Ek, die “per ongeluk agtergeblewene”, het al ure gelede vir Una ‘n SMS gestuur om te vra hoekom hulle my hier in die bankkluis agtergelaat het. Ek was besig om die spook se joernaal te lees en my aandag was nie by die spul misdadigers en hulle makgemaakte polisiemanne se manewales nie. Toe ek weer sien is die hele ou spul hier weg en die polisie oefen fietstoertjies in die banksaal.
Hulle sou kastig omgedraai het om my te kom haal, maar hulle was nie soveel met my gepla nie, nee, hulle sit daar en toutrek oor die Latynse offisiertjie en betreur die feit dat hy ook nie op die lorrie gelaai is nie. Toe sien hulle kans ek moet die offisiertjie op die fiets laai en agter hulle aanry. Op die ou einde het hulle besluit dat ek maar self moet sien kom klaar, want dis te gevaarlik om om te draai. Dit is die laaste keer wat ek saam met hierdie spul ‘n misdaad pleeg!
Ek het maar vir Pablo gebel om hom te laat weet van my penarie en hy was so kwaad dat hy ‘n paar lelike woorde gesê het. Pablo is nie ‘n man wat sommer vloek nie. Toe sê hy: “Cookie”, (ja, hy noem my Cookie 😊), “you not worry. You wait. When dark I come for you”. Dus gaan sit ek toe maar in een van die gemaklike stoele daar in die Bali-banksaal en lees die joernaal verder, want ek sou nog ‘n paar uur moes wag.
Daai joernaal. Toe ek nou die hele ding deurgelees het, sien ek die joernaal behoort toe nooit aan Grootoupa Joubert of Paul Kruger nie, dis op die laaste bladsy afgeteken deur ene Koos Vannermerwe. Kon dalk ‘n skuilnaam ook gewees het. Wonder of Grootoupa en en die Pres dit namens Koos bewaar het en of hulle dit dalk by hom vasgelê het.
Maar mens! Dit gaan ook nie net oor oorlog en goue ponde nie; dit gaan merendeels oor oorlog en Sarie Marais en hulle kappit-yt daar in die mielielande by die groot doringboom, die hele joernaal deur. Hierdie is ‘n hygroman uit die boonste rakke. Koos beskryf in die grootste detail hoe om daardie voortrekker-rokkie met die baie onderrokkies en die borstrok van ‘n mooi meisie af te skil, so laag vir laag soos ‘n bruin ui. Net soos met ‘n ui, begin ‘n mens se oë eintlik traan met elke laag wat afkom, dis so mooi *snik*.
Nouja, toe is Koos saam met Grootoupa verban St Helena toe. Hy het daar ook maar verder geskryf aan die joernaal en sy groot hart uitgesnik ook Sarie Marais. Hy het onder meer ‘n pragtige lied vir haar gekomponeer. *Snik*, dis so mooi.
Nouja, toe dit nou so sterk skemer begin word het, het ek daai Latynse offisiertjie daar uit die banksaal gaan sleep om vir my die pad deur die tonnel te verlig tot by Toweropstal. Hy’s nie ‘n onaardige kind nie, dié Marco. Hy het die hele pad my hand vasgehou deur die tonnel en my styf vasgegryp toe die twee spoke skielik daar in die tonnel aan ons verskyn het. Hy is ‘n brawe offisiertjie; ek kon eintlik voel hoe bewe sy hele lyf van inspanning om nie die twee ongeskikte ou spoke te lyf te gaan nie.
Ek het eers gedink die twee ouens was kwaad oor die buit wat ons weggedra het, maar hulle wou net die joernaal terughê. *Fluister*: ek dink hulle lees dit saans vir mekaar voor as hulle nie kan slaap nie. Ek wou eintlik die joernaal saamgevat het om weer te gaan lees, maar ek kon nie die oumanne so teleurstel nie. Toe oorhandig ek dit maar en so met die wegstap het ek die deuntjie van Sarie Marie deur my tande gefluit, net om hulle te laat weet ek verstaan. Ek kon sweer ek het gesien hoe hulle trane van hulle kaal wangbene afvee.
Enniehoe, uiteindelik was ons uit die kelder en so met die uitstapslag in die stikdonkerte, skyn daar meteens ‘n hengse kollig op my en die offisiertjie wat nog steeds verbete aan my vasklou. Daar staan Pablo, Carlos wat breed glimlag met sy nuwe tande en die Nefie op ‘n ry, elkeen met ‘n masjiengeweer in die hand.
“Cookie”, bulder Pablo, “who dat man?” Watse man nou? O, die offisiertjie. Ek besef hier kom moeilikheid en Marco het ook ‘n fyn aanvoeling in dìe opsig, want nou klapper sy tande soos kastanjette. Maar hy is so braaf, hy laat my nie los nie; hy klou aan my soos ‘n slegte maseluitslag. Hy is die skild agter my rug. Ek kan nie vinnig genoeg aan ‘n ander verskoning dink nie en stel hom sommer voor as my nuwe lyfwag. “Anudder one?” sug Pablo en rol sy oë. “Get in helicopter!”
