Ek kan nie glo dis reeds Kersfees nie.
Karen het oudergewoonte aan die einde van November al die Kersfees-liggies uitgepak en dit stelselmatig begin opsit. Ons het besluit om die tradisie voort te sit en die liggies te laat brand, ten spyte van verlies en teëspoed. Waar daar lig (en elektrisiteit) is, is daar hoop, en kinders wat die skouspel geniet. Ek weet ook nie, soms lyk dit asof die grootmense dit meer geniet … 🤔
Waar daar Kersfees is, is daar koekstruif (“trifle“) wat ook ’n jarelange tradisie in die familie is. Ons het weer die klein kombuisie se werk-oppervlakte vol soetigheid gepak, asook die kwart bottel brandewyn wat hierdie jaar sy derde verjaardag vier in my kombuiskas. Die bure het bygedra en gehelp om die struif te maak. Dis tradisie om koekstruif te maak en ook daarvan weg te gee. Die Beurtkat het gesien die boksie met die lekker soet melk (vla) word uitgepak en het kort-kort aangemeld vir ’n lekkie daarvan in sy bakkie.
Ons het jare gelede al weggedoen met die tradisie van Kersgeskenkies, behalwe vir die Beurtkat wat ’n Kerskous het en spesiale behandeling ontvang. Ons gee en ontvang wel eetgoed en die kaste is vol koekies en lekker eetgoed.
Ons kan nooit besluit watter soort maaltyd ons wil eet vir Kersfees nie – dit reën gewoonlik op hierdie dag en ons kan nie braai soos in die “ou dae” daar in Gauteng nie. Ons eet nie graag uit in besige restaurante nie en hou nie van take-aways nie. Buitendien is dit ook tradisie om “so min as moontlik” te doen op Kersdag en ons eindig gewoonlik op met ’n vinnig saamgeflanste maaltyd voor die TV. En koekstruif. Middagslapies in in orde enige tyd van elfuur in die oggend af.
Ons wens graag vandag al ons vriende en familie ’n geseënde Kersfees toe. Koester julle geliefdes en maak mooi herinneringe. Dankie vir die liefde en ondersteuning wat ons ontvang het gedurende swaar tye, en die vriendskappe wat her-smee en vaster getrek is. Geniet die dag.
scrapydo2.wordpress.com
Mooi Kersdag vir jou en Karen ook. Baie liefde en groete.
HesterLeyNel
Dankie Ineke. Ek hoop Kersfees 2022 was ‘n spesiale tyd vir jou ook.
scrapydo2.wordpress.com
Dankie. Ek is alleen, ingeboek by ‘n motel weg van al die familie dramas. Rus en vrede.
HesterLeyNel
Dit raak soms te veel vir enigiemand, nè? maar ek hoop sake is gou weer uitgestryk en vreedsaam. Mens is darem nie gemaak om alleen te wees nie, veral nie oor hierdie tydperk nie.
Bondelsgedagtes
Baie liefde, seen en sterkte vir julle Hester. Ek is so dankbaar die gemeenskap maak julle toe met liefde en samesyn.Ek stuur drukkies.
HesterLeyNel
Dankie Bondels, ons voel waarlik geborge hier.
Lekkervurigeaffêre
Liefdevolle seëninge en allesbeste vir jou en jou kroos. Ons kersfees benadering is familie van joune. Geniet elke oomblik.
HesterLeyNel
Dankie vriendin, vreugde en liefde vir julle ook.
Anuscka
‘So min as moontlik’ te doen deze dagen: dat snap ik helemaal. De lichtjes zien er vrolijk uit. Mooie tradities (ook de koekstruif!), houd die in ere! Geniet van elkaars gezelschap ❤️
HesterLeyNel
Dankie Anuscka. Laat dit goed gaan met julle ook 😍
kethuprofumo
Merry Christmas,dear Hester! I hope you have a wonderful festive season no matter lack of snow. 🙂
HesterLeyNel
Thank you Maria, we had a good time although the rain came down in buckets. Snow! Oh my goodness, I’m so happy to report that it never snows in these parts 😁 we prefer hot sunshine. I hope you are enjoying the holiday season, with snow and all the trimmings you love so much 🤗
Anonymous
Dit lyk feestelik. Geseënde Kerfees daar ook