In opvolg op my blog Tjorts my ou pêl, wou ek darem net laat weet die bottel Eno vrugtesout is terug, ietwat verniel (kyk na die tandmerke aan die onderkant), maar onoopgemaak en nog propvol. Die bouers het dit gevind op die heel boonste balkon van ons gebou.
Ek het iewers in my vormingsjare in ‘n voorgeskrewe boek (ek dink dit was Bertus Aafjes – Morgen bloeien de abrikozen) gelees dat jy nie ‘n slegte wens mag uitspreek oor ‘n ander persoon nie, want dieselfde wens keer altyd terug: dit swem deur sewe seë, loop deur sewe woestyne, maak nog ‘n paar draaie wat ek nie van kan onthou nie en trek dan pantoffeltjies aan om op jou eie kop te kom sit.
Nou kyk ek vir die botteltjie vrugtesout en wonder of daardie slegte wens wat ek oor die ape uitgespreek het dalk baie ver gereis het … ?
Hier "blok" Elanè
Die Eno bottel wat jy teruggekry het is vrek snaaks, ek sou graag die ou diewe se gesig wou sien as hulle dit geproe het. Ek share grepe van die goed wat ek hier lees op ander platforms, maar gee darem altyd die mense erkenning daarin. Ek wens jy wil nou weer meer permanent terugwees.
HesterLeyNel
Ons trek die 5de April na die “beskawing” toe en Telkom sweer hoog en laag dat ons die 7de April ordentlike datalyne gaan hê. Ons het so ‘n week of twee nodig om in te settle en agterstallige werk in te haal, so ek hoop om by einde April weer “teenwoordig” te wees.
Hier "blok" Elanè
Yay…
travel460
Waar op die aarde kom jy aan al jou pittighede, Hester! Het jy iewers ñ geheime biblioteek vol??? Ek moes nou vir jou sit en lag.☺
HesterLeyNel
Ek is ‘n Namakwalander – ons het almal grootgeword met groot storievertellers rondom ons. Ons het saans om die kaggelvuur (of as dit nie heeltemal so koud was nie om die ou primussie) ‘n kring gevorm om na stories te luister. Ek wonder of dit nog so is in die platteland. Dit was die grootste hartseer in my lewe dat ek my kinders in stede moes grootmaak.
travel460
Ek kan jou glo! Watter dorp, Hester?
HesterLeyNel
Ek het skoolgegaan in Springbok, maar my pa het vir die O’kiep Copper Company gewerk en ons het altyd in een van die omringende myndorpe gewoon, afhangende waar hy besig was met sy bouery.
travel460
Werklik ñ ware Namakwalander. Goeie ou dae.
HesterLeyNel
Jip
Net Ek
Soms is daai (my) slegte wense maar ietwat kommin, loop sommer so kaalvoet-vuilvoet terug in my lewe in, trek nie eers slippers aan soos jou boek s’n nie!
Dis hoekom ek geleer het om niks sleg in die universe (te probeer) instuur nie.
HesterLeyNel
Jy’s ‘n beter mens as ek. Ek gaan nooit leer om ‘n wag voor my mond te plaas nie.
rondomtaliedraai
Jy moet die bottel raam om te wys dat slegte tye ook verby gaan!
HesterLeyNel
Daar’s ‘n idee!
Toortsie
Ek dink jy moet daai botteltjie Eno maar diep begrawe. Net vir veiligheid! 😁
HesterLeyNel
Ek het hom weer langs die wasbak neergesit. Ek is nuuskierig om te sien of hulle dit weer wil skaai. Hierdie outjies is slim en leer vreeslik vinnig. As ons iets wil wegsteek, sit ons dit binne-in die kombuiskas se laaie wat hulle nie kan ooptrek nie. Die gewone kasdeure keer hulle nie.
Toortsie
Maak die botteltjie effens oop.
HesterLeyNel
Oeee. Stout!
Toortsie
En nou gaan dit 70×7 keer na my toe terugkom. Ai toggie!
HesterLeyNel
😀
perdebytjie
Dalk is dit maar goed dat apie nie die bottel oopgekry het nie…die tjortsery het dalk in jou woonstel plaasgevind!😳😬
HesterLeyNel
Eisj! nie daaraan gedink nie.
Tannie Frannie
Heheheh – gelukkig dat die ou nie die bottel oopgebyt gekry het nie!
HesterLeyNel
Ek het ‘n vermoede dat hulle nie een van die bottels oopgekry het nie, maar dis verbruikersgoedere wat spoedig nuwe base sou gekry het!
Die man met die hoed
Sjaaim man. Uintjies en skerpioen maak die allerverskriklikste sooibrand. Aap se kind wou net ‘n bietjie verligting hê.
HesterLeyNel
Uintjies en skerpioene, haha 😀 Hierdie wetsgeleerde goed eet verkieslik brood en vrugte.
trommeltjies
Aapstreke op sy beste. Jy gaan hulle mis. Hoop nie die geslipperde slegte wens kom in die vorm van n hewige sooibrand terug nie
HesterLeyNel
O nee, ek gaan hulle nie mis nie – hulle natuurlike habitat strek tot en verby die adres waarheen ons nou trek. Dit (soos sooibrand) is maar iets waarteen jy moet waak – hou die vensters toe en let op wat jy eet.
Olga
Eintlik ‘n jammerte dat hulle nie die bottel oopgekry het nie.Dit sou goeie beloning vir hulle skelm streek gewees het. Groter jammerte dat hulle nie toilette gebruik en jy dan elke keer voor hulle dit toilet gaan beset het nie.
HesterLeyNel
Haha dit sou snaaks gewees het.
Kameel
Lag ek nou vir jou!!