Ek skryf elke jaar oor lentedag (kyk maar na my vorige inskrywings by die skakels hier onder) en elke jaar raak ek meer en meer oortuig daarvan dat 1 September elke jaar die koudste, mislikste dag van die jaar is.
2015: Dis heerlike lente, die winter’s verby
2016: ‘n Soete Lentedag
Hierdie jaar gaan ek vroegoggend die beginsel van “the power of positive thinking” toepas en kyk of my lentedag 2017 nie dalkies net heerlike op-die-strand-loop weer gaan bring nie. Ek gaan nié weer weeklaag en kerm nie. Dus, sonder verdere omhaal gaan ek fotos plaas van hoe ek met volle verwagting daarna uitsien dat my EN jou lentedag sal vertoon. Hierdie is my gunstelingkleure (helder geel, diep oranje, skreeu-rooi), die kleure van die son. Alle fotos spesiaal vir ons geneem, hier in ons kontrei, deur my gunsteling fotograaf. Dankie Karen.
- Yellow and orange hibiscus
- Orange hibiscus
- Red hibiscus
- Orange Lobster Claw
- Orange Coral tree flowers
- Red Bottle Brush
lekkervurig
Ek is vrolik saam met jou. My toonnaels is bloeiselpienk geverf, ho-la-dri-o-ha…
HesterLeyNel
Dis goed! Die weer het my in die steek gelaat, maar newwermaaind, ons kan nog steeds vrolik bly 😄
lekkervurig
Dis hier in die Verre-Noord ook oorwolk….die pienk tone is nou maar die vrolikheid en dis Vrydag…ons gaan vanaand lekkervurig braai!
HesterLeyNel
Ag geniet dit en ‘n lekker naweek ook vir jou.
travel460
Hierdie is voorwaar die manier om ń lentedag te begin, Hester. Met die mooiste van rooi kleure. Geniet jou strand-stappery, sommer vir my part ook!
HesterLeyNel
Ek is bevrees dat ons maar vandag warm kerrie gaan eet en na fotos van mooi blommetjies gaan kyk. Ek hoop die foto hegreg aan – kyk na die windspoed!
https://hesterleynel.files.wordpress.com/2017/09/weer.jpg
seegogga
Dit lyk vir die eerste keer in jare of ons lentedag hier op Bredasdorp n lentedag ipv n koue triestige winterdag gaan wees. Hoop joune is ook!
HesterLeyNel
Nee, ons weer is maar gagga, maar lentedag sal ons vier, al is dit met sweetpakke aan. Geniet julle dag.
wegkruipertjie
Did nogal nie te sleg hier in Gauteng nie. Ek het ‘n vrolike blommerok (kortmou) en sandale aan (met vreeslike wit bene wat uitsteek) en gister het ek …. my hare pienk gaan kleur. Nuwe seisoen, nuwe begin, ek kan nie wag nie
HesterLeyNel
Dis die regte houding! Baie mense verwys na lente as die seisoen van vernuwing. Pienk hare klink na ‘n goeie begin. Ek hoop jy geniet jou lentedag en die res van die seisoen.
Tannie Frannie
Hier is dit mooiweer en warm.
Ons het op skool die 1ste Sept. na somersdrag oorgeskakel en dit was klokslag bitter koud. My pa het gese as die skoolhoof se dis lente, dan IS dit lente.
HesterLeyNel
Ja, die skoolhoof was destyds een van die gerekende manne in die dorp, so hy kon seker maar die weer reël soos wat hulle wou 😀
kethuprofumo
Fabulous plants! Thank you, dear Herster!
rondomtaliedraai
Pragtige blomme… hier het die dag mooi uitgedraai!
HesterLeyNel
Ons gaan vir die volgende week nog smartlik leef met die wind en reën. Ek hoop tog net ons kry die laaste twee weke van September ‘n bietjie goeie weer – familievakansietyd.
rondomtaliedraai
Ek sal vir julle duime vas hou!
HesterLeyNel
Dankie 🙂
shadowwhisper
Sjoe die blomme is pragtig!
HesterLeyNel
O ja, die kleure laat my senupunte vibreer van lekkerkry 🙂