Op ons vorige besoeke aan die Oribi Gorge en die Lake Eland Natuurreservaat het ons die staproetes gevolg om die pragtige natuurtonele af te neem. Daar was ook ‘n paar fotos van die wilde diere wat ons toevallig langs die pad teëgekom het (sien fotos in hierdie blogposte):-
Jy beter suutjies trap
… en toe bid die Moslem, die Christen en die Heiden saam
Hierdie keer het ons gegaan met die spesifieke doel om die wildslewe te gaan beskou en het die aanbevole game drive / scenic route gevolg. Daar was weer elande en ‘n paar ander boksoorte wat ongelukkig te ver van die pad af was om af te neem, maar ek het in vorige blogs reeds fotos van hulle geplaas. Die outjies in die fotos hieronder was op hulle gemak en het reg langs die pad gestaan en wei.
-
-
Antelope in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
-
-
Antelope in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
-
-
Antelope in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
-
-
Antelope in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
-
-
Antelope in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
-
-
Antelope in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
-
-
Blouwildebeeste in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
-
-
Zebra calf in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
-
-
Zebra in the Lake Eland Nature Reserve, Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
Soos julle kan sien, is die wêreld nog sopnat en grasgroen na die onlangse reëns. Die water het oral uit die rotswande gedrup en klein watervalletjies tussen die hoë rotswande gevorm. Ook in die vinnig vloeiende rivier onder in die kom van die Gorge was daar talle watervalletjies.
-
-
Ferns and moss growing on the cliffs at Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
-
-
The basin of the Oribi Gorge, KwaZulu-Natal viewed from the Lake Eland plateau
-
-
The basin of the Oribi Gorge, KwaZulu-Natal viewed from the Lake Eland plateau
-
-
One of the many small waterfalls that formed in the cliffs of the Oribi Gorge, KwaZulu-Natal
Hierdie pragtige gesig het ons gesien met ons vertrek van die Gorge af met die ou pad terug na Port Shepstone toe.
Like this:
Like Loading...
My blog posts, written in Afrikaans and English, represent the rantings and ravings, the joys and blessings of a 70-something retiree – Me.
Anne
How wonderful to get out and into an area filled with such natural beauty.
HesterLeyNel
Yes it is. I love doing these short daytrips in summer.
IT'S BETTER TO TRY SOMMETHING ONCE THAN TO HEAR ABOUT IT A THOUSANDS TIMES
Reblogged this on Theo Herbots 😘 🆕 #Fotoblog 🎥 🎇 🎆 and commented:
Wat een mooie 😱 foto’s
Dat verdient een 💐
rondomtaliedraai
Pragtig Ek hou van ou skewe horinkie
HesterLeyNel
Jaaa, ons was gek oor haar en sy was glad nie skaam vir die kamera nie.
rondomtaliedraai
Daar is ‘n les te lere
travel460
Wat ń voorreg, Hester. Om te weet dat hierdie natuur-belewenisse so naby beskikbaar is. Jou fotos is pragtig.
HesterLeyNel
Dankie, Una
seegogga
Lieflike foto’s
HesterLeyNel
Dankie seegogga
Lewies Mymer
Pragtige fotos, die wildebeeste met hul knorrige voorkoms en die zebras in hul pajamasuits is altyd ‘n plesier om tee te kom. En daai bokkie in die eerste foto met sy een skewe horing, lyk of transformeer na ‘n unicorn!
HesterLeyNel
😄 Ek dink meer hy (sy?) het ‘n stel afgetrap tydens paartyd
Kameel
Mooi, mooi, mooi… fotos!!! Ek wil nog eendag met daardie Zip line by Lake Eland afgaan… dink net watse pragtige fotos ek van daar af kan neem!!! Grootbek ek… sal al die pad af skreeu.
HesterLeyNel
Nee man, hierdie zipline is mak. Dis net so vinnig oor en verby, ek kan nie besluit of dit heeltemal die geld werd is nie.
Kameel
Bly jy vertel my, hy lyk altyd so hoog en vêr. Wat ek nie kans voor sien nie is daardie hangbrug…. my maag draai net om aan hom te dink.
HesterLeyNel
Ek het loshande daar oorgeloop net om te wys ek kan, maar ek was bly om die anderkant te bereik, haha.
Hier "blok" Ek!
lekker lees, lekker kyk blog…. lief, lief, lief!!!
HesterLeyNel
Dankie Elanè
Abrie Joubert
Baie mooi fotos – lyk my nie julle het Kruger Wildtuin nodig nie
HesterLeyNel
Jaaaa … ek sal nie te gelukkig voel as een van die Big Five daar op die vlaktes op my afstorm nie 😊 maar daar is werklik ‘n mooi verskeidenheid van diere. Die meeste van hulle, soos byvoorbeeld die ystervarke, het ons nog nie eens gesien nie. Daar is lieflike spesies van koggelmanders en natuurlik insekte ook.
Sartenada
Incredible beautiful photos. I love all of them. Thank You.
HesterLeyNel
Thank you 🙂