Hierdie blogpos is nog steeds deel van die fiktiewe toer wat deur die Towerinne onderneem word en vertel meer oor die dag toe die Towerinne die Oribi Gorge besoek het. Dit is ‘n vervolg op Die giggelgroen bus arriveer op die Suidkus, KZN. Sien ook http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928.
So vaak-vaak en effe lyfseer na die vorige dag se gebeure en daai Middernagfees waaroor ek nie wil praat nie, het ons by die Oribi Gorge gearriveer. Ons het eers onder deur die kom van die Gorge gery, al met die nou teerpaadjie langs. Elke nou en dan het Perdebytjie vir Lorenzo gesmeek om eers stil te hou vir fotos, want die Gorge is natuurlik elke fotograaf se droom.
Die hoë sandsteenrotse, oorgroei met mos en varings, domineer die 24km-lange kloof wat uitgekerf is deur die Umzimkulwanarivier. Hier is heelwat voetslaanpaadjies, watervalle, wild- en voëllewe en die Gorge moet eintlik per voet verken word, nie in ‘n giggelgroen bus nie. Vandag is ons doel egter om tyd te verwyl bo-op die platorand – dis nou te sê as Lorenzo toegelaat word om verder te ry 😝
Uiteindelik het ons by ons bestemming aangekom: die Lake Eland Natuurreservaat waar ek ‘n bietjie wou spog met die wildsbokke en waar Perdebytjie natuurlik nog ‘n paar fotos wou neem. Die Towerinne het ge-oe en ge-aa, die vorige nag se vergrype en die ooreenstemmende lyding van the morning after skoon vergete.
Ons het nou begin honger word, maar ons moes nog ‘n draai of twee loop voordat ons by die piekniekplek kon gaan uitspan. Eers het ek die Towerinne letterlik ‘n hogere draai laat loop by the The Loo with a View, the Longest Long Drop in Africa. Die uitsig oor die vallei is werklik asemrowend daar van binne die longdrop, maar dit was eintlik ‘n voorsorgmaatreël om seker te maak dat daar nie onverwagte reëndruppeltjies in die vallei sal val wanneer die Towerinne die hangbrug aandurf nie.
Ja, hulle moes een vir een oor daardie 80m-lange hangbrug loop. Onder luide aanmoediging van die ander (vrekbang) Towerinne en entourage het hulle almal daar oorgeloop, voetjie-vir-voetjie, soms in so ‘n halwe kruipende posisie, soms met toe oë, maar hulle is almal oor 👏 Min het hulle geweet dat hef aan eintlik nog voorlê. Hierdie was net ‘n oefenlopie vir wat nog kom 🤫
“Oukei”, sê ek, “wie van julle is honger?” Al die Towerinne steek hulle hande gelyktydig op. Duidelik moet hier nou plan gemaak word vir kos. “Daar is net een probleem”, sê ek, “die kos is daar onder by die dam”. Ek beduie af daar in die kom van die Gorge.
“Nou ja, laat ons ry”, sê Frannie.
“Reg”, sê ek, “vorm ‘n ry asseblief en stap aan na daai groen afdakkie toe”.
Die Towerinne moes baie honger gewees het, want hulle het my net ‘n oomblik snaaks aangekyk en toe maar in ‘n netjiese ry aangeloop na die afdakkie toe. Daar het die personeel van die Lake Eland Zip Lines hulle beetgekry en begin help om harnasse, helms en handskoene aan te trek. Teen die tyd toe Lorenzo die giggelgroen bussie by hulle verbygespin het, het hulle eers besef dat daar net èèn manier was om by die kos te kom – hulle sou met die zip lines moes afgly.
Die hele zip line toer van bo van die platorand af tot onder by die dam bestaan uit ses zip lines waarmee jy een vir een gly tot by die volgende stasie oor ‘n totale afstand van 4,5km. Die uitsig daar van bo af is “to die for” soos die Ingelsman sê. Dis nou wanneer jou oë oop is.
Ek en Lorenzo het onder by die dam gaan wag en solank die bier uitgetoets, terwyl ons gewag het dat die honger maatjies opdaag. Die laaste zip line gaan deur ‘n tonnel en oor die rivier om te eindig op die wal van die dam, en die laaste klompie meters moet jy maar jou voetjies hoog oplig, anders beland jy halflyf in die water. “Gee solank ‘n toebroodjie daar aan, Lorenzo, hier kom sports”. Die man begin nou wraggies Afrikaans verstaan.
