Ons nuwe bloguitdaging is ‘n kuier-safari, voorgestel deur Una, en bloggers mag dit nie mis nie!
Net voordat ons Una se plan bespreek, wil ek graag al die deelnemers aan die Nellie-sage bedank vir hulle deelname. Nellie … ek kan net my kop skud oor haar; dit was ‘n karakter duisend. Sy gaan toe sommer van arm familielid op die plaas tot ‘n rol in ‘n film en daar ontwikkel toe ‘n spin-off – AJ se Nellie is deurmekaar met diamanthandelaars of diamantsmokkelaars, ek kan nie besluit presies wat hulle is nie.
KUIER-SAFARI:
Una het gedink dat dit hoog tyd is vir bloggers om op ‘n virtuele kuiertoer te gaan en ‘n dag of twee by elke blogger oor te bly. Vir hierdie doel het sy ‘n toerbus gaan huur. Die toer gaan sò werk:
- Alle bloggers gaan saam in die (virtuele) toerbus ry van een bestemming tot die volgende, totdat elke gasblogger die geleentheid gehad het om die groep te onthaal en ‘n blog te skryf oor wat alles plaasgevind het gedurende die kuier.
- Elke gasblogger:
- moet al die bloggers wat deelneem vir twee dae en een nag lank onthaal in sy / haar omgewing (stad, dorp, plaas of waar ookal die gasblogger woon). Dit moet ‘n plek in Suid-Afrika wees. As ons Saffers deelneem (en ons hoop julle sal), moet julle asseblief Suid-Afrika toe kom en ons hier kom onthaal by julle familie of vorige verblyfplekke.
- moet verblyf reël vir almal en sorg dat almal gevoed word vir daardie tydperk (goeie advertensie vir jou dorp en vir diegene wat ‘n gastehuis besit!).
- moet sorg vir ‘n interessante uitstappie (gaan kyk na ‘n besienswaardigheid, gaan pluk die appelboorde, gaan ry in ‘n lugballon, gaan teater toe, neem deel aan atletiekdag), maar dit moet iets wees wat werklik bestaan in die gasblogger se omgewing. Ons wil graag die plekke leer ken. Fotos sal dus welkom wees.
- Wanneer die virtuele kuier verby is, moet die gasblogger ‘n blog skryf en vertel wat die bloggers aangevang het.
- Die bloggers wat gekuier het, sal natuurlik kommentaar lewer op die blog (hoe dan anders? hulle moet mos hulle wangedrag of blapse verdedig!). Hulle is natuurlik ook welkom om ‘n opvolgblog te skryf oor die kuier, of om ander herinneringe op te roep of ‘n storie te vertel oor die plek waar hulle gekuier het. Dit sal interessant wees om die gasblogger se omgewing uit die penne van verskillende bloggers ook te leer ken en dalk hulle fotos ook te sien. Las alle verwante blogs aan op die InLinkz skakel http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928..
Die reëls:
Bespreek jou plek op ons toerbus vir die kuier-safari.
Ons gaan weer gebruik maak van ‘n Google-vorm om in te skryf. SKRYF ASSEBLIEF IN VOOR DONDERDAG 13 SEPTEMBER 2018. (Opdatering 2018.09.13 – die inskrywings is nou gesluit).
Kliek op die “inskryfvorm” knoppie onder hierdie blogpos en vul die naam van jou blog en die URL in, asook die naam van die plek waar jy bly. As jy op ‘n plaas in die doertes bly en jy wil nie te veel verklap oor jou adres nie, gee net die naam van die naaste groot stad of dorp. Die rede hiervoor is dat ons ‘n kaart en ‘n reisplan wil optrek sodat ons die datums kan bepaal waarop elke gasblogger sy blog moet plaas.
Wanneer almal klaar ingeskryf het, sal ons datums invoeg waarop die gasbloggers hulle blogs moet plaas (dit sal elke week op ‘n Donderdag wees). Hou dus die skakel dop vir die lys van deelnemers en die datums waarop hulle moet skryf (kliek op die knoppie “deelnemers” onder hierdie blogpos).
