My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

Die klein dingetjies in die lewe

In die korporatiewe wêreld en politiek word voortdurend gemaan dat die bigger picture altyd in gedagte gehou moet word wanneer beplanning en strategie onder die loep geneem word, maar in werklikheid is dit die klein boutjies en moertjies wat keer dat die bus se wiele nie afval nie.

Dieselfde prinsiep kan toegepas word in die daaglikse lewe ook. Rondom ons het alle gesprekke na die afgelope naweek net gegaan oor die sterk winde en hoë getygolwe wat die oorsaak was van die klomp “gemors” wat op die strand uitgespoel is. Ons binnelanders (nou bekeerd tot die kuslewe) het egter onsself verwonder aan die verskeidenheid van kleurvolle kunswerke op die strand en sommer die hele bigger picture misgekyk.

Hierdie bus se wiele is nog stewig vas.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

29 Comments

  1. Mooie verrassende foto’s

  2. Wonderlike stemmingsfoto’s! Mal oor die lee skulp en die korreltjies sand.

  3. Mooi foto’s Die mens mors darem die natuur op!

  4. Hou die meesdte van die mossels. Maar as ek gevra sou word om ‘n storie oorr een van die fotos te skryf sal popkop met haar pers pruik wen

  5. Ek hou baie van die mossels…popkop laat my bietjie ril!

  6. Dis ‘n interessante groep fotos. Die popkop kan n goeie storie word!

  7. wow… mal oor die popkop foto. Sal lekker werk vir ‘n gedig.

  8. Kan hierdie deel sommer vir volgende week se Toeka-Tokkel gebruik. Die see is volgende op lysie na grot. Die gemors vertel elk beslis n storie. Goeie stukkie werklikheid hier.

  9. Van hierdie kant af lyk dit vir my na mooi “gemors”. Die klaers in jou omtrek sou werklike rede tot kla gehad het as hulle kan sien hoe strande hier in Ghana gewoonlik lyk – niks groot golwe nodig om skoene, tandepastebuisies, bottels, proppe en duisende swart plastieksakke daagliks uit te spoel nie. Baie, baie hartseer.

    • Comment by post author

      Dit is hartseer. Ek kan net met groot lof praat van ons plaaslike munisipaliteit se werkers wat hulle bes probeer om skoon te maak – die publiek (die morsers) steur hulle nie veel aan pleidooie nie en by sommige van die ander strande lyk dit nog erger.

  10. Vreemd! Die kommentaar wat hier moes wees, sit nou by Rondomtaliedraai. Ek het gesê, die arme pop get ‘n oog verloor, maar darem ‘n hele haredos bygekry.
    Ja, dis die klein djngetjies wat tel.