wat eetbaar is vir kokkerotte, en dan vier hulle middernagfees, elke nag, totdat jy hulle teenwoordigheid agterkom en weer die gemors skoonmaak. Ek het onlangs so ’n verassing gehad:
Karen en Oudste het daar van Johannesburg af weer ’n magdom nuwe lugdigte plastiese houers gebring om seker te maak dat alle voorrade veilig gebêre kan word. Ek het dae lank gesorteer, elke perperkorreltjie en soutklontjie in aparte plastiese botteltjies gepak, en toe daardie botteltjies binne-in nog ’n lugdigte plastiese houer gebêre. Dieselfde gedoen met die rys, bone, meel, ertjies en alle ander droë kos. Wanneer jy in hierdie kombuis wil kook, moet jy inbreek om by jou bestanddele by te kom. Dit lyk vreeslik indrukwekkend wanneer ek die stapels so uitpak en oopsprei op die tafel …
Hoe dit gebeur het, weet nugter, maar ek het ’n pakkie koeksoda (toegemaak in die papiersakkie binne-in die boksie waarin dit gekoop is), net so in die kas geprop. Net om dag ná my vertrek ’n oproep van Karen af te kry om te sê sy besig om te kook en sy benodig koeksoda, maar toe sy die boksie oopmaak, sit kokkerot se kind groot en breed daar in die papierssakkie. En wat moet sy nou … ? Die ergste van alles is dat ons nuwe buurvrou daar van Gauteng af by was toe sy die sakkie oopgemaak het en die kokkerot gesien – gevang in flagrante delicto.
Die resultaat van hierdie oorsig deur die uwe is dat ons nou reëlings moet tref om albei huise, die een waarheen ons trek én die wat ons verlaat, behoorlik te laat skoonmaak en ontsmet. Ons wil nie inwonende kokkerotte saamtrek nie en ons wil nie nuwe kokkerotkolonies aan die ander kant gaan ontmoet nie. Dit beteken ook dat al ons besittings nou weer uitgepak, oorgepak en weer geseël moet word.
Ná kokkerotte is brommers seker my grootste beswaar. Die een probleem hier ter plaatse is natuurlik dat nie alle inwoners die reël volg dat vuilgoedsakke / dromme behoorlik geseël moet word nie. Die kompleks is diere-vriendelik, wat beteken dat elke inwoner soveel honde en katte aanhou as wat saans in hulle dubbelbed kan slaap en die poepoesakkie-reël word ook nie gevolg nie. Probeer nou op ’n hete somersdag om kos te maak (ons eet ons hoofmaaltyd in die middag) – jy spandeer die helfte van die tyd daaraan om brommers rond te jaag. Alles word bedek met ’n gaasdoekie of ’n vadoek. Ek voel nou al soos die plaasvrouens van ouds wat ’n doilie oor elke beker of kommetjie drapeer het.
Hoe wen ’n mens? Jy kan natuurlik elke dag gaan take-aways koop in plaas daarvan om kos in die huis aan te hou, maar ek is nie ‘n take-away fên nie. Dus pak jy maar die stryd aan met ’n vlieëplak, ’n blik Doom en daardie vadoekie.
En met humor. Dit help nogal.
Een voordeel van die baie reën is dat die peste en plae ook wegkruip wanneer die temperature begin val en dis vandag nogal koelerig hier. Langbroekie-en-truitjie koel. Ek het my kans waargeneem en daardie pot kerrie-afval gekook wat ek myself gister al beloof het. Dit was heerlik 🤩
Anne
Ek het vir een jaar by die see gewoon – in Amanzimtoti – 49 jaar gelede. Dit het nie goed uitgewerk nie want die see en strand was selde lekker in die middae toe ek van my werk huistoe gekom het, al daardie plae waarvan jy skryf was daar, en my derde-handse motor het vreeslike geroes. Ek was eintlik bly om weer binneland toe te trek!
HesterLeyNel
😂 Ek het dit vreeslik geniet hier die afgelope paar jaar, maar vandat die lockdowns ons getref het, om nie te praat van Eskom en waterprobleme nie, het my entoesiasme heelwat bedaar. Ek wens regtig ons gaan ‘n lekker somerseisoen hê, want die weer is nog steeds in lockdown – die afgelope twee jaar het ons maar droewige somerseisoene beleef.
Bondelsgedagtes
Jy het al my simpatie met die koklerot bende. Ek gril ook vir die spulletjie. Nes mens dink jy het hulle gewen, broei nog een iewers uit. Laat weet ons as jy op n wen resep afkom om finaal van hulle ontslae te raak
HesterLeyNel
Nee wat jong, ek veg al amper agt jaar met mag en mening. Ek dink kokkerotte gaan die wêreld oorneem en nuwe beskawings bou.
Bondelsgedagtes
Bhahahaàa, ek hoop nie jy is hierdie keer reg nie
Perdebytjie
Ai Hester, ek voel jou grillerige pyn! Hier by ons is weinig kokkerotte en bittermin insekte, behalwe muskiete. Aan die eenkant is dit onrusbarend, want dit wys daar is fout met die ekologie. Vroeër jare kon mens nie saans ‘n venster oop los nie, want die goggas het in massas op die llig afgestorm. Nou is dit die enkele roostorretjie (daai wat soos grondboontjies met ‘n bruin skilletjie lyk) wat soms verskyn.
Kakkerlakke is eeue oud en grillerig verby en ek dink hulle gaan die mensdom oorleef.