En daar gaat ons. Pablo vra uit oor hoekom ek alleen agtergebly het en waar die ander misdadigers dan is. Ek begin sommer van voor af jammer voel vir myself en vertel hom die hele storie van die agterblewene, met groot gesnik en baie handgebare. Hy luister mooi, maar frons skielik toe ek sê die ander misdadigers is in Pollmanskop.
“Huh”, vra hy, “where dey go?”
“Pollmanskop”, herhaal ek.
“Papà, dey go Papà beer farm”, vertaal Carlos opgewonde en met ‘n breë glimlag.
‘n Paar oomblikke se swanger stilte.
“Pilot”, sê Pablo baie saggies tussen sy saamgeknerste tande deur, “we change course”.
O alla gonnatjie. Pablo sal nie sommer die mense vergewe wat vir Cookie aan haar eie lot oorgelaat het nie. HKGK.
Ek lag skielik onbevange en uit volle bors. Nefie en Carlos weet nie waaroor die grappie gaan nie, maar hulle lag ook saam. Ek voel hoe ontspan Marco wat nog styf teen my sit en ek glimlag oor sy skouer vir Pablo.
Hierdie is die laaste hoofstuk van Deel 2 in hierdie uitdagingsreeks waarin die bloggers uitgedaag is om ‘n fiksie-vervolgverhaal te skryf:
- Deel een is beskikbaar òf by die chronologiese Inlinkz skakels na elke blogger se persoonlike webtuiste (Die Perfekte Misdaad) òf andersins kan die volledige samestelling in boekvorm (PDF, EPUB of MOBI) afgelaai word by hierdie skakel Die Perfekte Misdaad.
- Deel twee is nou beskikbaar slegs by InLinkz by hierdie skakel Die Voortvlugtiges en sal binnekort ook in boekvorm saamgevat word.
Abrie Joubert
Dit het ek geweet. Ons het nie verniet van die begin af vermoed Hester is kop in een mus met daardie Kokaplante nie. En nou wil sy en die Suid-Amerikaanse gespuis ons kom masjiengeweer en die regte van als sy bedoel groot pupa se nalatenskap. Asof hy sou belangstel in die boere weergawe van die kama sutra. Sies!
Abrie Joubert
Ergste van als
Abrie Joubert
Ergste van als sy besoedel groot oupa se nalatenskap
HesterLeyNel
Hoe? Sarie Marais was ‘n oulike boerenooientjie.
Abrie Joubert
Nie jou joernaalweergawe nie
HesterLeyNel
Nou wat het sy gesondig Abrie? Ons dra mos almal swembroeke onder ons klere en daar was ‘n rivier en …
HesterLeyNel
Jy moes my nie alleen daar gelos het nie. Dis alles jou skuld. Nou is jy in die moeilikheid, so whê.
travel460
Uiteindelik gaan ons Pablo en Carlos ontmoet! Hoop Toortsie gaan ń ietsie lekker voorsit sodat ons die bymekaarkoms kan vier. En Nefie. Eie bloedfamilie daar van my roots af, die Panne. Het my Bali stoel darem gemaklik gesit, Hester?
Kameel
Hoe werk jou kop Una? Carlos was dan al daardie tyd tussen ons… vasgeboei aan Hester die mannejagter. Onthou die een wie se voortande Hester uitgeslaan het!!! Nou hoe wil jy hom weer ontmoet?
travel460
Ek was heeltyd op my eie missie, so het net bietjie vergeet…☺
HesterLeyNel
Kameel was nie daar nie, net Camilla … en Ben.
Kameel
😀😀😀 Ja die arme Ben wat hom so aan sy neus laat rondlei.
Toortsie
Ek vertrou daaispan glad nie, en ek dink nie my ou kossies sal hulle vermaak nie, hulle is gewoond aan baie sterker goetertjies.
HesterLeyNel
Gooi net so ‘n handvol habaneros by die bredie.
Toortsie
Habaneros? Klink soos gif!
HesterLeyNel
Brandrissies
HesterLeyNel
Ja, ek het nie vir die bloedfamilie vertel dat jy wou gehad het ek moet hom sommer daar in Las Vegas los nie. Vriende skinder mos nie van mekaar nie 😄
travel460
Sjoe, dankie tog Hester. Ons Panne-mense onthou sekere goed vir altyd, en dan vlam humeure vinnig op!
HesterLeyNel
Kan ‘n mens kaartjies koop vir die fight?
travel460
☺☺☺Ek weet darem nie, jong. Dis iets soos ñ Bali cock-fight as die familie onder mekaar inspring…veg tot die dood toe. Dalk moet ek iets organiseer, ñ geldjie probeer maak, “bets” vat…mmm.
HesterLeyNel
Daar kom die sakevrou na vore.
travel460
§§§
HesterLeyNel
O ja dankie Una, ek het al vir Pablo vertel van jou mooi en gemaklike meubels. Hy stel baie belang om dit te sien.
travel460
Yes! Nuwe besigheid!!
Abrie Joubert
Paflou ek bedoel Pablo sal nog sy tande so kners dan verloor hy hulle soos Carlos. Runs in the family. Hulle masjiengewere is nie opgewasse teen Toortsie se nuwe Swartwoudkoek met WITBLITS in nie.
Toortsie
En ek weet waar om die ware Jakob in die hande te kry.
HesterLeyNel
Jy moet jou vriende beter kies, Toortsie. Nou lei jy hulle nog verder in die verderf in!