Dit was ook net so. Eers was daar ‘n eienaardige stilte terwyl die een na die ander figuurtjie van stasie tot stasie beweeg. Toe begin die stembande werk en die geluide het gewissel van skerp gilletjies tot senuagtige giggels. Meteens klink daar ‘n klokhelder stem op wat sing en een na die ander val die Towerinne in. Dit klanke eggo van die kranse af en bons oor die water. Ek en Lorenzo staan verstom. Toortsie! Sy het net geweet hoe om hulle te motiveer.
Een vir een kom land die Towerinne, voetjies effens nat, maar dis niks. Hulle bestorm die piekniekmandjies en val op die graswal neer om die innerlike te versterk. Daar is nie genoeg asem om van die avontuur te vertel nie (of om met my te baklei nie).
Maar wat gaan nou aan? Skielik stop die een wat besig is om te gly in die lug en uiter ‘n kreet van nood – iets is verkeerd! Wie is dit? O vrek, dit moet Kameel wees – sy is die enigste een wat nog nie geland het nie. Sy hang nou net daar en maak nie ‘n geluid nie. Dankie tog, daar beweeg nou nog ‘n figuurtjie nader aan haar op die glybaan en praat met haar. Dan begin hulle albei beweeg. Baie, baie stadig kom hulle oor die rivier aan na ons toe en … NEE! Wat gaan aan? Dis Broodina wat daar opgekrul in Kameel se arms sit en huil. Kameel roei en stoei om haar oor die rivier te kry. Hoe het sy dit reggekry om tussen ons in te sluip?
“Gooi haar af”, skree een van die Towerinne se volgelinge. Al die Towerinne draai om en gee die volgeling ‘n vuil kyk. Ons is nie daardie soort nie. Ons sal van Broodina ontslae raak, maar nie op so ‘n moorddadige manier nie. Onder luide toejuiging het Kameel die Aartsvyand veilig wal toe gebring, doodmoeg, maar triomfantlik.
“Broodina, hoe het jy hier tussen ons beland?” vra ek vies, maar sy antwoord nie. Prewel net verskonend en belowe om ons nooit weer lastig te val nie. En dankie aan Kameel wat haar gered het, want sy is tog so bang vir verdrink. Gmf, asof ek hierdie storietjies gaan glo.
“Lorenzo,” sê ek, “gee vir die vroumens ‘n bottel water en dan vat jy haar terug boontoe. Die Towerinne gaan nou eers ‘n bietjie hier by die dam ontspan. Jy kan ons later kom haal”.
Gelukkig was die Towerinne darem nie vir my kwaad oor die streep wat ek hulle getrek het nie. Om die waarheid te sê, ek dink hulle het hulleself gate uit geniet en gaan groot stories by die huis oorvertel. Die ding met Broodina het hulle natuurlik ook laat vergeet van die bietjie ongerief en angs wat hulle moes verduur 😊 Ons het heerlik verder gekuier by die dam. Dit is ‘n gewilde plek vir pieknieks, braai en natuurlik ook om vis te vang.
Nee, daar was nie ‘n tweede Middernagfees nie. Ons het almal vroeg gaan slaap sodat ons fris en vars kon wees vir die rit na die Oos-Kaap en die volgende avontuur wat Lekkervurig vir ons aangebied het.
lekkervurig
Zipline, whoohoo. Ek het juis van kleintyd gefoefieslaaid. Het in my dertigs vyf meter ver in water in neergeslaan, en in 2016 prys betaal toe drie werwels per fusie geheg is. Nou weet ek darem die dokter se werk was goed. Hy het my juis belowe my rug is nou weer reg, tensy ek sonder ‘n valskerm by ‘n vliegtuig val, wat toe ook amper gebeur het. Bwahaha! Gelukkig is die in-vuurvliegie-staat-in se skrik vergete.
Lekkervurig is terug en Broodina…so blikslaer. Ek gaan gou saam met Lorenzo haar belgelei, ons gaan so entjie met die vrou ry. Leopard’s Rock is net so entjie op van die dam, jy weet. Daar is nie ‘n zipline nie….as sy hoogtevrees het sal ‘n sittinkie op die klip haar oortuig dat ons nie vlak geskat moet word nie.