Una sal eerste afskop en sy gaan ons almal by O R Tambo Lughawe ontmoet op Vrydag 14 September om by haar te kuier. Sy sal haar blog plaas op Donderdag, 20 September en die InLinkz-skakel bekend maak. Sy sal ook die kaart plaas om te wys hoe ons gaan toer.
Hierdie keer gaan die bloggers dus genoeg tyd gegun word om hulle blogs voor te berei. Dis nie ‘n vervolgverhaal met ‘n storielyn nie. Julle kan solank begin werk aan idees van hoe om mede-bloggers te onthaal en julle blogs begin skryf. Ons hoop dat almal lekker gaan saamspeel.
Rob Alberts
Vanuit Nederland meelopen is een beetje moeilijk.
Maar mag ik straks wel meelezen???
Nieuwsgierige groet,
HesterLeyNel
Jy is altyd welkom Rob 😄 Reënerige groet hier van SA af.
Rob Alberts
Dank
travel460
Hier gaan ons, en ek glo dit gaan weer so lekker ontspannend kan wees soos ons Toweropstal-sage. Help my net bietjie, Hester. My eerste skrywe gaan oor die oplaaiery op die lughawe, en die twee dae se kuier in Harties. Met fotos. En als wat almal aangevang het. So ek het ñ week om te skryf, soos met Toweropstal. My post eindig ek met ons bus oppad na die volgende gasblogger. Is dit reg?
HesterLeyNel
Doodreg
Toortsie
Joehieeee hier gaan ons al weeeeeerrrrrr! 😁🤸🏼♀️🚌
HesterLeyNel
Jip 😄
Toortsie
Right! Ek pak solank my koffer en bespreek my vliegkaartjie. Una, jy gaan my by OR Tambo optel, né? Ek dink ek kom ‘n dag vroeër sodat ek sommer by jou winkel ook kan inloer. Sjoe! opgewonde is ek nou!
HesterLeyNel
Dalk wil ons ook winkel toe gaan. Ek kom ook vroeër Una.
Toortsie
Ek hoop sy het genoeg voorraad!
HesterLeyNel
Sy het mos ‘n nuwe winkel daar in JHB ontdek waar sy noodvoorrade kan aankoop.
Toortsie
Dalk moet ons sommer saam met haar ry en loop kyk, dan kan ons haar help taxi’s dophou solank sy ry of so iets. Of die gps vashou.
HesterLeyNel
Jy is nou weer slim!
Toortsie
Ek hoop net julle het beter rigting as ek!
HesterLeyNel
Nee, nou nie sodat jy sal agterkom nie.
travel460
Oeeeeee, ag ok! Ons kan tussendeur shop as ons moet. My idee is eintlik die groot ‘party’ boot, en ons wat dalk tussen die hiasinte kan vassit en moet planne maak om gered te word…
HesterLeyNel
Ok ek kan vir Carlos bel om sy helikopter te bring …
travel460
Carlossie…mmm.
HesterLeyNel
mmm …
Kameel
Hester dit spel “Crime alert, run low or suffer.” Dis laat ek raak verspot…. nag.
HesterLeyNel
😄
Abrie Joubert
Dit klink na werk… veral na ‘n week se werk. Miskien moet ek môre weer kom lees.
HesterLeyNel
Siejy! Waar kan dit nou werk wees om saam met die Towerinne vakansie te hou?
Abrie Joubert
Nou dat jy dit so stel…😂
HesterLeyNel
Nou roer jou litte!
Abrie Joubert
Tussen kore
Abrie Joubert
Nou tussen lore ek op oomblik in Endler konservatorium in Stellenbosch. Blogmateriaal…
HesterLeyNel
Kore! Jaaaa … definitief goeie blogmateriaal.
Bondelsgedagtes
Is daar n trailer vir al die goeitjies wat almal gan wil koop????
lekkervurig
Una is slim, sy het containers vir elkeen……
HesterLeyNel
😳 Ek hoop nie Una het meer afgebyt as wat sy kan kou nie.
lekkervurig
Toorts en Bondels dis nou voor julle deur om ons aan inkopies pleks van toer en leer te laat dink. Hehe….hierdie gaan pret afgee.