Toortsie
Is dít hoekom jy doelbewus agtergebly het?
HesterLeyNel
Nee, wat bedoel jy? Julle het my vergeet. Ek sê maar net. Ek is mos ordentlik 😇
Toortsie
Hester, Hester, Hester. Laat ons nou nie te diep in hierdie sakie ingaan nie, netnou wird ons vriendskap versuur, maar laat ek eerder as vriendin met jou praat: Jy moet mooi kyk wie jou maatjies is, hoor. Wees maar baie wakker. Slaap met jou een oog oop. Ek weet nie hoekom ek so ‘n vreemde kriewelinkie langs my ruggraat voel as ek aan hulle dink nie.
HesterLeyNel
Sê die lid van ‘n span misdadigers wat al hoe meer kop uithaak …
Toortsie
Moenie die aandag van jouself probeer aflei nie.
HesterLeyNel
😯
HesterLeyNel
O, nou wil jy in die kombuis agter die voorskoot gaan wegkruip?
Abrie Joubert
Hester Marais jy soek moeilikheid
HesterLeyNel
Moi? 😛
perdebytjie
Abrie, ons sal nou vinnig daardie bom waarvan jy gepraat het, moet prakseer.
HesterLeyNel
Nou raak jy ‘n gevaarlike misdadiger, nè?
perdebytjie
Dis maar net doodonskuldige ou drankies wat met Toorts se poeding gemeng word…darem nie te erg nie. As dit nie wil ontplof nie, drink en eet ons dit maar en paartie verder…niks word gemors nie!
HesterLeyNel
Witblits sê Abrie. Dit begin nou klink soos ‘n mampoerpaartie in Groot Marico soos beskryf deur Herman Charles Bosman.
Toortsie
Ek dink ons glip vinnig weg Kruinsig toe, Hester weet nie daarvan nie! Ons kan julle almal op die plaas gebruik, niemand sal onraad vermoed nie en my man sal tog te bly wees vir ‘n klomp pare ekstra hande.
HesterLeyNel
Hierdie klomp wat net weet van paartie hou en lawaai maak? Eish, jy sien kans vir baie.
Abrie Joubert
In die professionele konteks kan mense Kruinsig google en afkom op aktiwiteite wat buite konteks moeilik verstaanbaar gaan wees so ek weet nie of dit goeie idee sal wees nie
Toortsie
Dis dalk maar beter om dit nie te doen nie. Dalk moet elkeen saggies huis toe gaan voor die helikopter opdaag!
HesterLeyNel
Julle beter hol soos vlakhase … 🐇🐇🐇
Toortsie
Uhn
HesterLeyNel
Dit klink nou baie geheimsinnig Abrie. Wat gaan aan daar op Kruinsig?
Abrie Joubert
kom sonder Pablo na Pollmankop en ek vertel jou
HesterLeyNel
Hmpf, nou is ons in die onderhandelingsfase. Ek sal daaroor dink.
HesterLeyNel
Nòu wil my rekenaar ‘n Windows update doen. Ek moet eers alle apps toemaak.
Toortsie
Interessant hoe Hester altyd ‘n manier vind om eenkant te staan. Vind julle dit nie vreemd nie? Mede-Towerinne? Julle wat almal moes help om die WERK te doen? Nou wildie rekenaar weer kamtig restart. Wat is volgende?
Kameel
Toorts ek het van die begin af gesê dinge met Hester is nie pluis nie…. tot jou probeer kry om geld in te betaal om haar onder ons oë te kry. Almal was horende doof en jou spinasietert was al waaraan hulle kon dink. Kyk nou waar het dit ons gebring!!! 😠
HesterLeyNel
Ja sug van lekker paartie kom lekker huil.
Toortsie
Held inbetaal sou beslis nie werk nie, dit belowe ek jou. Ons het almal besef daar’s fout, maar ons kon dit mos nie hardop uitskree nie. Ai toggie
HesterLeyNel
Ek is hier. Ek hoor julle skinder. Ek gaan oorvertel.
Toortsie
Maar dis jy wat hierdie mense hier aanbring! 🧐
HesterLeyNel
Dis julle wat my agtergelaat het! Ek het ook gevoelens.
Toortsie
Oeoeoe
HesterLeyNel
Hierdie keer was dit “legit”. Nou is al my skerm display configurations (wats dit in Afrikaans?) ook so weggeblaas soos Toweropstal.
Toortsie
Meng jou met …
HesterLeyNel
… amateur misdadigers?
perdebytjie
Nogals “Cookie” né!
Geweet daar is ‘n slang in die gras met hierdie Esco- tjoklit-bars wat so vir onse Hes gevoer is!
HesterLeyNel
Hoor nou – sò draai al my voormalige vriende teen my.
perdebytjie
As geld en mans ter sprake kom, vlieg vriendskappe by die agterdeur uit.