HesterLeyNel
Oef! Daai foefieslaaids wat ons as kinders gery het! Leopard’s Rock – jy’s darem wreed, hoor, hahaha. Ek het amper my seun ‘n hartaanval gegee met my rondstanery op Leopard’s Rock. My redenasie is dat ek nie verder as die grond kan val nie. Arme ou Broodina.
lekkervurig
Rots het erg hoogtevrees. Hy het met ons besoek ver terug gestaan, wou nie eens op die restaurant se balkon uitgaan nie, die planke wat so operig is en die bosse daaronder. Ek doen die waag goed alleen, tot sy ontsteltenis.
HesterLeyNel
Sjym, dit moet sleg wees vir die ou wat staan en wag vir daai val-slag!
Kameel
Nie heeltemal vergete nie Lekkervurig…ek lag nog as ek daaraan dink. Nou die dag weer die video gekyk…dit bly ‘n lekkerlag episode. 😄
lekkervurig
😉😊
Kameel
Hester ek kon voel hoe trek my maag op ‘n knop toe ek lees van daardie hangbrug. Tot dusvêr kon ek nog nie die moed bymekaar skraap om hom oor te loop nie. So ek was definitief een van dié wat hom hande viervoet oorgekruip het. Julle moet my ‘n medalje gee!!! Ek was sowaar as wraggies skoon opgewonde oor die zipline….dit is tot ek met Broodina moes deel. Liewe, dat die vrou nou soos ‘n kind op my skoot beland het. Dit moes my moederinstink wees wat ingeskop het!!!
HesterLeyNel
Dit wys jou hoe instinktief mense jou vertrou. Lekkervurig wil haar nou by Leopard’s Rock gaan sitmaak – dalk moet jy saamgaan om toe te sien dat die arme ou Broodina darem lewend daarvan afkom.
lekkervurig
Te laat. Broodina se plannetjies vir die afsienbare tyd se draadjies is nou geknip. Uitgerafel. Na ons vir die mooi natuur daar op die punt van die klip gestaan en kyk het en Lorenzo en ek in haar oor gefluister het, het sy het pad af gehardloop…julle moet kyk vir die stofstreep….
Maar ek weet nie, sy is slu. As sy nou oor haar skrik is, so skuins gebuigde brein en kleingeestigheid het mos nie brieke nie.
HesterLeyNel
Jaloesie jong, in haar diepste wese wil sy graag in die Towerinne-kring opgeneem word. Dalk moet ons dit oorweeg – ons kan baie pret hê met haar 👼
lekkervurig
Neeeeee! Ek vlieg weg. Jy sal jy heeltyd moet dophou….😎😈
HesterLeyNel
🤪😂
Toortsie
Sy kon net inskryf, dit was ‘n oop uitnodiging aan almal! Hoekom sy dit nie gedoen het nie, weet nugter alleen.
HesterLeyNel
Ons was toe nog nie so bekend daar in die Harties omgewing nie 😜
Toortsie
O. En laat-inskrywings was nie toegelaat nie. Sy moet maar dophou, dalk kan sy volgende jaar vir iets inskryf.
Toortsie
Toe moes jy ‘n bietjie met haar siel gewerk het, Kameel.
Kameel
Toorts daar doer in die lug met ‘n huilende en klouende Broodina dink ek nie enigiets wat ek gesê het sou deurdring nie. Het maar op die einde “slaap my kindjie, slaap sag,” gesing. Jy moet weet hoe desperaad was ek as ek begin sing het 😕
Toortsie
En dit het gewerk! 😁
Kameel
Jaaaaaa, sy het rustiger geword en haar duim begin suig.
HesterLeyNel
🤣🤣🤣
travel460
🤔😂😂😂😎
HesterLeyNel
Hahaha, eksou dit graag op video wou opgeneem het.
Kameel
En my laat skaamkry het vir my stem 😔
HesterLeyNel
Ek kan ook nie sing nie maar geniet dit nogtans – die mense moet maar net hulle ore toedruk!
Abrie Joubert
🙂
HesterLeyNel
🤣
VirgoC
Praat jy Kameel, ek daaroor gesyl soos ‘n geelslang, nounog so effe naar en groen🤢🐍. Stel dit so na dit was my skok oor die Zipline anders, dalk een of ander serebrale insident gehad oor al die skok, maar is so bly het dit gedoen. En jy was amazing met jou rescue hoor🆘🆘
HesterLeyNel
Het jy darem so nou en dan jou oë oopgemaak om na die wonderlike natuurskoon sowat 3000vt onder jou te kyk?
