My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Dis heerlike lente, die winter’s verby

… of is dit. Hoekom waai hierdie wind dan so ysig koud van die see af? Ek het hierdie selfde treurmare verlede jaar aangehef in ‘n Soete Lentedag, maar dis nou nie asof die natuur na my gaan luister nie; ek kan net sowel ophou kerm.

Ons het darem hierdie week ‘n paar heerlike warm dae gehad en ou Genis het selfs kans gesien om in die rivier te swem. Ek is nog nie so dapper nie. Vandag was egter so ‘n bietjie triestig en ek het besluit om myself op te beur met fotos van blomme in ons tuin daar doer in Gauteng, wat altyd so ‘n lieflike somersprentjie geskep het.

Ons tuin, met lowergroen grasperke onder hoë bome, was soos ‘n koel oase in die somer. Ek kon in die middag na werk en na ‘n lang warm rit op die snelweg, nie wag om my skoene uit te trek en my voete te laat wegsink in die gras terwyl ek my man se tuinery bewonder het nie.

Hier is so ‘n paar van my gunsteling blomme met wense aan almal vir ‘n lieflike lente en ‘n genotvolle somer.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

23 Comments

  1. Pragtige fotos Hester. Hier by ons was dit so warm vandag ek het gedink ons gaan vir die eerste keer in Jare ‘n warm lente dag hê. Toe is daar ‘n sonsverduistering en die dag word koud!

  2. Sjoe dis pragtig

  3. Pragtige blomme! Tuiniers is wonderlike flukse mense, want dis harde werk!

  4. Baie mooi. Weet nie mooi wanneer om foto´s te neem nie, want daar is so baie skadukolle. Die bougainvillas is nou ´n prentjie hier, wens net almal wil gelyk blom.

  5. Ai ai dit is die allerpragtigste tuin.. groen- of is dit groeihande

  6. Wow! Pragtige fotos/blomme. Jy maak my sommer vrolik saam die veld …

  7. Pragtige blomme Hester! Ja hier by ons was dit gister ook maar ‘n trietsige dag!

  8. monicahaddad01

    Ek voel inderdaad opgekikker want hier by my het ek nou die kaggeltjie aangesteek….

  9. Heerlik kleurvol.

  10. Ai… dit laat my verlang na dae wat ek nou net in die duistere verte van vele jare se verlange laat verlang… as jy verstaan wat ek bedoel?!?
    Hier’s ‘n stukkie opkikkering… elke keer as jy wonder oor die koue… dink net daaraan dat julle winter mees dae beter is as on somer! :/

    • Comment by post author

      Dankie, dit laat my beter voel. Ek wonder net oor wat met ons weer gebeur – is ons besig om pole te ruil of kry ek net kouer omdat die beendere bietjie ouer word?

      • Ek wil nie altyd die gemors van die slim wetenskapliks glo nie… die aarde gaan deur haar eie rukke en stote… die mens se invloed is minimaal. Ja-nee kyk… die ou beendere is nie lief vir die koue nie!! 😉