HesterLeyNel
Hierdie vriendskap is juis so effe wankelmoedig op die oomblik.
travel460
Hester, ek het heeltemal verlore geraak in jou oorvertelling van hoe die aantreklike hunk op sy perd die rokkie van die ou meisietjie begin afskil…og, dis sò romanties…nogal lagie vir lagie. Ek is skoon aangedaan. Kan ek jou iewers ontmoet vir tee, ek moet net verder hoor…
perdebytjie
Dis ‘n Voortrekkerhygroman…nie geweet daai ou mense se koppe het ook so gewerk nie!😳
travel460
Met hulle spul kinders was daar dalk ń paar dieptes betrokke.🙈🤣
perdebytjie
Met so baie kinders was daar sweerlik weinigvtyd vir dieptes…🤣
travel460
Proes ek ook nou van die lag vir jou, Perdebytjie. Ek dink al daardie knopies en lyntjies en knippies wat als so bymekaar moes hou, het die oë laat traan tydens die afskil proses.
perdebytjie
Hehe, en teen daardie tyd was almal al afgekoel!
HesterLeyNel
Dalk was dit juis deel van die opwarmingsproses. Aljander, aljander so deur die bos … ek sing vandag net voortrekkerliedjies.
perdebytjie
Bwahahaa jimmel Hester jy is snaaks! Onthou om die onskuldige liedjie, Vanaand gaan die volkies koring sny, ook te sing. Die Kleurlinge lag hulle jare lank al slap vir die stoere Afrikaners wat die liedjie gekaap het en nie besef het van die seksuele konnotasie nie.
HesterLeyNel
Nee! 😳 Wat vertel jy my nou? Dit was nog altyd een van my gunsteling FAK liedjies!
perdebytjie
Luister mooi na die woorde… ek gee net een leidraad. Die koring is jong meisies. Hierdie ontboeseming het ek so ‘n paar jaar gelede raakgelees in ‘n onderhoud met ‘n Kleurlinghistorikus. Baie dinge het toe vir my duidelik geword.
HesterLeyNel
As my ou musiekonderwyseres en koorafrigter dit moes hoor! Gelukkig leef sy nie meer nie. Ek bedoel nou sal dit nie meer vir haar saak maak nie.
perdebytjie
😳🤣
HesterLeyNel
Die kinders het mekaar besig gehou. In elk geval, waar dink jy het die baie kinders vandaan gekom?
perdebytjie
Dinge moes seker blitsig geskied…nie tyd vir uie afskil nie…lol!
HesterLeyNel
Ek wonder … Nee wag, laat ek nie wonder nie. Abrie noem my nou al klaar Hester Marais.
HesterLeyNel
Sê ek ook.
HesterLeyNel
Whaha, hulle sou ons dalk ‘n paar dinge kon geleer het. Onthou, daai dae was daar nie TV, restaurante, teaters, biblioteke of enige ander soort afleiding nie 😄
perdebytjie
En die nagte was stikdonker en lank.
HesterLeyNel
En die kerse kort.
perdebytjie
Soms was daar nie eers kerse nie.
HesterLeyNel
Ag Una, ‘n vrou wat romanse kan waardeer kan enige dag saam met my tee drink.
travel460
Ek stick jou in elk geval Desember. Is twee weke lank daar naby jou by die TO strand.
HesterLeyNel
👍
Kameel
Cookie, my voet!!! Marco is nie ‘n bangbroek nie, en ek glo vir geen oomblik hy het aan jou vasgeklou nie. Jou Pablo mag hom miskien met sy masjiengeweer in die helikopter gedwing het…. maar ek bang nie jou Pablo nie.
perdebytjie
Kameel, Hester is besig om vir Marco af te vry…lees tussen die lyne, suster!
Kameel
Sy probeer my jaloers maak perdebytjie, en ek val nie daarvoor nie.
perdebytjie
Sy sit styf teen hom….
HesterLeyNel
Nee, hy sit styf teen haar … hy’s haar body guard, so hy guard die body.
perdebytjie
Goed, goed…ek glo, maar ek glo swaar!
HesterLeyNel
Nog een wie se hormone nou op die aanval is.
HesterLeyNel
Opstoker!
perdebytjie
Waarheid maak seer!
HesterLeyNel
Jip, hoe het ek geweet Camilla / Kameel se jaloesie gaan haar nie toelaat om rede te verstaan nie?!
Kameel
Marco sit veilig by die polisiestasie met droomverlore oë en staar na Camilla se rooi stilletos. So sê die koerantberig!!! Hy het op ‘n manier uit Pablo en Hester se hande geglip… die hero van my 😊
perdebytjie
Mens glo wat jy graag wil glo, liewe Kameel.
HesterLeyNel
Sê ek ook 😉
HesterLeyNel
Ek dink nie so nie. Dis daardie outjie met die stywe broekie wat gewoonlik so stotter en bloos. Buitendien kan jy nie alles glo wat die koerante sê nie.
Kameel
As daardie outjie met die kort broekie na my stilettos staar slaan ek hom met ‘n stiletto oor die kop wanneer ek daar aankom.
perdebytjie
Daardie outjie met die kort broekie, het my die krieps gegee. Ek sal jou help om hom met ‘n stiletto te vermorsel!
Kameel
O liewe nou sien ek die prentjie 😀😀😀 Ek en jy wat hom met stilettos bykom…. en hy al koetsend onder die houe. Nou het jy my lekker laat lag!!!
perdebytjie
Ek is net bang daai stywe broekie bars oop as hy terugveg.
HesterLeyNel
Dis darem nie ‘n mooi ding om aan so ‘n getroue fan te doen nie, Kameel. Skaam jou!
