… of is dit. Hoekom waai hierdie wind dan so ysig koud van die see af? Ek het hierdie selfde treurmare verlede jaar aangehef in ‘n Soete Lentedag, maar dis nou nie asof die natuur na my gaan luister nie; ek kan net sowel ophou kerm.
Ons het darem hierdie week ‘n paar heerlike warm dae gehad en ou Genis het selfs kans gesien om in die rivier te swem. Ek is nog nie so dapper nie. Vandag was egter so ‘n bietjie triestig en ek het besluit om myself op te beur met fotos van blomme in ons tuin daar doer in Gauteng, wat altyd so ‘n lieflike somersprentjie geskep het.
Ons tuin, met lowergroen grasperke onder hoë bome, was soos ‘n koel oase in die somer. Ek kon in die middag na werk en na ‘n lang warm rit op die snelweg, nie wag om my skoene uit te trek en my voete te laat wegsink in die gras terwyl ek my man se tuinery bewonder het nie.
Hier is so ‘n paar van my gunsteling blomme met wense aan almal vir ‘n lieflike lente en ‘n genotvolle somer.
shadowwhisper
Pragtige fotos Hester. Hier by ons was dit so warm vandag ek het gedink ons gaan vir die eerste keer in Jare ‘n warm lente dag hê. Toe is daar ‘n sonsverduistering en die dag word koud!
HesterLeyNel
Ons het so ‘n bewolkte dag gehad dat ons nie son of maan gesien het nie. Tsk!
shadowwhisper
Hier was dit glad nie bewolk nie, maar ek het nie die verduistering gesien nie
rondomtaliedraai
Sjoe dis pragtig
HesterLeyNel
Dankie, die tuin was my man se groot trots
Tannie Frannie
Pragtige blomme! Tuiniers is wonderlike flukse mense, want dis harde werk!
HesterLeyNel
Dit is, maar die beloning is die moeite werd!
coetzee2014
Baie mooi. Weet nie mooi wanneer om foto´s te neem nie, want daar is so baie skadukolle. Die bougainvillas is nou ´n prentjie hier, wens net almal wil gelyk blom.
HesterLeyNel
Dis nou een plant wat ons nooit aan die lewe kon hou in daardie klimaat nie. Hier groei hulle sommer wild en blom ook baldadig hierdie tyd van die jaar, allerhande kleure.
ddupl3ss1s
Ai ai dit is die allerpragtigste tuin.. groen- of is dit groeihande
HesterLeyNel
Dankie, ja daar het ons almal baie moeite gedoen om ons eie stukkie natuur buite te skep en mooi te maak. ‘n Gerieflike en mooi tuin by elke huis is amper ‘n moet.
Spokie sny spoor
Wow! Pragtige fotos/blomme. Jy maak my sommer vrolik saam die veld …
HesterLeyNel
😀 Dankie vir die inloer
nowathome
Pragtige blomme Hester! Ja hier by ons was dit gister ook maar ‘n trietsige dag!
HesterLeyNel
Die amptelike lentedag is maar altyd so vaal en koud. 😀
nowathome
dis waar…
monicahaddad01
Ek voel inderdaad opgekikker want hier by my het ek nou die kaggeltjie aangesteek….
HesterLeyNel
Haha, ek hoop jy het ‘n lekker sjerrie om jou verder te verwarm
Toortsie
Heerlik kleurvol.
aj vosse
Ai… dit laat my verlang na dae wat ek nou net in die duistere verte van vele jare se verlange laat verlang… as jy verstaan wat ek bedoel?!?
Hier’s ‘n stukkie opkikkering… elke keer as jy wonder oor die koue… dink net daaraan dat julle winter mees dae beter is as on somer! :/
HesterLeyNel
Dankie, dit laat my beter voel. Ek wonder net oor wat met ons weer gebeur – is ons besig om pole te ruil of kry ek net kouer omdat die beendere bietjie ouer word?
aj vosse
Ek wil nie altyd die gemors van die slim wetenskapliks glo nie… die aarde gaan deur haar eie rukke en stote… die mens se invloed is minimaal. Ja-nee kyk… die ou beendere is nie lief vir die koue nie!! 😉
HesterLeyNel
Dis wat my man ook sê, die natuur gaan sy gang; die mens ag homself te belangrik in die verloop van sake.