Die perfekte misdaad? Jip, dis waaroor ons gaan skryf, maar hierdie keer gaan die uitdaging ietwat anders verloop. Die bloggers gaan ‘n misdaad beplan en uitvoer (op elektroniese papier mense!) en elkeen wat deelneem aan die misdaad, gaan ‘n blog daaroor skryf.
Ons het ‘n maand, van 1 Februarie tot 1 Maart om die misdaad uit te voer. Die skakel se tyd op InLinkz kan verkort of verleng word, afhangende van hoe goed (of sleg) ons poging tot misdaad vaar.
Hoe gaan dit werk? Ons gaan ‘n “tag”-speletjie speel. Elke blogger wat genomineer word, moet sy haar blog plaas en ‘n skakel op InLinkz sit binne 3 dae nadat hy / sy genomineer is. Die blog hoef nie lank te wees nie – ±500 woorde is genoeg, maar jy kan maar meer ook skryf.
- Ons eerste genomineerde blogger (Abrie) gaan wegspring en vir ons ‘n misdaad uitdink wat ons gaan uitvoer op die Scene of the Crime. Hy moet seker maak dat ons presies weet wat die misdaad is, waar op die perseel dit gaan plaasvind en watter soort talente / gereedskap ons nodig sal hê. Dan gaan hy ‘n blog plaas daaroor.
- In Abrie se blog gaan hy die tweede blogger “tag” en ‘n opdrag aan hom / haar gee: Hierdie persoon moet binne 3 dae in ‘n blog ‘n opsomming maak van watter take uitgevoer moet word (in chronologiese volgorde). Voorbeelde van take: (a) verkenning van terrein (b) omkoping van burokrate (3) aankoop van gereedskap en voorgeskrewe kleredrag. Hierdie is net voorbeelde. Blogger nommer 2 gaan in sy / haar blog die derde persoon “tag” en opdrag gee om die eerste taak uit te voer.
- Blogger 3 gaan die taak uitvoer wat deur blogger 2 aan hom opgedra is en binne 3 dae in ‘n blog verslag lewer van wat gedoen is. Beide suksesse en mislukkings moet gerapporteer word sodat die volgende blogger presies weet watter gevare vir hom voorlê en of die plan dalk aangepas moet word. Blogger 3 nomineer dan weer die volgende persoon (van sy eie keuse) vir die volgende taak.
- Ens. Een persoon mag meer as een keer genomineer word, maar kom ons probeer almal ‘n kans gee om deel te neem. Die struktuur is opsetlik “los”, sodat ons plot twists kan bylas om die storie meer interessant te maak.
Ek hoop dis duidelik. Die hele doel is om te sien hoe naby ons aan die oorspronklike misdaadplan kan bly (hoe suksesvol ons is) of hoe ver ons afdwaal (watter patetiese misdadigers ons is). Gaan ons die misdaad suksesvol pleeg? Dit hang van die misdadigers af!
Dis belangrik om die skakels op inLinkz te plaas want … verrassing! … wanneer die misdaad afgehandel is (geslaagd of nie), gaan ek ‘n sagteware-programmetjie inspan om al die blogs in chronologiese volgorde in boekvorm te plaas! Net vir die pret! Ons kan dit uitdruk (print) en vir vriende gee om te lees.
Bloggers wat graag wil deelneem, moet asseblief aandui dat hulle gaan saamspeel en probeer om nuwe mense te betrek. Lewer kommentaar (opbouende kritiek sal welkom wees!), gee raad en lag saam. Fotos sal welkom wees!
Vir julle deelname aan ons Lê-Jou-Eier uitdaging oor politiese korrektheid sê ek baie dankie. Jammer my leeswerk is ‘n bietjie agter, want ek was ook besig met ‘n ander bloguitdaging. Ek gaan opskud om by te kom.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
christa in thailand
Natuurlik! Ek wou nog altyd … maar hoe “tag” mens? Noem jy net die naam? Onthou net: as ons tronk toe gaan, ek slaap op die boonste bed!
HesterLeyNel
Haha, dis ok, ek kan nie opklim tot daar bo nie – ek het mos ‘n knieg! Jy “tag” ‘n persoon deur ‘n skakel te gee na sy blog toe. Voorbeeld (terwyl jy werk in edit mode): in jou blog noem jy my naam as die persoon wat getag word. Gaan dan na my blog toe en copy (ek druk Ctrl-C op my sleutelbord) my blog URL http://www.hesterleynel.co.za. Gaan highlight my naam in jou blog en paste (ek druk Ctrl-V op my sleutelbord).
christa in thailand
Ooooo!! Oukei! Dankie, Hester! Ek was een van die jongstes in ‘n gesin met 7 kinders, so bo slaap was nog altyd net ‘n droom … 🙂
HesterLeyNel
benoud Ek dink tog ons moet uit die tronk probeer bly, so probeer jou bes om ‘n goeie misdadiger te wees. Ek doen nie goed op ryswater vir ete en koue water vir stort nie.
Toortsie
Dis belangrik dat jy eerder ‘n bloginskrywing tag as net die blog. As jy die bloginskrywing tag, stuur wp vir die persoon ‘n kennisgewing dat hy getag is. As jy net die blog tag, weet die oersoon dit soms nie.
HesterLeyNel
Ai tog, WP! Die probleem is dat daar in hierdie geval nog nie ‘n bloginskrywing sal wees om te tag (pingback) nie, want die persoon moet dit nog skryf. Ons moet maar net seker maak dat ons die volgende genomineerde persoon bereik deur middel van sy / haar kommentare op die blog – dit kom gewoonlik op die regte plek uit. Hopelik sal belangstellendes darem ook almal die blogs lees en byhou met wat aangaan.
