Die onderwerp vir hierdie week (21 – 28 September 2017):
Wie van julle het nie die fliek Cast Away van Tom Hanks gesien nie? Kyk by Wikipedia vir inligting. Die film handel oor die hoofkarakter wie se vliegtuig tydens ‘n storm in die see beland. Hy slaag daarin om homself te red, maar beland op ‘n verlate eiland. Daar woon hy ‘n paar jaar lank, heeltemal alleen, sonder enige kontak met die buitewêreld. Hy vind tussen die goedere wat saam met hom uitgespoel het ‘n bal, en verf ‘n gesig daarop. Vanweë sy eensaamheid, begin hy met die bal praat en beskou dit as ‘n vriend.
OPDRAG: Verbeel jou dat jy jare lank alleen op ‘n eiland woon. Die lewe op die eiland is van so ‘n aard dat dit in al jou basiese behoeftes voorsien; jy het niks meer nodig om te oorleef nie, maar daar is die eensaamheid wat jou pla. Watter een van jou persoonlike besittings (wat natuurlik toevallig saam met jou in die vliegtuig was … verbeelding mense!), sal jy gryp en saamvat wanneer jy uit die vliegtuig klim? Hoekom juis daardie artikel?
Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.
Hier "blok" Ek!
Hester, Hester, Hester en ek dog jou grafskrif was moeilik… nou doen jy dit??? 😉
HesterLeyNel
😀 Hierdie keer is dit darem nie morbied nie?
Hier "blok" Ek!
True that…
rondomtaliedraai
Ek sien uit na almal se stories
Toortsie
Jy hag ook deelneem. Doen dit op die Rondomtaliedraaimanier met prentjies! 😁
rondomtaliedraai
Ek sal daaroor dink … dit sal oorspronklike foto’s moet wees
Abrie Joubert
Hierdie keer weet ek danksy ‘n kommentaar van Una op my blog nou al wat die voorwerp is (maar nog nie die storie nie)
HesterLeyNel
Ek kan weer nie ‘n blog skryf voordat ek nie ‘n prentjie het nie. Ek kry die onderwerp, soek die regte prentjie en die storie vloei vanself.
scrapydo2.wordpress.com
Ek kan nogal n ware storie vertel van amperse afsondering met net…! Sal nog eers bietjie dink daaroor. Sal egter lekker wees om so alleen te wees!
HesterLeyNel
Nee! Ek hou van rus en vrede, maar heeltemal alleen? Dit sal nie vir my deug nie.
Toortsie
Hester! Vir jou kan ‘n mens ook nie ‘n pinkie aanbied nie, dan gryp jy tot by die elmboog! Kyk wat grawe jy nou weer uit!
HesterLeyNel
Kyk hoe lekker kan jy nou jou verbeelding vrye teuels gee!
Kameel
Ek dink ek sal jou saamvat…. lyk my jy sien kans vir die onmoontlike.
HesterLeyNel
Haha, ek is nie juis ‘n goeie kampeerder nie – daai eiland sal al die nodige luukshede moet hê.