Abrie Joubert
Kameel jy moes op skool baie goed gedoen het in Afrikaans. Dit is duidellik dat jy tussen die lyne kan lees watter polisieman so staar. Maar dan klink dit mos vir my of Hester aspris onwaarhede verkondig om tweespalt te saai.
Kameel
Seegogga het gesê dis die Latynse offisier Abrie. Hester is besig om te stook…. en ek gaan nie die pyp rook nie.
Abrie Joubert
Ja al stokery wat toegelaat word is WITBLITS stook
HesterLeyNel
Spinasie, frangelico, hops, witblits – wat is volgende? Hierdie paartie ruk nou handuit.
Abrie Joubert
Die WITBLITS is om die helikopter te refuel en hom in lug in te blaas
HesterLeyNel
Nou voeg ons MOORD by die lys van misdade!
Abrie Joubert
Selfverdiging hulle het masjiengewere
HesterLeyNel
Jy verstaan nie; masjiengewere is Colombiaanse juwele – elke man dra een.
Abrie Joubert
Ja gelukkig verstaan ek nie wat selfverdiging (noodweer) regverdig want ek dink hulle will my skiet 🔫⚰️
HesterLeyNel
Strafreg is baie subjektief – dit hang af van hoe die regter voel, wie jy is en wie jy ken.
Abrie Joubert
Presies, die regter gaan weet watse wonderlike wêreldburgers Pablo en sy seun Carlos seer tandjies Esco agter bars is.
HesterLeyNel
Whaha, jy laat my nou dink aan Leon Schuster se liedjie “Gerrie, seer handjies Coetzee”.
Abrie Joubert
Einste en die meulikopter se enjin is ook seer
HesterLeyNel
Die witblits-behandeling dan.
HesterLeyNel
Haha, Kameel lees net wat sy wil. En onthou dis nie ek wat die tweespalt gesaai het nie – dis jy wat die tweede helfte van jou span in ‘n bankkluis agtergelaat het.
Abrie Joubert
Hester al wil dit voorkom asof jy nou my vyand geword het (nie van my kant af nie) gaan ek jou darem nie so in die gesig vat nie. Jy is bepaald nie so groot soos die helfte van die span nie!! En as jy dink jy is so belangrik soos die helfte van die span moet ek jou vra om weer ‘n skrywe van tannie Frannie te gaan lees wat daarop neerkom dat neerkom dat dit goed is as nederigheid en ouderdom hand in hand stap. Nie hand in hand met ‘n denkbeeldige Latynse offisier nie!
HesterLeyNel
Whaha, dalk is ek nog nie oud genoeg om nederig te wees nie! Grysheid bring nie altyd wysheid nie!
perdebytjie
Mens mag maar droom oor hand aan hand, Abrie, Gun ons ouer dames daardie plesiertjie!
HesterLeyNel
Sê hom.
Abrie Joubert
En dit nadat ons haar probeer help om vir haar van die 4wiel motorfiets te vertel!
Kameel
Nou behoort Polls… wat se naam se dinges ook nog aan Pablo. Sorry kannie behoorlik dink nie ek is te omgekrap.
Abrie Joubert
Nee Pollmanskop behoort nie aan Pablo nie. Mens se gedagtes raak mos deurmekaar as jy ‘n traumatiese tyd beleef het soos Hester…
Kameel
Ek dink Hester hallusineer oor meer dinge as net Pollmanskop 😕
HesterLeyNel
Ek is nie die blonde met die rooi stilettos hier nie …
HesterLeyNel
Wat was jou woorde nou weer? “Die eienaar van die Pollsmankop verbou onwettig hops vir die uitvoermark sonder lisensie …”. Waarheen dink jy is hierdie uitvoermark? Nie jou huiswerk gedoen nie …
Abrie Joubert
😆
perdebytjie
Kameel, onthou Hester is verslaaf aan Esco-tjoklit-bars. Dit veroorsaak blykbaar hallusinasies.
HesterLeyNel
😨
Abrie Joubert
😂🤣
HesterLeyNel
Asof ek my nou sou steur aan ‘n 4-wieler, veral nadat jy my gedagtes aan die rol gesit het oor helikopters!
seegogga
Seegogga sal die situasie fyn dophou en al die sappige stukkies aan die koerant uitblaker as julle julle nie gedra nie.
Toortsie
Vertel die koerant van Hester se maatjies! Hulle is nie deel van ons nie.
HesterLeyNel
Ja, en wat dink jy gaan gebeur? Ons amptenary is gewoond aan buitelandse inmenging.
Toortsie
Nou raak sy nog astrant ook! 😱
HesterLeyNel
Die waarheid maak seer.
Toortsie
Hester, Hster kom terug!
HesterLeyNel
Waar was ek dan nou?
Toortsie
Los daai mense, Hester. Los hulle. Asseblief!
HesterLeyNel
Toortsie, as ek nou los gaan ek bloeming ver val grond toe.
Toortsie
Maak ‘n plan! Jy is mos slim met hoerdie goete!
HesterLeyNel
Ok, ek kan vir Marco eerste uitgooi en dan bo-op hom val. Wat dink jy?
Toortsie
Ja. Klou aan hom vas terwyl jy hom stamp. Hou net jou oë toe dat jy nie sien hie ver dit grond toe is nie.
