’n Donkie, die toonbeeld van ’n edele hardwerkende dier, is steeks wanneer hulle viervoet vassteek en weier om verder te loop. ’n Boer maak ’n plan is ’n Afrikaanse spreekwoord wat gebruik word vir iemand wat baie vindingryk is en hulle nie laat stuit deur enige probleme nie.
Elke kombuis het ’n boer en ’n donkie wat so nou en dan koppe stamp. Dis omdat die boer weet dat sekere leefgewoontes teen wil en dank afgedwing moet word om die donkie gesond en aan die loop te hou. En geen donkie kan oorleef net op brood, rys, vleis en aartappels nie – hy moet sy groente en vrugte ook eet. Dit help nie die boer spring op en af, praat kwaai tale, uiter dreigemente of lê die lat in nie (laasgenoemde is buitendien nou teen die wet); die boer moet innoverend wees om die steeks donkie aan die loop te hou, veral as die donkie niks wil weet van die wortel wat voor sy neus gehou word nie.
Die hedendaagse innoverende boer doen uitgebreide navorsing doen in die resepte- en mediese afdelings van die Googleboek om innoverende geregte voor te berei en al die nodige voedingstowwe in kwylbekgeregte in te werk. Meesal sonder dat die donkie eens daarvan bewus is. Dit help nie jy bied dit aan in ’n slaai nie, want die donkie weier botweg om “bokkos” te eet. Neem die genoemde wortel as voorbeeld: die boer kan dit fyn rasper in ’n geurige vleisgereg (saam met fyngekapte spinasie, brokkoli, raap, eiervrug en alle ander soorte groentes waarvan die donkie niks hou nie). As die gereg genoeg vleis in het, sal die donkie nie eens die groentes in die kos oplet nie. Ook nie die vrugte en vrugtesappe wat aangewend word om meer geur aan die gereg te verleen nie.
So nou en dan word die donkie ietwat agterdogtig, veral wanneer hy kennis neem van die voedsame voedselsoorte wat in die kombuistuin groei. Neem as voorbeeld die heilsame spekboom (lees meer van hierdie plant en sy veelvuldige gebruike in hierdie artikel van die Shamvari Private Game Reserve). Ons spekboompies is al ’n jaar of twee oud en ek eet gereeld die blare wat ek sommer so in die verbygang afpluk en kou. Dit het ’n suurderige sitrussmaak, is heerlik verfrissend en propvol vitamine C. Ek het dit al in die slaai gegooi by verskeie geleenthede, maar dit word summier uitgepik en opsy gestoot. Onbekend is onbemind.
Twee dae gelede het ek op ’n nuwe Thai hoender & groenkerrie-resep afgekom in my Googleboek, maar die resep verlang die gebruik van die blare van die Thai lemmetjieboom (makrut lime) wat natuurlik hier by ons onverkrygbaar is. Ter vervanging word suurlemoenskil of suurlemoengras aanbeveel (laasgenoemde ook onverkrygbaar). Suurlemoenskil dus. En wat van so ’n handvol fyngekapte spekboomblare? fluister-vra die duiweltjie op die boer se skouer. Op die ou end het ’n kombinasie van suurlemoensap / -skil en spekboomblare die verlangde geur verskaf. Sonder die donkie se medewete. Daar is heerlik gesmul aan die kerriegereg voordat die waarheid op die lappe gekom en die donkie besluit het dat dit nie ’n slegte idee is nie.
So daarsy! Nou het hierdie vindingryke boer al die donkie gekry so ver gekry om hierdie variasie ook op sy bord te aanvaar, net soos die polenta (mieliepap!), die wortels en ander groente waarvoor hy voorheen so steeks was.
’n Boer maak ’n plan.
Anne
Hester, this is priceless!!!
HesterLeyNel
Thank you Anne. Sometimes we have to be a little sneaky to reach our goals.
Aletta - nowathome
Dis wonderlik Hester!
