My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier oor die Towerinne en Coronamouna

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Jip, dis tyd vir ‘n nuwe bloguitdaging om die Towerinne se lewenslus te vier en die negatiewe gedagtes in hierdie tyd van die Virus en die lockdown, die hok te slaan. Nie dat die Towerinne ooit juis negatief raak nie – hulle raak net effens moerig en dan borrel die natuurlike onnutsigheid weer uit.

Seegogga het gewaar dat iets nie heeltemal pluis is in Rebusfontein nie. Ek hoop tog Lorenzo en die diere is veilig 🤔 Sy gaan ons vertel wat verkeerd is en die Towerinne opkommandeer om na Rebusfontein toe te vertrek om sake reg te stel, indien nodig. Towerinne, pak die nodige etes en drinkes, pluk julle moedigheid bymekaar en wees gereed om te vertrek. Seegogga gaan ons nuwe vervolgverhaal afskop met Hoofstuk 1. Daarna sal elke Towerin ‘n beurt kry om hulle wedervaringe vas te lê en die verloop van die verhaal te laat vlot. Of te bemoeilik. Dis gewoonlik laasgenoemde, is dit nie? Julle weet mos.

Laat die pret begin!

Follow Dis Ekke

13 Comments

  1. As ek op die link kliek, sê die boodskap ek het nie toegang nie? Het die virus nouweer my brein opgevreet!

  2. Hoera, hier gaat ons! 🙂

  3. Ok julle. Voor die naweek om is, ry ek Rhebus toe, lockdown of te not! Ek sal julle laat weet hoe dit daar gaan

  4. Laat waai Meraai in die Baai. Noudat ek met regte pensioen is gaan dinge weer begin gebeur.

  5. Hester, help asseblief! Het gedink dat ek nie eergister kon registreer nie, toe probeer ek weer vandag. Nou is ek TWEE KEER ingeskryf – en ek wil regtig nie so oorywerig wees nie! Kan jy my tweede inskrywing op die vorm uitvee, ‘seblief?