Baie dankie aan almal wat so lekker saamspeel. Verlede week se opdrag Wat sal ek saamvat? het groot drome en lang besprekings uitgelok. Wie weet, dalk pak al die bloggers wel nog ‘n gesamentlike seereis aan iewers in die toekoms.
Die onderwerp vir hierdie week (28 September – 5 Oktober 2017): Vertel ons waarvoor jy bang is. Is dit iets tasbaar soos slange en spinnekoppe, of dalk iets wat net in die verbeelding wakker word – die boogeyman onder die bed? Waar het die fobie ontstaan en hoe hanteer jy dit?
Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.
Kameel
Una se daggaplantjie eiland maak my bang 😁
HesterLeyNel
Soms moet jy jou vrese konfronteer. Storm die eiland, pluk die plantjie uit, sny hom in fyn kerfies en kou dit … o nee, wag, skrap die laaste deel.
Kameel
Lekker kry ek nou vir jou plan van aksie. Wonder of Una my ooit sal vergewe?
HesterLeyNel
Nee, jy vat dan nou haar troosdingetjie weg.
rondomtaliedraai
Ek het lekker gelees verlede week
HesterLeyNel
Ja, dit skort nie aan verbeelding hier rond nie 😄
travel460
Julle is hard op my plan…plantjie… Maar toemaar, ons sal sien hoe vinnig kom koop julle dagga koekies by my. Na so 8 maande is almal se stories anders…😂
HesterLeyNel
Haha. Die vrou van een van my man se kollegas het na bewering dagga-kolwyntjies gebak vir haar vriendinne. Haar kinders kon nooit verstaan hoekom hulle toegelaat word om aan al die kolwyntjies te proe, behalwe die sjokolade-kolwyntjies. Sy was natuurlik bang sy kry die klomp deurmekaar en die teenwoordigheid van die dagga kan makliker weggesteek word in die donker kolwyntjies.
travel460
🌴😐🙈🤔
travel460
Geen ruiltransaksies nie. Harde kontant.
HesterLeyNel
Klink na goeie besigheidsbestuur. Het jy dalk ‘n stel afgetrap waarvan jy graag wil vertel? Is daar ‘n storie aan verbonde? Jy moenie sulke vae leidrade uitdeel nie – jy weet my nuuskierigheid ken geen perke nie.
travel460
Hierdie is coping skills op die oomblik. Geen vorige ondervindings met die plantjies of koekies nie. Net vriende wat sweer Canabis heel als. Bertus is ń openbare spreker wat genooi word om by hoërskole die kinders te kom waarsku teen dagga. Hy werk saam met die polisie. So, Hester. Doodgewone stories opmaak. Maar. Vanaand… F…k.
HesterLeyNel
Sommige dae, ja … sommige dae wil jy ‘n trooskombersie hê.
travel460
Jy verstaan, ek weet.🌸
scrapydo2.wordpress.com
Dis hier in NZ n groot kopseer vir regering en polisie. Daar word gespook om kanabas wettig te maak vir heling! Daar is natuurlik baie misbruik hier.
HesterLeyNel
Hier mag jy dit gebruik by jou huis, maar om dit te kweek of aan te koop is nie wettig nie (?!) Intussen, rook, snuif, kou en spuit die volk alles in wat hulle in die hande kan kry.
christa in thailand
Hoor hier. By my laaste SA skool verkoop ‘n meisie muffins. R3 vir een. Haar pa is ‘n reverend en dis vir die kerk. Ek koop. Natuurlik koop ek. Sê keep the change en alles. Wil ‘n happie vat so tussen die werk deur maar neeee hoor. Dit ruik af. Gooi skelm weg. My vriendin vra pouse of ek gekoop het, want sy kon dit ook nie eet nie… Ons besluit ag shame… dit was goed bedoel. Knap voor skool uitkomtyd is daai HELE klas hoog soos ‘n kite, behalwe die reverend se kind en haar maatjie. Daggamuffins, alles ten bate van die kerk!!
Maar, my sussie het MS en rumathoid arthritis (jip – dubbeldoor) en cannabis-olie gee vir haar gróót verligting van gewrigspyn.
HesterLeyNel
Ook maar goed jy het gedink dis af! Haha. Hier by die hospitaal in Port Shepstone ontmoet ons gereeld een van die pasiënte wat sy eie olie brou. Hy het vele kliënte wat sommer hulle voorraad kom haal by die Outpatients wanneer hy daar is en hulle sweer daarby vir pyn, naarheid en ongemak. Net een druppeltjie in jou melk voordat jy bed toe gaan en jy slaap soos ‘n baba, sê hulle.
Toortsie
Reg so. Jy het sowaar die interessantste idees. 😁
HesterLeyNel
🙂
Toortsie
Ek dink ek moet nou heel eerste al die eilandstories lees. Ek viel vreemd hier rond, asof ek vergete en alleen is op my eie eiland. Julle het my sowaar nie kom soek nie. ☹️
HesterLeyNel
Geduld Vrou. 😳
aj vosse
Ek is bang jy gee my ‘n klap teen die kop… oorienteer! Een teen die oor land op die teer! 😉
NS – Net so by the way… lees julle al? :/
HesterLeyNel
Nee, nie ‘n woord nie. Ons hardloop rond van een dorp na die ander om by vriende wasgoed te was en te bad. of hulle kom na ons toe. Het jy my blog gelees https://hesterleynel.wordpress.com/2017/09/27/eerste-wereld-probleme/? Dis ‘n moerse gemors – hulle “roteer” die waterskedules sonder vooraf inligting. Wie ookal water het help die ander uit. My seun het 14 dae hier gekuier onder hierdie dismal omstandighede en is vanoggend terug JHB toe.