In die korporatiewe wêreld en politiek word voortdurend gemaan dat die bigger picture altyd in gedagte gehou moet word wanneer beplanning en strategie onder die loep geneem word, maar in werklikheid is dit die klein boutjies en moertjies wat keer dat die bus se wiele nie afval nie.
Dieselfde prinsiep kan toegepas word in die daaglikse lewe ook. Rondom ons het alle gesprekke na die afgelope naweek net gegaan oor die sterk winde en hoë getygolwe wat die oorsaak was van die klomp “gemors” wat op die strand uitgespoel is. Ons binnelanders (nou bekeerd tot die kuslewe) het egter onsself verwonder aan die verskeidenheid van kleurvolle kunswerke op die strand en sommer die hele bigger picture misgekyk.
Hierdie bus se wiele is nog stewig vas.
- Debris on the beach
joke_dev
Mooie verrassende foto’s
HesterLeyNel
Dankie 😀
Tannie Frannie
Wonderlike stemmingsfoto’s! Mal oor die lee skulp en die korreltjies sand.
HesterLeyNel
Is dit nie wonderlik nie – al die verskillende kleure van die sand. Dis baie growwe sand daar by Ifafa en net twee kilometer weg by Elysium is dit sulke fyn sand.
rondomtaliedraai
Mooi foto’s Die mens mors darem die natuur op!
HesterLeyNel
Sê jy nou vir my. Ek verwonder my soms aan die gemors wat rivier-af kom. Gelukkig is die munisipaliteit se werkers fluks en hulle tel op nog voordat dit behoorlik grondgevat het.
rondomtaliedraai
Dit maak darem mooi foto’s
Abrie Joubert
Hou die meesdte van die mossels. Maar as ek gevra sou word om ‘n storie oorr een van die fotos te skryf sal popkop met haar pers pruik wen
HesterLeyNel
Ja, dit sal seker ‘n fees wees vir ‘n fiksie-skrywer. Of ‘n riller-skrywer; dink net wat Stephen King daarmee sou gedoen het haha 😀
Abrie Joubert
Ek sien jou kopfoto maak rimpelings, nee opslae in die blogwereld met Wolfie se riller oor die natuur. Inspireer my ook om vir die eerste keer by Wolfie kommentaar te lewer
HesterLeyNel
Daarsy, so inspireer ons mekaar.
perdebytjie
Ek hou baie van die mossels…popkop laat my bietjie ril!
HesterLeyNel
My eerste gedagte was: “Chucky”! Ek het te veel horror-flieks gekyk.
perdebytjie
Ja dit lyk nogal so😳😳😳
nowathome
Dis ‘n interessante groep fotos. Die popkop kan n goeie storie word!
HesterLeyNel
Almal dink so! Miskien moet ons die bloggers uitnooi om elkeen hulle eie storie te skryf. Laat my dink aan die opstelle wat ons op laerskool moes skryf “My vakansie by die see”!
nowathome
klink na n goeie plan!
shadowwhisper
wow… mal oor die popkop foto. Sal lekker werk vir ‘n gedig.
HesterLeyNel
Nou kom, betower ons met jou woorde. Jy kan maar die foto vat en gebruik soos jy wil (as jy wil).
shadowwhisper
ooooo. Dankie. EK gaan! Ek sal jou ook meriete gee vir die gebruik van jou foto. Ek sal oor die naweek die gedig plaas.
HesterLeyNel
Ons sien uit daarna!
shadowwhisper
Haai Hester, die gedig is klaar, ek hoop jy hou daarvan… Hier is die link:
https://wolfshadowwispers.wordpress.com/2016/06/11/pophuis/
scrapydo2.wordpress.com
Kan hierdie deel sommer vir volgende week se Toeka-Tokkel gebruik. Die see is volgende op lysie na grot. Die gemors vertel elk beslis n storie. Goeie stukkie werklikheid hier.
HesterLeyNel
O dankie, dis ‘n goeie idee. Ons is op die oomblik toegesneeu onder werk, dis diè dat ek sulke kort blogs met ‘n paar fotos publiseer – net sodat ek nie vergete raak nie lol 😀
scrapydo2.wordpress.com
UItstekend!
Jacqueb
Van hierdie kant af lyk dit vir my na mooi “gemors”. Die klaers in jou omtrek sou werklike rede tot kla gehad het as hulle kan sien hoe strande hier in Ghana gewoonlik lyk – niks groot golwe nodig om skoene, tandepastebuisies, bottels, proppe en duisende swart plastieksakke daagliks uit te spoel nie. Baie, baie hartseer.
HesterLeyNel
Dit is hartseer. Ek kan net met groot lof praat van ons plaaslike munisipaliteit se werkers wat hulle bes probeer om skoon te maak – die publiek (die morsers) steur hulle nie veel aan pleidooie nie en by sommige van die ander strande lyk dit nog erger.
Toortsie
Vreemd! Die kommentaar wat hier moes wees, sit nou by Rondomtaliedraai. Ek het gesê, die arme pop get ‘n oog verloor, maar darem ‘n hele haredos bygekry.
Ja, dis die klein djngetjies wat tel.
HesterLeyNel
Ja, daar was darem kompensasie vir haar. Dankie vir die inloer!