HesterLeyNel
Ja laat hulle liewer inkopies doen, dit laat minder tyd vir wangedrag.
travel460
Jy dink dis beter…? Hier is ń paar bloggers met ernstige geskiedenisse in Hilbrow, daar naby my winkelplek!
HesterLeyNel
En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate,
Gee jou hart vir Hillbrow, (Kerkorrel)
travel460
Ek moet dalk net bietjie op my Hillbrow post gaan kyk; dit staan daar swart op wit, al die dinge wat daar gebeur het…
Bondelsgedagtes
Sjoeeeee, hier kom ‘n ding, oelala
Toortsie
‘n Container vir elkeen? Dan kan ons kaggels ook koop!
Bondelsgedagtes
Waar bestel ons Toorts? Het jy n mobile ene wat ons kan saam sleep
HesterLeyNel
Ons ry met ‘n bus – nie ‘n train nie! Ons kan dalk roof racks opsit. En ‘n ventertjie saamvat.
Bondelsgedagtes
🤣🤣🤣toemaar Hester ons sal net n kleintjie vat…dalk met sy eie wiele
HesterLeyNel
Ok dan. O, my senuwees.
Bondelsgedagtes
Bring iemand pille vir Hester?😁
HesterLeyNel
Bwahaha
travel460
Hier by ons rond is roof racks ń algemene gesig. O, en ventertjies ook. Almal oppad Botswana toe. Dalk moet ons ń draaitjie daar gaan maak. Die Okavango Delta! Aangesien dit hier langs Noord-wes provinsie sit? Perdebytjie kan voortou neem!
HesterLeyNel
Dit klink na ‘n plan. My paspoort het verval 😱
travel460
Ek ken mense…
HesterLeyNel
Ek het geweet jy sal my kan red.
travel460
Hester, lyk my die res van die wêreld het lewens…Net ek en jy wat kuier. O, ek sien Lekkervurig en familie braai weer vanaand. Ons moet sorg dat ons op ń Vrydagaand by hulle opdaag sodat Rots kan vuurmaak. Sien skoon uit daarna!
HesterLeyNel
Goeie idee, ‘n braai klink na ‘n idee. Ek beter ook gaan bad; my kat staan en skrou vir my omdat ek nog nie pajamas aanhet nie. Ou mense en hulle ou katte.
Toortsie
Nee man! Una weet van containers! 🙂 En die kaggels koop ons by Lekkervurig.
HesterLeyNel
En polonie. Of is die fabriek nog toe?
Toortsie
Ek vermoed die fabriek is nog toe. 🙂
travel460
Ja!!!💃
travel460
Bondeltjies, jong ja. Frannie juis nog munte iewers in uitgeholde brode gestoor gehou…
HesterLeyNel
Ek dog dis diamante? Frannie, wat het van ons diamante geword?
travel460
Vra ek ook. Sy gaan dit seker as ń verassinkie hou vir as ons by haar opdaag. En sy ons musiekopvoerings toe vat. Dink jy die ander sal hulle kan gedra, Hester?
HesterLeyNel
Ons kan hulle omkoop met die diamante. Vir een groterige diamantjie sal ek my ook gedra.
travel460
🤣🤣🤣🤣
travel460
🤔Jy is reg, en daar is hoeka ń ou wat so in die nuus is met sy nuutste diamant-manewales. So daars ń mark…
Bondelsgedagtes
Oeeeee hier kom n ding mense!!!
travel460
Jy is so reg, Bondeltjies. Maak vas jou sitplekgordel. Hierdie bloggers gaan jou laat kraai van die lag met hul kommentare.
Bondelsgedagtes
Moet ons valskerms inpak?
travel460
Defnitief. En ń mynhoed. O, en lewensreddingsbaadjies vir my dam.
