Nadat ek maande lank kwaad was oor my internetlose toestand sou mens kon dink dat ek nou heeldag op sosiale media en in blogland sou spandeer. As iemand dalk gewonder het oor my afwesigheid hier kan julle dit toeskryf aan die volgende faktore:
- Die son skyn. 🌞
- Die vuurpyle het begin blomme uitstoot. Net anderkant die Mhlangamkulurivier op pad na Seapark toe staan daar rye van hulle bo-op die sandduine. Ons loop feitlik daagliks die ±4 kilometer strandlangs om te gaan kyk of die kelkies al oopgemaak het. Vir fotos natuurlik! 📷 Die foto hierbo is hier onder teen die pad geneem.
- Die walvisse is hier! Ons het vanoggend vroeg al ‘n burger gaan eet by die strandrestaurant en het nou eers teruggekom. Tipies binnelanders (voormalig) het ons oor die tafel vir mekaar gesit en gil: “Kyk! Net daar regs van die hoë rots. OMG! Daar is ‘n hele skool!” 🐳
- Ons is besig om die tuin te herplant met behulp van die kwekery in die dorp en die vriendelike mense wat pragtige plante op hulle sypaadjies het. Ons vat ‘n snoeiskêr saam wanneer ons in die woonbuurt rondstap. 🌺
- Ons is op ‘n ontdekkingsreis deur die winkels in die dorpe rondom ons: tweedehandse ware, vars plaasmelk, ou boeke, vars vrugte en groente, chelsea buns, kruie en speserye, en … en … 🍅🍏
- Ons leer om te kook met regte Oosterse kruie en speserye. Ons het nog steeds daai bottel Eno op standby. 🍗🍲
- Ons swot ‘n aanlyn kursus in rekenaarkodes en -programmering. Ons kliënte verwag van ons om op datum te bly met nuwe verwikkelinge. 🎓
Nou weet julle.
lekkervurig
Dis baie wettige redes om nie te blog nie….geniet jou gate uit! Blog net vir ons ‘n walvis foto!
HesterLeyNel
Hulle is so ‘n bietjie ver van ons af vir die kameratoerusting wat ons gebruik 🙂
Kameel
Hester as ek mag vra…. waar bly julle nou? Ag, dis walvistyd en ons is nie daar nie. Verlede jaar so op die stoep gesit en walvisse kyk…. dit was ‘n belewenis. Hierdie jaar het ons te vroeg gaan kuier. Geniet die lewe vrou…. julle is mos by die see!!!
HesterLeyNel
Ons is in Southport Kameel, net so ‘n katspoeg van Port Shepstone af. Sheppies en Shelly Beach is waar ons nou inkopies doen.
Kameel
Dan is ek sommer ‘n katspoeg van jou af wanneer ons by my seun hulle gaan kuier. Shelly Beach is maar ‘n besige plek… maar ons geniet dit werklik om te gaan kuier. Daar is net so ‘n lekker atmosfeer by die see. Enjoy!!!
HesterLeyNel
Dankie 🙂
kethuprofumo
What a funny plant, Hester! What is it?
HesterLeyNel
Your question caught me off guard there for a moment until I realised not all bloggers live in South Africa! 😀 This succulent belongs to the Aloe genus and is very common in this area. I’m not going to put my neck under a guillotine for this, but I think the correct identification for this one is Aloe arborescens (torch aloe). Beautiful, isn’t it?
kethuprofumo
Indeed great! A wonderful kind of Aloe. There are a lot of beautiful plants there: rich in colours, in fragrances. Does it scent nice? 🙂
HesterLeyNel
No, there is no discernible scent (not to my human nose), but the bright colors attract many bees and birds. I’ve seen aloes in bright yellow or red, but in our area the flowers are mostly orange.
Abrie Joubert
Die opmerking hierbo laat my glimlag oor die funny plant. Ons ken seker die plant te goed om so daaroor te dink. Maar dit is so dat die plant vreemde blomme en blare het. Het geniet jou son en funny plants
HesterLeyNel
Die vraag het my ook so ietwat gegooi tot ek besef het dat nie almal ons plante ken nie. 😀
perdebytjie
As ek stil raak,is ek ook buite in die natuur!Ek gun jou dit….loer darem net soms in en laat weet jy skop nog!
HesterLeyNel
Dit raak winter en te koud na my smaak. As die temperature daal tot iewers onder 20°C, kruip ek weg agter my rekenaar. Ek moet hierdie laaste warm dae geniet 😀
travel460
O goeiste. Dit klink hemels, Hester. Ek sou ook nie by skryf kon uitkom nie. Oosterse kookmetodes!!!!! Die vuurpyle, die walvisse, en burgers vir ontbyt. Ek kom kuier!
