Met verwysing na my vorige pos Kuier-Safari – spring op die bus, kan ons nou met groot genot aankondig dat daar veertien bloggers op die bus is wat saam met ons deur die land gaan toer, almal dames! 🙄(julle weet dit beteken weer gròòooot moeilikheid, nè?). Elkeen van die dames gaan die geleentheid kry om as gasvrou op te tree vir die bloggers wat saamtoer en daaroor te skryf.
Klik op hierdie Lys van Deelnemers (lys nou verwyder) om te sien wie saamtoer, wanneer elke gasvrou haar blog moet publiseer (sien laaste kolom onder “Publiseer blog op [datum]” en in watter dorp / landstreek sy die ander bloggers gaan onthaal. Una (Bali Drome) gaan eerste afskop met haar blogpos op Donderdag, 20 September om 12:00nm. Geduld! Gee die arme vrou kans om haar blog te skryf.
Gasvrouens: Una skryf haar blogpos volgens ‘n “resep” om seker te maak dat die bloggers in besit bly van die nodige skakels. Ons vra dat julle asseblief dieselfde resep moet volg deur die inleidende paragrawe te kopieer en plaas ook asseblief die prentjies van ons bus en landkaart in jou pos. Daarna kan jy maar jou storie sy loop laat neem en jou eie fotos / prentjies byvoeg.
BELANGRIK! Ons gaan besig wees met hierdie toer tot in die middel van Januarie 2019 wanneer ons omdraai daar bo uit die Noord-Kaap. Wanneer die gasblogger van die week haar blog geplaas het, gaan lees by haar en plaas kommentaar. Die ander bloggers op die bus (en hulle lesers) is welkom om in die week daarna, voordat die volgende gasblogger se bydrae verskyn, ook blogposts te skryf oor die kuier of sommer net oor die dorp of die provinsie waarin die gasblogger ons onthaal het. Die enigste reël is dat die blog verband moet hou met die provinsie waarin ons daardie week onthaal is. Kom ons gesels almal lekker saam oor daardie landstreek en onthou om ook hierdie blogskakels by te voeg op InLinkz http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928 sodat ons almal kan saamlees.
Geniet die reis!
lekkervurig
Whoohoo. Hier gaat ons. Leker eerste skryf Una. Hester, dankie ons meesterin van die uitdagings, ons hoofmeisie-towerin! Die lewe is saai sonder ‘n uitdaging met jou aan roer van sake. Mede-reisgenote, trek grootdogtertjie Bridget Jonese aan, maak vas die veiligheidsgordels, ons gaan groot pret hê.
HesterLeyNel
Dit gaan pret wees, ja. O hel, ek raak al bang by die gedagte aan die pret 😨 Ek dink ek gaan sommer ‘n waterproof Bridget Jones aanskaf.
lekkervurig
Bwahaha! Hopelik het die bus ‘n ou privatjie agter in ‘n hoekie! Gelukkig sit ons twee ager – bekdrywers……
HesterLeyNel
Die hoekie agterin die bus … het ek al die storie geskryf van … nee, ek dink nie so nie. Ek gaan gou kyk. Daai storie moet vertel word.
perdebytjie
Ek raak nou skoon opgewonde! Dit gaan ‘n lang toer wees.Ek deps die ander bank agter in die bus. Ek sien jy en Lekkervurig is klaar op die een!
HesterLeyNel
Ek dink ons moet ‘n reël maak dat ons elke dag op ‘n ander plek in die bus moet sit!
perdebytjie
Goeie plan, anders word die stouterds agteri net nog stouter! Ek is nou nuuskierig oor daai storie van jou…komaan uit daarmee!
HesterLeyNel
Ek gaat hom vertel, hou maar dop so na môre se kant toe.
travel460
Lekkervurig, presies hoekom wou jy graag agter in die hoekie gesit het…?☺ Jy weet, in my dae op skool…
HesterLeyNel
Ja, vertel maar Una, laat ons hoor …
travel460
Wel, jy het either daar gesit en vry, of skelmpies gerook.
HesterLeyNel
Kan jy dalk ‘n paar details verskaf? Net om die lus aan te wakker.
travel460
O nee, ons is ñ gerespekteerde groep, jy wil my nou klaar in die moeilikheid laat beland! Kyk, ons is net vroumense, dit los ons net met ñ moontlike rokershoekie… en name gaan nie oor my lippe kom nie!
HesterLeyNel
Ook maar versigtig
travel460
Stadig né, ek sit met die pen in my hand…😑
HesterLeyNel
Ek bedoel mos EK is versigtig, sien. Ek staan maar so op die kantlyn 😇
travel460
Mmmm, ja Hester.
Positief
Lus?? Vir wat? Vry of rook. Jy kan mos nou nie so wil praat nie. Ek sal maar heel voor sit, net sodat ek nie belustig word nie
travel460
Oooo jy!!!
travel460
Positief byt defnitief nog vas…
HesterLeyNel
Good for her.
HesterLeyNel
Jaq asseblief, moenie dat Una jou in die versoeking lei nie.
Bondelsgedagtes
Whooooowhoooo klink my hier gaan dit lekker raak… watse rookhoekie ek dog daar is opgehou rook, mmmm?
HesterLeyNel
Ek dink ons het skelm rokers aan boord, maar ek sê niks – ‘n toe bek is ‘n heel bek.
