My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Help my om my woorde te snoer

Ek het hulp nodig om my woorde te snoer en my storie oor die sjinees, die sjef en Batman klaar te skryf. My muse hou heerlik vakansie hier by die see en my storie kom nie klaar nie.

Vuurvliegie se Woordsnoere-uitdaging hierdie week het nou vreeslik met my kop gesmokkel. Ek het ‘n storie begin skryf en sommerso in die eerste paragraaf het die hoofkarakter die storie gevat en sy eie koers gekies. Ek het nou so half-en-half ‘n idee waarheen die mannetjie op pad is daarmee, maar ek kan net nie die woorde neerpen nie – dis te grusaam vir woorde. Die storie bedoel ek. Mens kan nie sulke stories sommer net verwoord nie.

Toe kom Perdebytjie tot my redding deur voor te stel dat die bloggers my moet uithelp. Dankie Bytjie, met vriende soos jy kan ek ‘n lang pad saamloop.

Nou wil ek hê die bloggers moet nou eers gaan lees wat ek al geskryf het in my blog “in ‘n kroeg by ‘n veraf grenspos” en my dan help sodat ek eers weer my pad kan vind. Ek weet my goeie vriende sal my uithelp.

NOTA: daar is ‘n Platjan grenspos net skuins anderkant Alldays daar by die Limpoporivier. Vuurvliegie se wêreld. Maar ek wil graag weet Vuurvliegie, wat is die definisie van platjan wat jy in gedagte gehad het? Iemand wat sommer plat op die aarde is? ‘n ploert? ‘n verwese siel? Want ek weet dat ‘n mens gewoonlik nie eiename in ‘n blokkiesraaisel vind nie en my woordeboek bly stom.

Follow Dis Ekke

19 Comments

  1. Hester, Hester…jy gaan die Towerinne sowaar aan die gang kry – jippee! Platjan volgens die blokraai is grapmaker, ek kry ook nergens platjan nie, wel in die Annerlike Afrikaanse boek Jan Klaas vir grapmaker. Maar wie is ek om nou met blokraai guru’s te stry! Ek ken die grenspos, en dink dis beter om dan die pleknaam vir jou storie ter wille te hou.

  2. Haha, hierdie gaan ‘n lekker uitdaging wees. Moet ons nog die woorde gebruik wat jy nog nie gebruik het nie?

  3. Regso…sal eers paar dae lank moet dink oor hierdie storie.

  4. En jy hou vakansie!!! Ons gaan mos nou elkeen met ‘n ander draai voor die dag kom 🤔

  5. Ha ha,jy is n regte platjan! Dink jy nou ons sien nie deur jou plannetjies nie? Jy wil almal nou weer inhaak en op reis neem na verskillende “plekke”. Die grenspos is ook aan my bekend! En dan moet jy ook nie AllDays weggooi nie. Honeymoon gehou in dieselfde hotel waar toentertyd se TV reeks gemaak is!

  6. Dit klink my dan nou jy is al weer besig net ‘n vervolgverhaal en om die Towerinne daarvoor in te span, kan dit ‘n lang en waaghalsige storie maak.

  7. Hester, ek staan vol hoop na jou storie en wag. Die tyd raak min, hoor.