HesterLeyNel
O, nou sien ek – die vraag oor die gastekamer, haha. Nee man, toe ek afgetree het, het ek die meeste van my huisinhoud verkoop en in ‘n woonstel ingetrek. Ek skaal af en gee weg, dan dra my man weer aan en so gaan ons in sirkels. Ek wil nie meer dieverantwoordelikheid van ‘n groot eiedom hê nie.
travel460
Ek wil kom kuier want jou daaglikse lewe klink so reg in my kraal.
HesterLeyNel
Jy moet eers aftree voordat jy so lui-sleg mag leef!
travel460
Jy dink…?🐛
HesterLeyNel
Okei man – jy moet eers aftree voordat jy ELKE DAG so lui-sleg mag leef 😀
kindvanniewind
Suig die son op en geniet jouself gate uit met al die mooi goete om jou!!
HesterLeyNel
Dankie!
rondomtaliedraai
Ek is gepas beïndruk… sug… sommige mense val met hulle watsename in die botter… sug!
HesterLeyNel
Ja, en partykeer gly hulle ook maar rond in die botter. 😀
Hier "blok" Elanè
Jy mag maar wegbly van hierdie platforms wat ons van so baie beroof. As ek in jou plek was sou ek beslis ook nie onnodiglik hier kom bodder nie – dit wat jy nou doen is veel beter as wat ek nou hier sit en doen. Maar moet asb nie ophou blog nie want jou wereld is net te mooi om dit net vir jouself te hou en die agtergrond skrywe daarby kleur dit so mooi in vir ons xxxx
HesterLeyNel
Dankie Elanè, ek is bly as jy hou van my vertellinkies. Om te blog is darem nie ‘n kruis nie; ek geniet julle geselskap te veel om weg te bly.
Hier "blok" Elanè
Ek is nogal vuisvoos met al die leesery tov my werk, ek wil net in die natuur kom en kry ongelukkig net nie huidiglik tyd nie xxx
HesterLeyNel
Ek weet wat jy bedoel. Mens raak vies vir die vakleeswerk en dokumente wat ophoop op jou lessenaar.
Eveline Lenderink
Je bent heerlijk bezig. Natuurlijk hangen we niet de hele dag op internet he. Dan zouden we niets hebben om over te bloggen😄😄😄.
Dit jaar hoop ik voor het eerst op vuurpijlen in ons tuintje. Ik heb ze vorig jaar geplant. Walvissen heb ik hier nog niet gezien al schijnen ze voor de kust,iets drie uur rijden vandaan,af en toe gezien te worden. Dus je bent bofbibs. Koken met kruiden en soecerijen heb ik van mijn moeder geleerd. We hebben jaren in indonesie gewoond vandaar. Al met al geeft mij dat weer tijd voor andere dingen, er is zoveel te genieten. Veel plezier Hester.
HesterLeyNel
Ja, ons moet uitgaan om fotos te kry vir ons blogs 😀 Dis waar, daar is so baie om te geniet en op die oomblik het ons nog heerlike weer. Wanneer dit koud word, is ek soos ‘n kroes hoender. Geniet julle somerdae, Eveline.
kindvanniewind
Die “funny” plant laat my dink aan die onderskeid wat ek altyd tref tussen “funny peculiar” en “funny haha” 😉
HesterLeyNel
Engels het ook maar sy eienaardighede, of moet ek liewer sê, mense se gebruik van die taal is soms eienaardig.
trommeltjies
Ek is jaloers op jou vroetel in die tuin, my hande juk, maar dit breek my hart om plantjie vir plantjie te sien kwyn in die Wes Kaap droogte. Ek beny jou.
Geniet die lekker warm dae en walvisse.
Klink net te perfek.
HesterLeyNel
Dit was te perfek 😛 vanoggend is dit koud en die wind waai deur jou ribbes. My man sê sy seer knie voorspel reën later vandag en môre.
woestynkind
Klink absoluut wonderlik. Maar as jy iewers tyd het, deel bietjie met ons. Veral die walvisse. Het nog net 2 keer in my lewe die voorreg gehad en onthou dit altyd met groot ontsag.
HesterLeyNel
Dis heerlik om hulle dop te hou met die verkykers, maar ons het nie die kamera-toerusting om hulle op daardie distansie af te neem nie. Ek dink ons strand is te rotsagtig en die water nie diep genoeg om hulle naby die wal te akkommodeer nie.
woestynkind
Geniet dan net die oomblik. En kry ons binnelanders jammer.
HesterLeyNel
😀
aj vosse
Klink my julle het ontaard in ‘n trop (of skool) plantediewe!! Whahahahaaaa… 😉
HesterLeyNel
Bure moet mos deel!
aj vosse
Ja-nee… dis mos die SA manier, is dit nie?? Wat meine is is joune! 😉