HesterLeyNel
Dis waar, ons het ook nie baie van hierdie peste in Gauteng gehad nie. Wel reënpaddas wat so nou en dan probeer het om die huis oor te neem. Die ooievaars hou die paddas hier onder beheer, maar ons het ‘n klompie mooi Giant Africa slakke 😁 so ons ekologie is seker gesond.
scrapydo2.wordpress.com
Praat van kokkerotte, selfde hierdie kant van die aardbodem. Gisbourn kokkerotte, sulke sappige groot swartes. Gril my dood. Noudat ons hier buite op plaas bly is daar ook muise en rotte vir Afrika. Daar is twee weivelde wat gesny en gebaal is. Nou hol die muise huis in omdat hul veilge hawe nou weg is. Sommer so oop en bloot word hele familie kombuis toe genooi vir aandete. Bly maar ‘n pes wat nie gewen kan word nie.
HesterLeyNel
Hoe lag ek nou vir die “sappige” kokkerotte – wat ;n beskrywing. Nee kyk, peste sal daar altyd met ons wees en ons moet maar net die beste maak van ‘n slegte saak. Het julle nie katte wat die muise kan vang nie? Ons beurtkat vang die tuinmolle so – hy gaan hulle nog uitroei.
scrapydo2.wordpress.com
Jong die kat storie is ‘n teer puntjie. My seun is allergies vir katte en vroukie is mal oor katte. Hy weier net dat katte deel word van familie. Hy vang hul maar met gif en hy het ‘n elektroniese val wat goed gewerk het om eerste ongediertes te skok. Nou is diet ‘n hele gemeenskap muise wat wou intrek. Hy’t toe gif blokkie gesit wat heerlik aan gekou is. Ook gate toegemaak waar hul inkruip.
HesterLeyNel
Oe, dis ‘n moeilike situasie.
Aletta - nowathome
Ek stem ook saak met jou, ‘n kokkerot is ‘n aaklige pes! Gelukkig so ver dit nie hier by ons gehad nie. Ek sukkel wel met die vliee! As jy ‘n deur of venster oopmaak is hulle hier! Hou ook nie van miere nie!!
HesterLeyNel
Ons sien nie baie vlieë hier nie, wel brommers – daai groot groenes wat so raas dat jy hoofpyn kry. Nare goed.
Aletta - nowathome
Ag, nee! Hulle is vreeslik 🙄
elsabeskryf
‘n Kokkerot is ook my pot se ghries-deksel. Ek ril deur net aan een te dink en is skoon siek as ek een gewaar. Ek voel jou pyn.
HesterLeyNel
Dankie Elsabé. Die Natallers wat hier geboë en getoë is, steur hulle nie te veel aan hierdie huisdiertjies nie en blykbaar het niemand nog ooit ‘n goeie oplossing bedink om van hulle ontslae te raak nie.
amandacl
Ai, alle simpatie met die peste en plae! Ons voer weer elke aand ‘n hewige stryd met muskiete
HesterLeyNel
Ons het hulle ook
amandacl
Eish…
Anuscka
Het ene blog wat ik van jou lees maakt dat ik wil verhuizen naar KZN. En dan lees ik een volgend blog, en dan denk ik… zucht. Ik zal noooooit meer klagen over de slakken in mijn tuin. Over af en toe een muisje in huis. Ooit, twee levens geleden, fietste ik door Kenya (met een groep). Op een van de compounds waar we verbleven was zowaar een toilet! (meestal hurkten wij ergens in de struiken) Nou ja, toilet: poepdoos. Toen ik daar helemaal blij het deksel van af haalde om te gaan zitten hoorde ik ze eerder dan dat ik ze zag: die poepdoos zat VOL met kokkerotte…. Ik ben weer in de struiken gaan hurken…
HesterLeyNel
Ekskuus, maar ek het nou lekker gelag vir hierdie storie. Ek sou ook maar liewer gaan hurk het 😁
kethuprofumo
Dear Hester, does it really help? In Russia it is useless. The Russian cockroaches are cunning! 🙂
HesterLeyNel
South African cockroaches criminally sly 🪳
kethuprofumo
We shall try it anyway,dear Hester. I shall tell you about our achievements. 🙂
HesterLeyNel
Are you back in Russia Dear Maria?
kethuprofumo
No, I stay in France, dear Hester,but my family is there (I mean my mother & other relatives, so I need to support them anyway). I plan short trips while it is possible. By the way, is your mail address the same? I’m going to send you a postcard from here to keep our tradition. I hope the mail works faster from France. 🙂
HesterLeyNel
No dearest Maria, our mailboxes are no longer maintained. Those services have closed down. I will send you a message on your blog with my street address – just remove it from public view when you receive it.
kethuprofumo
No problem. I shall do! 🙂 Thank you!
HesterLeyNel
You must be so worried about your relatives in Russia. We are all saddened by the situation there. Those poor people are in our thoughts every day – we see the France 24 news channel on our television.
kethuprofumo
Ufff, the situation in Russia is far worse than it is represented worldwide but we are almost forbidden to discuss it openly via emails, etc. Thank you for the support & comprehension that both sides suffer in this strange…event.
HesterLeyNel
😢
kethuprofumo
The economical & political situation there is getting worse & worse. To be honest, it is the same in Europe but not so dramatic as in Russia.
HesterLeyNel
This is happening all over the world. So sad that the politicians are permitting greed and power struggles to place their countrymen in such dire straits.
kethuprofumo
So true! Anyway, a new year is coming. Let’s hope for the better…at least at a local scale. 🎄🥰🌹