Liewe Karen,
Ek kan sien jy is sommer net moedswillig vandag; jy wil nie my kombersie op die lessenaar oopvou sodat ek in gerief kan lê en slaap nie. Dit het niks te doen met die feit dat jy kastig besig is nie. Ma sit ook daar aan die anderkant van die tafel en maak asof sy my nie raaksien nie.
Weet net, ek kan hierdie speletjie net so goed soos julle speel. Ek gaan nou mooi netjies opgevou bly sit op hierdie tiesjoe, totdat julle besluit om my te behandel soos ‘n ordentlike kantoorkat!
Liefde, Ponsie
travel460
😂🤗Presies wat sy gesels, ek kan al hoor!!!!
HesterLeyNel
Sy is ‘n regte bedorwe brokkie
travel460
Sy is pragtig.
HesterLeyNel
😀 dankie – dis ons baby
rondomtaliedraai
Twee pragtige foto’s
HesterLeyNel
Dankie, dis nie aldag dat sy stilsit vir fotos nie
Blog Andrew
🙂 What an adorable pussy cat.
HesterLeyNel
Thank you, Andrew, she is
Tannie Frannie
Sulke netjiese pootjies
HesterLeyNel
Haha, daai rooierige pootjies is eintlik die probleem waarom ons haar nie naby die rekenaars wil hê nie. Dis rooi tuingrond waarin die klein klits rondgerol het.
Tannie Frannie
Rooi tuingrond is so klewerig – ek onthou nou nog my skoolsokkies en die stryd om hulle weer wit te kry!
HesterLeyNel
Hierdie is gelukkig nie die rooi klegrond wat ons in Gauteng gehad het nie. Ek onthou as jy daar kaalvoet geloop het, het jy sulke klein barsies in jou voetsole en hakke gekry wat jy gedurig moes afskuur.
Tannie Frannie
Jaaa! My skoonsus het ‘n spesiale skuurklip gehad 🙂
HesterLeyNel
Jip, ek het nie ‘n klip gehad nie, maar iets wat meer soos ‘n kruising tussen ‘n groot naelvyl en ‘n klein raspertjie gelyk het. Gelukkig hou die seesand nou my voete so glad soos bababoudjies.
Aspaai
Hahaha nes kat se kind is. Dit het my nou lekker laat skaterlag. Dankie vir die deel.
HesterLeyNel
😀
poerdez
‘n Lappieskat!!!! Ons het lappiesbrakke …. maak nie saak hoe klein daardie lappie is nie, hulle SAL op hom sit. Of dan nou ‘n stukkie koerantpapier as dit moet ….
HesterLeyNel
Haha, dis dalk nie so gemaklik soos vir ‘n kat nie. Honde is nie so soepel nie en ons Genis is doodeenvoudig te dik.
Net Ek
Ag ek sal haar opsoen!
Sy is te pragtig <3
HesterLeyNel
Dankie, maar selfs ek soen maar versigtig daar – sy kan lekker bitsig raak as jy sonder spesiale toestemming aan haar raak!
Net Ek
Oeg toemaar, my ou Jack kat is net so erg. Hy regeer die huis. Simone is maar ‘n aandag-tert jong, sy skuur tot die honde op vir ‘n bietjie liefde!
HesterLeyNel
Sommige katte floreer op aandag. Ons ou huiskat het ook graag skootgesit, maar hierdie een was (letterlik) van die straat af gered as ‘n babatjie en ek dink die wilde instink is nog daar.
Net Ek
Sy is te pragtig!
Hier "blok" Ek!
Lekker lag ek nou vir Ponsie die mooi kantoorkat…
HesterLeyNel
🙂
trommeltjies
Nou maar hoe is dit met julle dat sy so hard moet praat vir n ou bersie?
Mal oor die lappies honde Poerdez.
HesterLeyNel
😀
Lewies Mymer
Kat se kind!Meester van die situasie!
HesterLeyNel
Hulle het die kuns van manipulasie goed onder die knie.
shadowwhisper
die kat sal altyd koning(in) wees in die huis. Ai Ponsie is pregtig
HesterLeyNel
Dankie Wolfie, sy is
Eveline Lenderink
😂😂😂😂, zuid afrikaanse katten zijn geen haar beter als de nederlandse monsters. ❤️❤️❤️
HesterLeyNel
Nee, hulle nukke en grille is presies dieselfde 😀
Abrie Joubert
Hester hierdie kat aard na jou rooi grond en op tissue sit en al. Ek haal aan uit ‘n kommentaar van jou: “Nee dankie, ek sal maar net daar op die Rooi Kol bly staan”.
https://abriejoubert.wordpress.com/2016/06/17/die-mooi-jong-amerikaanse-dokter-die-rugbesering-en-die-kangogrotte/
HesterLeyNel
Ja, moet wees. Jy weet mos dat ek in ‘n halfwoestyn gebore en getoë is (Namakwaland), so ons is geestelik verbind aan die grond.
joke_dev
Hahaha die poezen hé, kunnen lekker eigenzinnig zijn…
HesterLeyNel
Ja, hulle is mos baas in die huis 😀
joke_dev
Heb ook twee poezen!
HesterLeyNel
Hierdie is my laaste baba en sy is twaalf jaar oud. Ek wil nie weer diere kry nie, want dit maak te seer as hulle afsterf.
woestynkind
Niks om by ‘n kat nie. Dankie vir die deel
HesterLeyNel
Hulle is dierbaar en ons is die tipe mense wat ons diere deel van ons gesin maak. Ons kyk mooi voordat ons ‘n deur of ‘n venster toemaak net ingeval daar ‘n gekko of ‘n akkedis moet buite slaap as ons dit doen.
Kameel
Ag Hester dit is nou net te dierbaar 🙂 Het gister juis so gelag vir fotos van katte wat in die eienaardigste plekke inklim om te lê. Die een se voorpote pas net in ‘n kleine boksie…. maar sit die sit hy soos Ponsie op sy tiesjoe. 🙂
HesterLeyNel
Een van my gunstelinge wat ek op die internet raakgeloop het https://hesterleynel.files.wordpress.com/2017/08/cat-in-a-bowl.jpg
Kameel
Jaaaaaa daardie foto was ook tussen die klomp….. dit is te ougat.
Intussen vries ons hier bo…. die eerste keer diè winter dat ons wens ons het ‘n verwarmer. Het ‘n gas een, maar die plek is klein, en die gasreuk oorweldigend…. dus gebruik ons hom nie. Vanaand gaan die elektriese kombers vroeg aan!!!!
HesterLeyNel
Kan jy glo dat my gas heater nou aan is? Nooit gedink ek gaan sulke koue hier beleef nie.
aj vosse
Katte… hulle vattiekakkie… van nemand nie!! 😉
HesterLeyNel
Nee, veral nie hierdie bedorwe brokkie nie
aj vosse
Bedorwe? Ek sou nooit kon dink nie! 😀