My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Die Ingelse muntstuk neem ons op toweragtige reise

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

“Hulle” sê altyd geld is die wortel van alle kwaad, maar in die hande van ‘n Towerin is ‘n blink Ingelse muntstuk ‘n towertapyt wat wonderbaarlike reise tot gevolg het.

Hierdie reisjoernaal begin op die oomblik waarop die Towerinne neergedaal het uit die ruimte, waar hulle ‘n paar uur lank rondgesweef het in ‘n tent gevul met heliumbalonne. Raar maar waar. Vuurvliegie het daarin geslaag om die tent veilig terug aarde toe te bring en te laat land op die dorpsmeent van Rebusfontein. Die (effe rowwe) landing het veroorsaak dat Sonell se Ingelse muntstuk uit haar sak geglip en in Bondelsgedagtes se cleavage beland het.

Bondels, soos alle Towerinne, is geslaan met die gawe van opperste nuuskierigheid, avontuurlustigheid en ‘n goeie skoot impulsiwiteit. Sonder om te huiwer, het sy die muntstuk opgediep uit haar cleavage en dit gevryf soos wat sy Sonell sien doen het om tydskering toe te pas. Dit doen jy deur oor die afdruk van die Koningin se NEUS te vryf.

Die muntstuk kan egter ook jou dagdrome oor verre lande, tye en plekke bewaarheid wanneer jy oor die rooi merk van die Koningin se KROON vryf. Dan word jy en jou reisgenote afgelaai op enige deel van die wêreld of ander planeet (bestaande of nie-bestaande) en in enige tydsgleuf (verlede, hede of toekoms), waaroor jy al ooit gedroom het. Dus kan die Towerinne reis waarheen hulle wil en ongerymdhede gaan pleeg op enige tydstip wat deur hulle verbeelding bereik kan word.

Dis presies wat gebeur het toe Bondels die muntstuk gevryf het … maar sy sal self vertel wat gebeur het.

Una het vorendag gekom met die idee van fantasiereise – dankie Una dat jy jou verbeelding met ons deel.

Hierdie is nog ‘n Lê-Jou-Eier bloguitdaging wat deel gevorm het van die Towerinne se avonture.

Follow Dis Ekke

49 Comments

  1. Prachtverhaal!

    Vrolijke groet,

  2. Jippieeeeee! Nou gaan ons TOER! DIS DIE BESTE EN LEKKERSTE OOIT! Hiehaaaaa!

  3. O goeie genade, hier kom…. (HKGK), alweer of miskien nog steeds

  4. Sien jy my hand oor my gesig?

  5. oewee hierdie gaan lekker wees. mens tower sommer ‘n plek op in jou verbeelding en kleur dit in soos jy dit wou he…