VirgoC
😬👍 ja ek het eerlik
HesterLeyNel
Dan was al die suffering die moeite werd 😄
Kameel
Dankie Virgo…..maar ek dink ek gaan myself nog skop oor die reddingspoging. Ek en Broodina gaan of nog swaarde kruis of beste vriende raak. 🤔
VirgoC
Hester, ek het heerlik gekuier, maar besluit dat jy dalk die antwoord is op my eetlus…sal 2 keer dink voor ek weer “ja ek is honger” 😬
HesterLeyNel
Whahaha, kos is altyd ‘n goeie motiveerder.
VirgoC
O hell nie meer nie, as ek net dink hoeveel geld en moeite ek kon spaar en dit net oor daai hoogte…
lekkervurig
Hester weet hoe om met ons te smokkel! 😉
VirgoC
Net so
HesterLeyNel
Boeresielkunde
Bondelsgedagtes
oe wow dit was fantasties!!!Ek het al voorheen gezipline. ..oe en daai uitsig was fantasties. Dankie Hester jong, dit was lekker
HesterLeyNel
Ek is bly jy het dit geniet!
Bondelsgedagtes
Jinne dis lekker om alles te doen wat almal sê ons doen!!
HesterLeyNel
🤣 Dis goed gestel.
trommeltjies
Ek was nou so in my element met die hanbrug en toe nog die zip line, lekkerste lekker. Dankie Hester, ek is nou so vol adrenalien, dan praat jy van slaap???
HesterLeyNel
Ek is oud. Ek word halfnege moeg en negeuur wil ek slaap! Dit was darem ‘n lekker uitstappie – totdat Broodina opgedaag het.
trommeltjies
Sy was voorwaar ń verassing, beslis nie aangenaam nie, maar het ons welliswaar heerlik laat lag. Sal nie daai toneeltjie van Kameel met Broodina op haar skoot kan vergeet nie.
HesterLeyNel
Kameel is beslis ‘n beter mens as ek. Ek sou darem moes stry teen die versoeking om nie Broodina se harnas los te maak daar bo die rivier nie.
trommeltjies
Defnitief. Verstaan glad nie hierdie sagte ou hartjie van hasr nie. Towerinne moet sterk staan!
HesterLeyNel
Sê ek ook
travel460
Ek stem saam! Elke ou vir homself daar bo in die lug!
Positief
Ek het julle mos gesê Toorts het nie verniet daai kat kom weer liedjie spesiaal vir Broodina aangepas nie.
Lekkerste avonture daar by die Suid-kus, dankie Hester
HesterLeyNel
Dit was lekker om saam met julle te kuier!
Toortsie
Borrdina het net daardie tipe persoonlikheid! Ai!
perdebytjie
Sjoe, dit was nou ‘n heerlike avontuur! Die natuurskoon is pragtig en ek het heeltyd my oë oopgehou op die brug en die zipline…niks gemis nie!
Broodina was voorwaar ‘n verrassing. Ek wonder hoe het sy so ongesiens op ons afgesluip en wat sou haar motief wees, om ons so obsessief te agtervolg?
Kameel
Hester dink Broodina wil graag ‘n towerin word…hoe voel jy oor die saak? Miskien moet ons stem 😄
perdebytjie
Ek weet nie, Kameel. Dalk het sy inherent iets goeds in haar of sy is agter ons diamante aan. Ek dink dis eerder laasgenoemde.
Kameel
Nog nooit aan die diamante gedink nie…meer gedink sy is so nougeset sy gun niemand enige plesier nie. Hmmmm, 🤔
perdebytjie
Diamante….beslis!!
HesterLeyNel
Oe, ek het nie aan ons diamante gedink nie!
Toortsie
Jy moet bietjie kyk of hulle nog op die veilige bewaringsplekkie is.
HesterLeyNel
In die brood? Dis mos eintlik Frannie se verantwoordelikheid.
Toortsie
Kyk maar net. Maak net seker.
HesterLeyNel
Maar ek kan nie in ander mense bagasie krap nie?! Dalk moet ons vergader en vra dat almal die kaarte, ek bedoel die diamante, op die tafel uitpak.
Toortsie
Goeie plan.
HesterLeyNel
Ja, dalk sal sy ‘n aanwins wees. Sy ken mos al die lekker sappige skinderstories 🤣
Kameel
Dan skinder sy weer van ons by ander. Neeeee ek dink nie sy sal deug as ‘n towerin nie. Hopenlik het Lekkervurig en Lorenzo haar nou rede laat verstaan.