HesterLeyNel
Dankie Aletta, ek voel soms so ‘n bietjie soos ‘n bedrieër, maar hulle sê mos die doel heilig die middele.
Aletta - nowathome
Ek stem saam😊
vuurklip
vuurklip het simpatie met die donkie! En ongelukkig het hy nie nodige artillerie om soos GW Bush te kan sê:
“I do not like broccoli. And I haven’t liked it since I was a little kid. And my mother made me eat it. And I’m president of the United States. And I’m not gonna eat any more broccoli!”
HesterLeyNel
🤣🤣🤣 lekker laat jy my nou lag.
perdebytjie
Hehe, die donkie is ‘n wonderlike ding,
maar sy baas in die kombuis is slim!
HesterLeyNel
Sy baas het baie kinders grootgemaak en beskik oor baie ondervinding in boeresielkunde. Ek sien nou die dag ‘n TikTok video waar ‘n vrou vra hoekom hulle na ‘n huwelik verwys as ‘n “marriage – it should be called adoption”.
woordnoot
Dis ‘n nagmerrie as daar ‘n donkie is wat “pertiekelir” is met kos. Die donkie by my was glad nie ‘n groente eter nie en het sommer maklik die teksvers in Hebreers aangehaal wat sê dat mense wat groente eet se geloof swak is, en sy geloof was alles behalwe dit. Nou is hy die een wat kou en kerm as daar ‘n paar dae verbygaan en daar is nie groente nie. Maar dit het ook maar ‘n paar truuks gekos. Meesal speel ek net stoepit as daar vrae is oor die inhoud.
HesterLeyNel
Ek wei ook nie veel uit oor my resepte nie and I’m not above bribery and corruption – die belofte van poeding of tjoklit na ete verrig wondere.
woordnoot
Haha…bribery sê jy!!
Bondelsgedagtes
Bhahahaaaa ek lag alweer lekker vir jou.
Inoverend!! Vatso dankie
HesterLeyNel
As jy weet van nog goeie planne, laat my weet.
Bondelsgedagtes
Actually weet ek van n lekker blomkool broodjie
HesterLeyNel
Jy weet boere staan saam om die land en die trekdiere te red, nè? Moenie waardevolle inligting vir jouself hou nie.
Bondelsgedagtes
Sal vir jou dit whatsapp 😁
HesterLeyNel
😍dankie Bondeltjies
scrapydo2.wordpress.com
Jy is ‘n boer so na my hart. ‘n Boer wat beslis groeie planne het om uit te voer. Wys jou ook hoe maklik ‘n donkie gevang kan word deur net ‘n kinkel in die kabel(eetgoed) te sit. Perfek.
HesterLeyNel
Dankie Scrapy, ek is seker hy is soms bewus van al my plannetjies en geniet net die aandag.
scrapydo2.wordpress.com
Stem daarmee saam.
Lekkervurigeaffêre
Slim vriendin. Hester Sintester op haar beste.
HesterLeyNel
Waterval se MasterChef sou nie dalk sommer net ‘n oorveeg aanbeveel het nie, nè? 😁🤣 ek was nounet besig om te lees daar by jou.
Lekkervurigeaffêre
You never know. Toe Lana gister van Marthas in die kombuis praat, tod kag ek. WantWaterval se Martha was en is nog steeds moerig verby. My mense maak my klaar.
HesterLeyNel
Ja, ek het ook gelag oor die Martha’s. Hierdie een het ‘n stokperdjie gevind wat sy gaan ry en so elke nou en dan die peits inlê is mos wat ‘n goeie ruiter doen!
Lekkervurigeaffêre
Good for you!
Lekkervurigeaffêre
🙈🙈 ag fokkie tog my wakkerword vingers… , *toe lag ek. Tod kag klink erg Noors.
Lewies Mymer
Haha! Lekker gelees! Hier in my senior jare ontdek ek dat opgekookte kool baie lekker is. Die donkie in my word nou rustig.
HesterLeyNel
Kyk nou net wat het jy jou lewe lank misgeloop!