HesterLeyNel
Ek sal so ‘n bietjie daaroor dink Toortsie. Dankie vir die goeie raad.
Toortsie
😂😂😂😂 Wag tot julle geland het, dan is die val nie so erg nie.
HesterLeyNel
Ja, hang af hoe lewendig ek onder uitkom. En wat van Carlos en Nefie? En Pablo? Hulle sal my mis. Nee, ek moet nog eers ‘n bietjie dink.
Toortsie
Pos hulle, Hester.
HesterLeyNel
Jy en Abrie is nou baie lelik met ons buite landse besoekers. Wat het van boere gasvryheid geword? Ek skaam my.
Toortsie
Jammer om te hoor jammer om te hoor.
HesterLeyNel
🎵Ja, ek voel nou sommer goor. Ek voel nou rêrig goor.🎵
Toortsie
Jy sal aansienlik beter voel as jy van daai spul ontslae is.
HesterLeyNel
Hulle laat my dan juis so goed voel 😄
Toortsie
Ek praatnie een woord verder nie.
HesterLeyNel
Ek dink Seegogga moet liewer nie te veel praat nie – die deler is net so goed soos die steler, nè?
seegogga
Nou wat van so ‘n ou meevallertjie om my mond te snoer? Ek het nog nie my deel van die buit gekry nie en eiendomme aan die Riviera raak by die dag duurder.
HesterLeyNel
Sien liewe Abrie en Towerinne, wat het ek gesê van afpersing? Sien julle nou?
seegogga
Liewe Hester, ‘n mens moet mos lewe, dan nie? Net so ‘n ou meevalletrjie is al wat ek vra!
perdebytjie
Ons sal die situasie moet fyn dophou. Meevallertjies betaal nie vir eiendomme aan die Riviera nie. Ek dink tog afpersing gaan ‘n rol hier speel.
seegogga
wel,,, dit hang mos af hoe ryk die ou is wat diee meevallertjie gee, dan nie?
perdebytjie
Ons is baie wat die buit moet verdeel en almal wil soveel as moontlik hê. So ek weet nie of die meevallertjie eers ‘n tuinhekkie op die Riviera sal kan bekostig nie.
seegogga
Vir wie flous jy? Al daardie note? En kas vol goue muntstukke? En sakke vol diamante?
HesterLeyNel
Dit hang af wat snoep mense as ‘n meevallertjie beskou.
perdebytjie
Hehe, ware kleure kom nou na vore!
HesterLeyNel
Ja, Lekkervurig sal maar nog ‘n emmer room moet bring.
seegogga
ai
HesterLeyNel
Oorhandig die verslaggewer aan Pablo
Abrie Joubert
Ek kan nog seegogga se poging verstaan o ‘n stuiwertjie te verdien maar jy met daardie bendespuis!!
HesterLeyNel
Klein misdaadjies, groot misdaadjies – ons ry nou almal in dieselfde helikoptertjie. Bootjie.
Abrie Joubert
Nee ek drink my kakao sonder koka
HesterLeyNel
Loop gee die bank se geld terug, dan sal ek glo dat jy berou het oor al jou misdade.
scrapydo2.wordpress.com
Nou toe nou, sulke ou spookmanne wat hul lus nie kan hou nie. Ek wonder ook hoe vinnig daardie skille geskil word. Ek vermoed mens het net knope en veters sien spat as die nood druk. Daardie baie kinders wys dat daar n spesiale manier moes wees.Ek sie nog n geveg kom tussen Hester en Camilla. Ek vermoed dit sal n hele paar Latynse danse kos om Marco die regte keuse te laat maak. Julle is darem n lekker klomp bymekaar. Ek mis nogal heelwat so ver van julle af. Gelukkig is dit vakansie Vrydag en kan ek rustig gaan sit en kou aan al die segoed.
HesterLeyNel
Camilla ja. Dis jammer ons het die rooi stilettos agtergelaat. Jy moet weet – Ben is ook nog daar iewers op die kantlyn.
Kameel
Ek wil nie nou aan Ben dink nie, hy kompliseer my lewe…. en ek het my hande nou vol met net EEN man. 😍
perdebytjie
Kameel se oge pop nou net hartjies…sy het die skoot hoog deur.
HesterLeyNel
Watter een nou? Vertel!
Kameel
Hester Marais…. Camilla het nog nooit haar hart op enige man verloor nie, sy het geglo sy is immuun (spelling) teen die liefde. Nou brand die liefde soos ‘n vuur binne haar vir Marco, die Latynse offisier. Ek sal jou nie aanraai om met daardie vuur te speel nie.
HesterLeyNel
Vuur brand so maklik uit en dan bly daar net as oor.
Kameel
😢
scrapydo2.wordpress.com
Outsh Het vergeet van Ben. Mmmm, dis n manlike driehoek hier ipv n liefdesdriehoek.
HesterLeyNel
Dis Camilla hoor? Sy is soos ‘n mot wat vlamme aantrek 😖 of so iets. My taal laat my nou in die steek.
scrapydo2.wordpress.com
Smile ek nou vir jou gebrek aan woorde. Dit is n situasie wat mens nogal laat dink hoe dit inmekaar steek.