HesterLeyNel
Ek wonder. Ons sal maar kyk wat gebeur verder.
HesterLeyNel
Ek sou dink dat jy dit daar geniet het. Dis jou soort omgewing.
scrapydo2.wordpress.com
Sjoe ek het nog nooit ge zip-line nie dit was nou n belewenis uit n ander wereld. Hester jy het ons beslis op ons tone gehou met die hangbrug en oploop na bo en weer afseil ondertoe na die kospotte toe. Wat eet darem nie alles aan mens kan doen nie.
HesterLeyNel
Jip, die belofte van kos is ‘n groot motiveerder.
scrapydo2.wordpress.com
Wat ons ook nie vir kos sal doen nie. Dit bly tog maar lekker.
Toortsie
Het my gille julle geïnspireer?
Broodina! Die 😾 kom wraggies weer. Daar is net geen einde aan haar nie!
Kameel
Jy het die olifant geroep Toorts met jou “kat kom weer liedjie.” Het ek geweet Broodina was so kort op ons hakke het ek jou ‘n bietjie meer drama op daardie brug gegee 😁😁😁😂
Toortsie
Weet jy dan nie dat ek ‘n siener is nie? Ek het haar van ver af sien aankom.
Kameel
Jy maak my bang 😓
Toortsie
😂
HesterLeyNel
Nege lewens sê ek vir jou!
Toortsie
Is dit al? Net 9?
HesterLeyNel
Ja, maar hulle gebruik dit stadig op
Toortsie
Jy het my al verby benoud gehad op die hangbrug en toe van die lawwes begin spring op die brug het ek nié gedink dis snaaks nie.
HesterLeyNel
Kinders! Hulle kan die versoeking nie weerstaan nie. Ek sorg altyd dat ek alleen is as ek oor die brug loop.
Toortsie
Maar met 14 towerinne plus ‘n ellelange gevolg is dit onmoontlik om alleen oor te stap. Die sweetkorrels het teen my rug afgeloop.
HesterLeyNel
Ja, dis maar ver daar af nè? 😉
Toortsie
Sjoe! Die sweet was in my oë, ore, oral, ek kon nie sien hoe ver nie!
HesterLeyNel
Is dit hoekom jy begin kruip het? 😇
Toortsie
😎
Toortsie
Ek weet ook nie!
travel460
Wat ń pragtige plek is die Oribi Gorge nie, Hester, alhoewel ek dit nou eers kan waardeer…op jou fotos. Die hangbrug, my blaas het ietwat meegegee van benoudgeid, so ek moes net konsentreer om te knyp. Die natuurskoon het my ontglip. Toe nog die zipline ook! Op my oom se plaas was daar ń slide wat bo-oor die familiebegraafplaas gestrek het. As kind het ek dit vreeslik geniet om so af te gly, maar dit het altyd met ń gebedjie gepaard gegaan wat vinnig ekskuus vra omdat die afgestorwenes dalk my panty kon raaksien. So, by die Oribi Gorge het dieselfde gebedjie homself herhaal, hierdie keer om jammer te sê as daar dalk stappers onder my verbyloop en wonder oor die onverwagse druppels.
HesterLeyNel
Hahaha, Una hoe laat jy my lag oor die afgestorwenes wat jou panty sal sien! Daar is niks fout met jou verbeelding nie.
travel460
Ernstig nou, die Oribi Gorge is ń pragtige plek! Dalk moet ons Desember met al die kinders die zipline ding gaan doen.
HesterLeyNel
Hulle sal dalk ook hou van die Wild Swing. Daar is baie aktitiwiteite in die Gorge. Ek sal vir jou skakels w/a.
travel460
Thanks. Ek sal maar die ses kleintjies die dag by die see besig hou anders sal my senuwees oppak.
Abrie Joubert
Hoe spyt is ek, dat ek die zipline gemis het! In die werlikde lewe vermoed ek sou hierdie omtrent ‘n fear factor gewees het vor onse towerinne…
HesterLeyNel
Jy weet dan!
aj vosse
Ek sukkel om by te bly… maar dan, een man kannie by een vrou by bly nie… gin wonder ek sukkel met julle spul op die bus nie!! 😉
HesterLeyNel
Toemaar, die vrouens sukkel self om by te bly met hulle eie manewales.
aj vosse
Tipies! 😉