Bondelsgedagtes
😁😁
lekkervurig
Wie het van rook en vry gepraat. Jinne. Julle weet mos ek strateeg so van die kant af,en dis beter vir julle almal dat ek ver van die bestuurder sit, briekerige bekdrywer. Ek is mos al lank julle waarnemer en toue bymekaarhouer en dan is my blaas net so 40km …..ag julle wet mos.😂😂😂😉😉
HesterLeyNel
O ja, die bus het mos ‘n privaatjie daar agter in die hoekie.
lekkervurig
Sk my plek is geboek…😉
Kameel
Lekkervurig ek en jy sal moet lootjies trek vir daardie privaatplekkie…. of resies hardloop. Sal ook agter moet sit 🤔
lekkervurig
Liewe Kameel, jy sal moet leer hardloop, ek sien met my kleine ogie iemand sit net agter Una wat bestuur…😂😂😂
HesterLeyNel
Dis die persoon wat die GPS beheer
Kameel
Gaan Una bestuur 😨 Ek het 39 jaar gelede ophou rook… my senuwees!!!! Kalmeerpille…. ja kalmeerpille behoort die trick te doen.
lekkervurig
‘n Sopie Frangelico vir jou?
Kameel
Nie na wat ek beleef het by Toweripstal nie dankie. 😇
lekkervurig
Mineraalwater of ‘n pienk jenerwertjie perdalks?😉
Kameel
Hey Lekkervurig….. wat sê die bybel nou weer van bewaar die een deur wie die versoeking kom…. of so iets!!!
lekkervurig
Watse versoeking🧚♀️
HesterLeyNel
Moenie worrie nie Kameel, dis doodgewone boeregasvryheid. Of is dit?
HesterLeyNel
Hier gààn ons.
lekkervurig
🥂🍹🍸🍾
HesterLeyNel
Wat weet jy van Una se bestuurdery wat ek nie weet nie? Jy moenie lol nie, ek is ‘n slegte passassier.
travel460
My trackrecord wat bestuur aanbetref, is spierwit-rein… Wel niks anders in my lewe nie…🤔
Kameel
Sluit die track record busbestuur in? Not to worry… ek gaan my kalmeerpilletjies saamvat 🤗
travel460
Kameeltjie, jy het klaar ñ hele pakkie gesluk, hoor. Julle is steeds by my, ek het julle mos gister opgelaai, en die pilletjies was nodig! Niks met my bestuursvermoë te doen gehad nie, wel met mense wat goed aanvang…
Kameel
Hoekom weet ek niks van die oplaaiery en wie het wat aangevang nie??? Waar moet ek gaan lees? In die koerant?
travel460
Julle is tot 3-uur vanmiddag by my op Harties, maar my post oor die besoek verskyn eers Donderdag die 20ste. Ons werk mos volgens lysies. Die geselsery op Hester se laaste post verlei my net so effens om die sluier te lig…
Kameel
Ag gedra ons onsself darem mooi Una? As ek nou klaar al my voorskrif pille in het…. hoe nou gemaak? 😣 Ek is nou baie nuuskierig!!!
travel460
Ek is besig om vinnig vir jou ñ briefie te skryf, sal nounou post…
HesterLeyNel
Ja, hierdie blogkoerant, haha
HesterLeyNel
😀
HesterLeyNel
Ek sal nou nie sê myne is “rein” nie, maar ek het darem ook nog altyd heel aan die ander kant uitgekom.
Bondelsgedagtes
‘N vriendin van Una en my bel my vanoggend en vra wanneer begin ons kuier- sy dog dis rerig….😁
lekkervurig
Maar dit is mos…😉
HesterLeyNel
Toe sê jy vir haar dit is? Jy kan nie veel rêriger kry nie. Wag net tot die lyding begin, dan sal jy weet.
Bondelsgedagtes
Klink my ek is in vir die learning curve van my lewe….😁
HesterLeyNel
Yup!!!
Kameel
Intussen sit ek met ‘n hol kol op my maag (not joking.) Wat gaan ek met hierdie klomp Towerinne aanvang???? Dink nie eers dis veilig om hulle Uniegebou toe te neem nie… die Parlement sal nooit weer dieselfde wees nie. 😁😁😁😁😁
HesterLeyNel
Dis dalk ‘n goeie ding Kameel!
lekkervurig
Miskien het hulle ons nodig…😂😂
HesterLeyNel
Sê ek mos. Ek gaan my wit overall dra saam met gumbootse.
lekkervurig
🤣🤣
travel460
Kameel, is daar nie dalk skatte begrawe nie…?🤔
Kameel
Una, ek gaan nie eers die woord “skat” ‘n gedagte gee nie. Skattejag beteken moles… en ek wil hierdie toer geniet, en my verlustig aan al die besienswaardighede ens. sonder om te worry ons gaan uitmekaar geskiet word.
Abrie Joubert
Aan die een kant is ek spyt dat ek nie saamtoer nie aan die anderkant sal die dames dinge kan aanvang op hul eie wat nie lekker gaan gel as ‘n man by is nie en sal in groot moeilikheid by my vrou wees as ek so lank van die huis weg is boonop saam met hierdie klomp towerinne
HesterLeyNel
Ek is jammer jy kon dit nie maak nie, maar jy kan nog steeds saamgesels en dalk ‘n blog of wat skryf oor al die plekke waar ons gaan kuier of waar ons nie gaan uitkom nie.
Abrie Joubert
Sal kyk of ek iets tot my spreek (iets spreek gewoonlik indien en my nie doelbewus doof hou nie)
VirgoC
Lyk my ek sit voor, maar dalk goed, dan kan ek baieeeee goeie fotos neem van die bus aksie🤓🙊🤳📸📹
HesterLeyNel
Ons het belowe om elke nou en dan plekke om te ruil, so moenie worrie nie.
VirgoC
Lol, is fyn met my, dnet dankbaar daar is ‘n privaatplek oppi bus. Julle verstaan nie, ek is soos hond, as nuwe plek is moet ek “merk” en draai wiele help ook nie- ousus, jy ken mos🙈😄
HesterLeyNel
Ons verstaan tog te goed