Bondelsgedagtes
Oe wow
HesterLeyNel
Nie vir die bus nie, maar vir die aktiwiteite miskien.
travel460
Julle!!! Skryf en beplan solank aan julle eie posts, die Towerinne is oppad!°
HesterLeyNel
Ons moet gaan soek na daai ontwykende Towenaars wat nie saam met ons wil skryf nie.
travel460
Ek is besig met van hulle…😉
HesterLeyNel
Roer hulle Una
travel460
Julle is vol planne, né. Ek kan nie waag om die Towerinne naby my shopping sentrum los te laat nie!!! Wat gaan van my naam word!
HesterLeyNel
Ons gaan jou naam slinger daar in die strate by die dam haha
travel460
Shit…
HesterLeyNel
😁
travel460
Mooi. Hier begin die afwykingsplanne klaar!🙈
lekkervurig
Julle moenie te veel by my verwag van kaggels en polonie nie….meer oergeskiedenis en goud en olifante en spoke…of as julle wil, strate skoonmaak. Koop klaar by Una, my toer is soos bootcamp. Hehe.
HesterLeyNel
Goud. Is daar myne? Ek klim nie in mynskagte af nie.
lekkervurig
A, niks te kommer nie, die goud hang sommer so rond…ek haat gate
HesterLeyNel
Goud hang rond?! Hang? Oukei, nou is my nuuskierigheid geprikkel.
lekkervurig
😉😊
travel460
Myne ook. Hoekom het ons nog nooit voorheen gehoor goud is daar by julle beskikbaar nie??? Of was jy dalk bang ons daag ongevraagd met Perdebytjie se wa daar op?
HesterLeyNel
😄
Bondelsgedagtes
Ja ek sal die polony n skiep gee….kom ons settle liefs vir viltong
Kameel
Hester terwyl ek jou stuk lees voel ek die holkol op my maag. Die Towerinne in ‘n bus wat SA deurkruis. Ek sien groot moeilikheid kom. Dit klink na pret…. (Ek het dit nou gefluister.)
HesterLeyNel
Daardie soort moeilikheid mòet pret wees …
Bondelsgedagtes
As dit goed werk die storie dan doen ons dit eendag regtig….
HesterLeyNel
Ons sal gaar gekuier wees op die einde. Hierdie spul kàn kuier.
Bondelsgedagtes
Klink my so, dis nou ‘n gulde geleentheid om almal te leer ken….ek begin sommer al klaar giggel….😁
Kameel
Bondels… WEET jy wat jy daar sê????
HesterLeyNel
Nee! Nee! Nie ‘n goeie plan nie. Ons reputasies sal in flarde wees.
Kameel
Sê ek ook…. sal nie weer my gesig iewers kan wys nie!!!
Bondelsgedagtes
😁😁haha nee duidelik nie….
perdebytjie
Dit klink na groot dinge wat kan gebeur. Ek is bevrees ek sal die bus verby ons dorp moet laat gaan. Hier tussen die mynhope het altyd ‘n juweeldorpie gelê, maar deesdae lyk dit soos ‘n ashoop. Ek kan niemand hier laat toer nie. Kan ek hulle Dullstroom toe vat, want ons het ‘n naweekplekkie daar?
HesterLeyNel
Ek is seker ons sal lekker kuier daar waar jy naweke woon
travel460
Dit klink nou lekker!!
Kameel
Ek is gaande oor Dullstroom Perdebytjie. Sal net nie my seun vertel nie anders is hy boots en al saam ons op daardie bus.
perdebytjie
Ek sal dalk eers ‘n draai in my tuisdorp moet maak oppad soontoe, om die Towerinne in die regte bui te kry. Hier is darem ‘n groot casino en die lughawe so om die draai.😄
HesterLeyNel
Carnival City! Ek het al vergeet. Jy sal nooit hierdie spul daar wegkry nie.
perdebytjie
Ek kan hulle opdeel in twee groepe..een lot gaan Carnival toe en die ander klomp na Emperors Palace! Klink soos ‘n dobbelnes hier rondom my en ek dobbel nie eers nie. Dalk is my toer sommer op sy einde voor dit begin!😜
HesterLeyNel
Ja en die bloggers almal bankrot of in die tronk. Ek weier ook om te dobbel – my hart breek vir elke muntstuk wat ek moet groet voordat ek hom in daardie masjien gooi.
perdebytjie
Siende almal nog rol in die geld wat ons uit die bankkluis gesteel het, sal ek maar liewer die plannetjie laat vaar. Netnou moet ek alle kostes dra vir hul uitstappie as hulle bankrot gedobbel is!