Toortsie
Ek stel steeds voor dat mens maar ‘n bloginskrywing van die persoon saltag, al is dit sy blvorige een. Of jy kan hom gaan sê by ‘n kommentaar.
HesterLeyNel
Ons sal roep tot die genomineerde antwoord.
Toortsie
😁
lekkervurig
Ek laaik die plan.
HesterLeyNel
Ek hoop jy is ‘n goeie misdadiger!
lekkervurig
Ek praat nie uit nie. 😉
perdebytjie
Ek klink nou dom…waar kry mens hierdie InLinkz?
HesterLeyNel
Kyk onderaan my blog is daar ‘n prentjie van ‘n paddatjie waarop jy kan kliek of volg die skakel wat ek net onder die paddatjie geplaas het. Enige een van die twee vat jou na die InLinkz bladsy toe waar jy jou skakel kan aanheg deur op die blou “Add your link” blokkie links onder te kliek. As jy hulp nodig het, kan jy hier kyk hoe om jou skakel by te voeg http://www.hesterleynel.co.za/2017/08/22/le-jou-eier-hoe-neem-ek-deel/
perdebytjie
Baie dankie, Hester. Ek is tegnologies erg gestremd.😜
HesterLeyNel
‘n Probleem is net maklik wanneer ‘n mens weet hoe om dit op te los. Noudat jy weet, gaan jy nie meer gestremd wees nie.
Travel460
Ek ook! Ek ook!! Moenie van my vergeet nie!
HesterLeyNel
Hoe op die liewe aarde sal ons jou nou vergeet? Wanneer is jy terug in die land?
Travel460
Net wanneer julle my nodig het vir die misd…vir DIE PLAN…🤗 Maak nie saak nie, ek is enige tyd game.
HesterLeyNel
Oukei, jy’s so in soos Flynn! Wie is Flynn? Ek dink hy was ‘n seerower. Goeie misdadiger.
Toortsie
Onthou Una is nie regtig in Bali nie, dis net ‘n alibi.
HesterLeyNel
Haha, weet Una dat jy aan haar dink as ‘n moontlike seerower?
Toortsie
Ons verstaan mekaar. 😁
Kameel
Ek hoop werklik hierdie kite vlieg lekker hoog!!! Ek mag seker nie nou kop uittrek nie? Ek is in!!
HesterLeyNel
Vir die ouens wat agterna kop uittrek, gaan ons die chicken dans doen.
Abrie Joubert
Hulle wat kop uittrek word gevonnis na Frankryk waar hulle kop gaan verloor. Ai die dae van die guillotine is so nostalgies…
HesterLeyNel
A Tale of Two Cities
Abrie Joubert
Inderdaad
rondomtaliedraai
Oulikr plan!
HesterLeyNel
Ja, ons dink almal so. Gaan jy saamspeel?
rondomtaliedraai
Ek dink…ek dink…
HesterLeyNel
Verras ons met ‘n positiewe antwoord.
rondomtaliedraai
Ek dink nog…
HesterLeyNel
Die Denker 😕
Abrie Joubert
Ek is beindruk met Tina se denkery!!
HesterLeyNel
😄 Ons wag nou net in spanning op die uitspraak van al die denke.
sonell
Oe! Ek wou nog altyd ‘n moord pleeg (skryf) 😜 Ek is beslis in.
sonell
Ek kyk genoeg Crime Channel. Hehehe!
HesterLeyNel
En ek lees graag moordspeurverhale (speurmoordverhale?). Makisakie, jy weet wat ek bedoel. So ja, ‘n moord mag dalk nie uitgesluit wees nie.
HesterLeyNel
Jou wrede vrou
sonell
Hahahahahahaha!
Abrie Joubert
Ek het nie ‘n moord in gedagte gehad nie maar dan ek laat net die skoot klap met die wegspring. Of die skrywers atlete daarna die pistool op mekaar rig is nie binne my beheer nie. Terloops ek is besig om al die hare uit my kop te trek so gestres is ek oor hierdie opdrag!
sonell
Lekker lag ek nou!
HesterLeyNel
Nee wat, dit kan maar ‘n per ongeluk moord wees wat Sonell uitvoer wanneer sy haar opdrag uitvoer. “You only had one job!”.
HesterLeyNel
Mmmm … jou hare?
Toortsie
Ek us nou skoon gespanne! 😂😱
Doctor Jonathan
I hope everyone that participates has a lot of fun. A month log event should draw quite a bit of interest. Great concept!
HesterLeyNel
Thank you. These bloggers are quite innovative and motivated. Someone has insisted that we have a murder in the tale. Be afraid!
woestynkind
Eks in !!!! Moet ek nou by paddetjie gaan kyk?
HesterLeyNel
Ja, jy kan nou gaan kyk. Daar is op die oomblik net twee inskrywings – hierdie aankondiging en dan Abrie s’n. Hy was genomineer om die eerste inskrywing te doen en dan die volgende persoon te nomineer. Ons gaan een-een op ‘n slag skryf in die volgorde wat ons genomineer word. Ek is volgende aan die beurt en moet binne drie dae my blog plaas waarin ek die verhaal verder voer. Intussen lewer die blogger kommentaar op die verloop van die verhaal. Ek sal ‘n lys opstel van almal wat graag wil deelneem, sodat ons weet wie genomineer kan word.
woestynkind
Hester, ek sien ek is volgende genomineer. Ek sal regtig eers moet opswot . Ek is nie elke dag in blogland nie, en dit lyk my almal praat saam gelyk. Wanneer moet ek publiseer?
HesterLeyNel
So binne drie dae nadat jy genomineer is.