HesterLeyNel
😀
scrapydo2.wordpress.com
Arme Ben. Hy sal ook nie weet hoe omdinge te hanteer nie.
HesterLeyNel
Daai arme man is die een wat altyd aan die kortste end trek.
Tannie Frannie
Puik verby – praat van ‘n cliffhanger!
perdebytjie
Ek stem saam, Hester het ons boek fantasties afgesluit, maar tog ‘n deurtjie oopgehou met daardie laaste glimlag na Pablo, terwyl Marco steeds styf teen haar sit. Heelwat moontlikhede vir ‘n vervolg….
HesterLeyNel
Dankie Bytjie, maar o liewe aarde, gaan die vriendskapsbande en die humeure dit hou?
perdebytjie
Onderlinge bakleiery oor MANS is net so erg soos praatjies oor godsdiens en politiek. Dus dink ek ons roep liewer halt!
HesterLeyNel
Dankkie Frannie!
Kameel
Perdebytjie, hoe gooi jy kole op die vuur, en wanneer dit vlamvat dink jy dis beter om halt te roep?
perdebytjie
Dis nogal in my geaardheid om dinge op te klits en dan die pad te vat as dit te warm raak.😄👠👠 My tjorretjie se naam het nie verniet ‘n gedeelte in wat ” away” spel nie! 🚚
HesterLeyNel
Haha
lekkervurig
Nee kyk ek sit nou maar hier eenkant en en kyk hoe my maats mekaar
HesterLeyNel
mur?
lekkervurig
Jy het dit gesê😉
perdebytjie
😂😂
wegkruipertjie
En hier gaat ons alweer. Baklei oor die mans, eet ‘n lekkernytjie (met skop of hops) en raak agterdogtig
NS – Hester Marais, waar het jy tyd gevind om daai sexy latynse outjie vir sy naam te vra? Is jy seker dis nie die kortbroek-knaap wat nou jou lyfwag is nie?
Kameel
😀😀😀😀 Lekker laat jy my nou lag!!! Hester en die kortbroek lyfwag!!!
perdebytjie
Weerwraak!
HesterLeyNel
Daai outjie met die kortbroek lyk nie baie Latyns nie?
lekkervurig
….nee ek gaan liewer niks sê nie, behalwe hygend hert Towerinne en Abrie. Julle moet liewer room drink, julle is bra katterig. Dink ons moet die away en die lekker lorrie pak en waai voor ons loodpille gevoer word. Hestertjie het toe die finale plan.
HesterLeyNel
Ja nee, julle moet maar voort vlugtig (get it? get it?), ons dek die agterhoede.
lekkervurig
Ek hoop me Hester Marais besef ek is voort vlugtig oor haar en Pablo se koms. Wil nie bloedbors siekte opdoen nie. Hehe, Punny Hester, punny.
HesterLeyNel
Berry punny
Abrie Joubert
Hester bluf en haar blaf is omtrent so graat soos sersant Gigaba s’n. Moenie dat sy julle bluf nie!
HesterLeyNel
Julle weet natuurlik dat ‘n verskoning (soos in apologie) beter sal werk as al hierdie vingerwysery? Sê maar net.
Abrie Joubert
Nou vra dan om verskoning
HesterLeyNel
Omdat julle my in die steek gelaat het? Daai’s a horror of comedies.
Abrie Joubert
Omdat jy jou van die begin so upstairs en eenkant gehou. Optrede het gevolge en partymaal ly dit tot isolasie. Vra maar vir Julius Caesar
HesterLeyNel
Nou word ek nog beledig ook! Okei, ek dink hierdie verhouding is nou by sy expiry date verby. Ek onttrek my. Gee maar my deel van die geld vir die SPCA.
Abrie Joubert
🐈🐖🐦🐧🐻🐨🐼🦉🦆🐸🐆🐺
HesterLeyNel
??? Jip, die ark staan oop en die diertjies loop los rond.
Abrie Joubert
Laai hulle in die helikopter
HesterLeyNel
Sorry, no more room!
Abrie Joubert
Viva SPCA viva
joke_dev
Kan je nog niet rustig je journaal lezen 😀
HesterLeyNel
Daar is nooit rustigheid saam met hierdie span bloggers nie.
lekkervurig
Jinne, dubbeldik room vir Hester en Abrie. Moer mekaar, ek haat vrede.
HesterLeyNel
Miaau!
lekkervurig
Hester, wat het hulle met jou gemaak daar ver in Colombia…..😢
HesterLeyNel
My kop geswaai, soos wat ons dit in my verre korporatiewe verlede genoem het.
lekkervurig
Flip, ons het moeilikheid. Mens het nie pille vir kopswaai nie. Dit vat tyd en dié het ons nie. Verstaan ek nou voort vlug is beter.
seegogga
Nee, wag dis tyd dat die witblits praat – en Camilla! kliek hier! https://www.youtube.com/watch?v=IDMcWSYali8
Kameel
Dis beautiful 💗
HesterLeyNel
Wow!
lekkervurig
Die helikopter land en stofwolke sif oor die Towerinne. Abrie staan eenkant en skerm sy oë teen die sand. Hester en haar gevolg stap triomfantlik nader. Waarom het ek so nare kol op my maag. Ek sien hoe die polisie Adonis se oë soek na sy Camille. Is dit sweet of trane daar oor sy wange? Stilletjies bid ek dat Camille besef sy sal iets moet doen. Haar geliefde en vriende is te geintimideer deur die goudbeklaterde, in swart geklede spiertiere wat Hester se geselskap uitmaak. “Cookie, what you want to do?” Hester lag. ” Get the gold.”