HesterLeyNel
Bwahaha
travel460
Ag nee sies, neem nou die een van ons in ag wat nie die kansie sal laat verbygaan om ń paar rand uit te speel nie! Dis so wonderlik hier op blogland waar daar GEEN JUDGEMENT is nie.😊
HesterLeyNel
Hênsop. Ek sal by jou sit en jou aanmoedig totdat jou beursie leeg is!
travel460
Ag dankie Hester, ek is bang Perdebytjie los my alleen daar.
HesterLeyNel
Nee, sy sal nie
Kameel
Wil jy ons klaar op die vliegtuig sit as ons nonsens aanvang?
perdebytjie
Kameel, gaan jy Pretoria toe vlieg van OR Tambo af?
HesterLeyNel
😄 😃 😀 Nou weet jy hoekom wil ons Carlos se chopper hier kry!
perdebytjie
Ha, haa!
perdebytjie
Lyk my Carlos het steeds ‘n geweldige houvas op sekere mense…😄😉
HesterLeyNel
Dis die idèè van ‘n Carlos wat al my probleme kan oplos sonder enige gevolge wat my aangryp.
Kameel
😁😁😁😁😁😁😁😁 Tien uit tien vir daardie een Perdebytjie!!!
perdebytjie
Ons sal jou op ‘n Ubertaxi moet sit, of jy kan a la Camilla in styl, met Carlos se tjopper, huis toe vlieg.
Kameel
Dit klink meer romanties 😗
travel460
Die casino… Ek moet bely, ek geniet die 20 sent masjiene, dit hou my LANK besig.
perdebytjie
Nie eers geweet mens kan so min ingooi nie!Lyk my jy gaan agterbly as daai bus die pad vat Dullies toe, Una.
travel460
O nee, ek gat saam!!!
HesterLeyNel
Hahaha, gaan sy ons mis?
HesterLeyNel
My man kan ook ure daar sit, maar hy speel nie met 20-sente nie. Ek raak sommer moeg, verveeld en geïrriteerd vir daai tydverdryf. Ek het al my kindle gesit en lees in ‘n casino, tot groot vermaak van die personeel. So het elke ou maar sy eie voorkeure.
Kameel
Hester klaar asb vir my iets op. Ons beplan die twee dae kuier in ons dorp…. in ons kop of ons blog dit om almal te laat weet wat lê voor. Dan skryf ons ‘n blog oor die gebeure self? Of is wat ons gaan doen die inleiding… en dan volg die storie. Ek wou wag en sien hoe doen Una dit… maar my kop werk oortyd aan die kant .
HesterLeyNel
Wanneer jou beurt aanbreek (ons gaan nog elkeen se datum uitwerk), dan skryf jy asof die bloggers klaar daar gekuier het en jy vertel hoe jy hulle besig gehou het en wat hulle alles aangevang het. Jy kan dus noual beplan wat gaan daar by jou gebeur en dit begin skryf.
Kameel
Ok dankie… so hulle hoef nie te weet wat voer ek in die mou nie. 😁😁😁😁
HesterLeyNel
On nee, dit moet ‘n verrassing wees.
Kameel
My kop werk oortyd 🤗
Positief
Ek het ook nou maar gaan inskryf, al ys ek vir al die mannewales (sonder die manne?) wat nou weer gaan gebeur
HesterLeyNel
Ons moet maar die veiligheidsgordels vastrek.
HesterLeyNel
Ek sien jy gaan die Karoo doen en toe gaan kyk ek op die kaart – die Karoo is groot, ek meen enorm-groot; dis versprei oor drie provinsies. Watter groot dorp kan ek aandui as die plek waar ons eerste gaan land? Oudtshoorn? Of reguit Calitzdorp toe?