“Hulle” sê altyd geld is die wortel van alle kwaad, maar in die hande van ‘n Towerin is ‘n blink Ingelse muntstuk ‘n towertapyt wat wonderbaarlike reise tot gevolg het.
Hierdie reisjoernaal begin op die oomblik waarop die Towerinne neergedaal het uit die ruimte, waar hulle ‘n paar uur lank rondgesweef het in ‘n tent gevul met heliumbalonne. Raar maar waar. Vuurvliegie het daarin geslaag om die tent veilig terug aarde toe te bring en te laat land op die dorpsmeent van Rebusfontein. Die (effe rowwe) landing het veroorsaak dat Sonell se Ingelse muntstuk uit haar sak geglip en in Bondelsgedagtes se cleavage beland het.
Bondels, soos alle Towerinne, is geslaan met die gawe van opperste nuuskierigheid, avontuurlustigheid en ‘n goeie skoot impulsiwiteit. Sonder om te huiwer, het sy die muntstuk opgediep uit haar cleavage en dit gevryf soos wat sy Sonell sien doen het om tydskering toe te pas. Dit doen jy deur oor die afdruk van die Koningin se NEUS te vryf.
Die muntstuk kan egter ook jou dagdrome oor verre lande, tye en plekke bewaarheid wanneer jy oor die rooi merk van die Koningin se KROON vryf. Dan word jy en jou reisgenote afgelaai op enige deel van die wêreld of ander planeet (bestaande of nie-bestaande) en in enige tydsgleuf (verlede, hede of toekoms), waaroor jy al ooit gedroom het. Dus kan die Towerinne reis waarheen hulle wil en ongerymdhede gaan pleeg op enige tydstip wat deur hulle verbeelding bereik kan word.
Dis presies wat gebeur het toe Bondels die muntstuk gevryf het … maar sy sal self vertel wat gebeur het.
Una het vorendag gekom met die idee van fantasiereise – dankie Una dat jy jou verbeelding met ons deel.
Hierdie is nog ‘n Lê-Jou-Eier bloguitdaging wat deel vorm van die Towerinne se avonture. Skryf in vir hierdie uitdaging deur ons inskrywingsvorm op Google Docs te voltooi. Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te skrywe en heg jou bydrae aan op ons InLinkz-skakel:
https://fresh.inlinkz.com/p/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030
Kom reis gerus saam met ons en as jy graag die muntstuk wil vryf om aan die avontuur deel te neem en ‘n episode te skryf, skryf gerus in. Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Rob Alberts
Prachtverhaal!
Vrolijke groet,
Toortsie
Jippieeeeee! Nou gaan ons TOER! DIS DIE BESTE EN LEKKERSTE OOIT! Hiehaaaaa!
HesterLeyNel
Ek hoop dis ‘n verbeeldingryke toer
Toortsie
O dit sal wees, daaroor hief jy nie te worry nie. Jy ken mos jou span.
HesterLeyNel
Ja, hulle stel noot teleur nie.
Positief
O goeie genade, hier kom…. (HKGK), alweer of miskien nog steeds
HesterLeyNel
Komaan! Trek jou big girl panties aan.
Kameel
Sien jy my hand oor my gesig?
Toortsie
Hoekom Kameel?
Kameel
Vra jy nog Toorts????
Una
Kameel, jy het soveel drome oor verre lande. Hierdie is jou kans om ons almal na iets soos ń sultan se paleis toe te voer, daar sal ons te bang wees om ń voetjie verkeerd te sit… O wee, nounou land ons in sy harem!🙈🙈🙈🙈🙈🙈🙈🙈🙈🙈🙈🌹
Una
Hoor hier, come to think of it, dìt kan nou sports wees!😂
HesterLeyNel
Ek reken ook so, ja
Kameel
Presies Una… waarheen kan ek julle vat waar jy nie ‘n pot gaan probeer vaslê of Frannie nie haar klippies gaan aanvul nie. Woestyn toe… JA woestyn toe. Kameel is baie tuis daar en daar is niks wat julle sal verlei nie.
Una
Huh. Kameel? Woestyne het hul eie verleidings middele. Onthou jy jare gelede was daar ń tv reeks Angelique? Dis waar ek my jongmeisie seksvoorligting opgedoen het. Half naakte donkerkop manne op Arabiese perde wat jou kom opswiep na ń asemrowende tent toe en heelnag liefde maak… Ag tog, nee Una. Dit was sonde!
HesterLeyNel
Is dit nou nie meer sonde nie? En jy vertel my NOU EERS?
Una
Hester. Op 60 is daar nie meer baie sonde oor nie. Hulle is ietwat opgebruik.
HesterLeyNel
Met genoeg entoesiasme sal daar wel genoeg sonde oor die pad kom.
sonell
🤣 Dit is gerusstellend
HesterLeyNel
😂
Kameel
Una Una Una!!! Die Towerinne en Arabiese nagte. Dit gaan ook nie werk nie. Dan ‘n klooster… jip, ‘n klooster.
HesterLeyNel
Ek het ook gedink aan ‘n klooster Kameel, maar ‘n monnikke-klooster. Ek dink nie ek sal ‘n goeie non uitmaak nie.
Kameel
Dit Hester gaan definitief nie werk nie!!!
HesterLeyNel
😏
HesterLeyNel
Jy moenie te seker wees daarvan nie.
Kameel
Ek kan net probeer Hester. Is nie lus vir ‘n spul polieste nie.
HesterLeyNel
Sê die persoon wat so lekker gejol het op die polisiepaartie by Toweropstal.
Kameel
Hoekom weet ek niks daarvan nie 😇
HesterLeyNel
Frangelico? Spinasietert?
Kameel
Skryf dit maar toe aan slegte geheue. Klink beter… 😊
HesterLeyNel
😀
HesterLeyNel
O wee, nou-nou smyt hy my uit sy harem en hoe gaan ek my gebroke hart weer heelmaak?
woordnoot
Geen hartsake nie, Hester. Alles net vir pret. Jy het mos nou mooi geleer met Lorenzo
HesterLeyNel
Ja, maar ek wil darem nie geweeg en te lig bevind word nie.
woordnoot
Ek dink nie ons moet enigsens praat van weeg nie…daai is n baie sensitiewe topic!
HesterLeyNel
😁
woordnoot
As ons klaar is met die sultan en sy paleis betaal hy ons multilmljoene dollars om asb net weg te gaan…dis dalk n plan.
HesterLeyNel
I like your thinking
Una
Ek kan doen met ń miljoen…😉
HesterLeyNel
Sê jy wat lippe het
Una
😂 Ek dink ek moet begin lotto speel.
HesterLeyNel
Ja, ‘n kaartjie sal jou help om te wen 😕
HesterLeyNel
face palm emoji 🤣
Bondelsgedagtes
oewee hierdie gaan lekker wees. mens tower sommer ‘n plek op in jou verbeelding en kleur dit in soos jy dit wou he…
HesterLeyNel
En jy is goed met inkleur Bondels. Ek sien uit na jou afskop-aflewering.
Bondelsgedagtes
Dankie Hester, hoop almal geniet dit saam met my
Positief
Het jy die muntstuk uit jou cleavage gehaal voor jy dit gevryf het Bondels? Anders gaan jy mos daai donkerkop Arabiere te veel verlei
Bondelsgedagtes
Never mind die srabierw as dit nog tussen die 2 sisters was het ek met n tent tussen die boobs gesit
HesterLeyNel
Hahaha. Ja Positief, dit sal net jy wees.