Sommer so, onthul Hester hoe perfek ons in haar strik getrap het. Ons was die gekke wat gasorg het dat alles gedoen word en sy heel uit die prentjie bly. So meesterskelmbrein.
Skielik spoel die meesleurende musiek oor ons. Camille sans stilettoes, sans blonde pruik, dans super sensueel en al die manne staan oopmond. Getoor…..
Word vervolg of nie.
Baai for now.
HesterLeyNel
Haha, Lekkervurig, jy is ‘n plot twister par excellence.
lekkervurig
Dis daai strategiese beplsnningsessies van Abrie……
lekkervurig
Gesorg, gesorg…flippen autocorrect😉
seegogga
Ek het geweet Camille sal dit regkryet haar dansery! Daie maane in swart is in n kring rondom haar- gemesmerise! Hester klap haar hande..” goud!Nou!” Hulle hoor haar nie. Soos gehipnotiseerders stap hulle al nader aan Camille. Abrie is nie links nie en gooi gou vir elkeen n dubbele shot witblits. Hulle gooi dit sonder om te dink in hulle keelgatte af, hulle oë stip op Camila. Hy gooi gou nog n dubbele . Die manne sluk dit gretig en begin betowerd om haar te dans. Die dans word wilder, meer sensueel. Hulle kom nie eers agter hoeveel shots hulle drink nie . En toe is dit verby. Een vir een begin hulle slinger. En verlep. En uiteindelik op die grond neersak. En in n diepe slaap val…
HesterLeyNel
Whahaha, nou verander die wensdenkery in ‘n sprokie.
Kameel
Camilla se bors dein op en af van uitputting. Nog nooit het sy met soveel oorgawe gedans nie. Sy steur haar min aan die manne in swart wat by haar voete lê. Sy sien hom eenkant staan, Marco met sy Latynse voorkoms en breë skouers. Hulle oë ontmoet, en daar is by haar geen twyfel meer nie – Hy het haar lief. Hy maak sy arms oop en gee ‘n treë vorentoe. Camilla wag nie langer nie; sy werp haar teen sy bors en voel sy sterk arms om haar vou. “Marco,” sug sy behaaglik. Marco lig haar gesig met sy voorvinger op en kyk diep in haar oë. “Ek het jou lief Camilla,” sê hy. ‘n Sagte glimlag vorm om Camilla se mondhoeke. “En ek vir jou,” sê sy saggies. Sy swart kop buig af en sy mond sluit warm oor hare. Die wêreld het gaan stilstaan.
HesterLeyNel
Camilla, jy het jou roeping gemis.
seegogga
Sjoe! Wow!
HesterLeyNel
Sê ek ook
lekkervurig
Nou moet ons net vir Hester bekeer en vir ons weer ‘n plekkie in haar hart kry….of voort vlug.
HesterLeyNel
Die vlug ding klink vir my meer opwindend.
lekkervurig
Boek drie?
HesterLeyNel
Eish!
lekkervurig
Dis wat jy kry as jy ‘n ding begin…..🤣🤣🤣
seegogga
Regkry met…. manne manne manne
seegogga
Hester kyk verslae na die patetiese hopies wat eens haar lyfwagte was. Sy
HesterLeyNel
… lig haar wenkbrou en wonder presies hoeveel die voortvlugtiges gedrink het om sulke verbeeldingsvlugte te kan onderneem.
seegogga
Geleidelik dring dit to haar deur dat sy alleen is. Die vliegtuig se bemanning is onkapabel, en sy het haar ware vriende, die bloggers verraai. Arme Hester, sy voel
HesterLeyNel
… verlig omdat sy haar copter pilot toets geslaag het.
lekkervurig
…voel na haar bergiebek se hand. “Cookie, we have the money. Look your Towerinas are running away.” Sowaar, die spul hardloop dat die stof so staan. Abrie duik agter hops balies in. Lekkervurig gil vir al die ander om op die lekkerlorrie en perdeby se away te spring. Hester lag uit haar maag. “Let’s go. Die perfekte misdaad, al due draaie en boggerops, ten spyt.”
HesterLeyNel
😄 😃 😀 Die perfekte einde
woordnoot
Ek het nou hierdie gelees en ek is siek…..ek het lanklaas so gelag! Die arme ontvangsmeneer oorkant by die tandarts het al benoud hier kom inloer want ek is alleen maar die gille weerklink die gang af!! Dit is briljant! Gaan asb aan
HesterLeyNel
Dankie. Die bloggers is weer vreeslik spitsvondig in hulle kommentare. Hierdie is die laaste hoofstuk vir hierdie vervolgverhaal, want dit raak nou “hoe later, hoe kwater”. Ons sal weer een aanpak sodra die Voortvlugtiges herstel het.
seegogga
O hierdie was n fees. Het my sekfs inspireer om weer te blog. Hou seegogga dop.
HesterLeyNel
Dankie Seegogga, ons sien uit na jou skrywes.