Ouderdom is ’n bliksem. Altyd. Maar veral wanneer jy nie meer behoorlik kan sien nie en noodgedwonge altyd ‘n bril, of dalk meer as een bril, byderhand moet hê. Dis die dilemma waarin ek my tans bevind.
Ek bril al vandat ek nog nie eens veertig jaar oud was nie en het met verloop van tyd daarmee vrede gemaak, maar nou, dekades later, raak hierdie paartie ’n bietjie rof. Nie net het my sig al meer verswak met die gryse ouderdom saam nie, maar ek is nou op die twee-bril-stadium. Voeg daarby dat ek, van nature taamlik verstrooid, nou net mooi niks meer kan onthou wat belangrik is nie.
Ek onthou alles wat lekker is: soos die woorde van elke liedjie wat populêr was in die 60’s en 70’s, elke gedig wat ek in matriek geleer het, my skoollied, hoe om te google vir goeie boeke, musiek en lekker resepte. Ek onthou selfs om sout in die rys te gooi. Maar dit wat werklik belangrik is, soos om die regte bril op die regte tyd te dra, is bo my vuurmaakplek.
Die twee-brille ding is ’n pyn. Ek het jare gelede begin om ’n muktifokale bril te dra, een waarvan die lense donker word in die son, waarmee ek kan lees, heeldag op die rekenaar kan speel en waarmee ek kan bestuur. Tot op die stadium waar my arm te kort geword het om die koerant te lees en my rekenaarskerms te ver weg van my af gestaan het. Jy moet liewer nou ’n rekenaarbril kry, adviseer die oogarts toe ek my google-probleem verduidelik. So gesê, so gedaan en ek kan weer lees, en ek kan google met my nuwe bril. Die multifokale word aangewend om te bestuur, televisie te kyk, op die strand te gaan loop, te swem en om die sonlig uit my oë te hou.
Die pyn is dat ek, ná twee jaar van sukkel, nog nie kan onthou om brille te ruil voordat ek ’n spesifieke aktiwiteit aanpak nie. Wanneer ek voor die rekenaar inskuif, vat dit my nogal ’n rukkie om te besef dat Google vandag effens dof is; dan ruil ek gou die bril vir die ander een. Dis ’n ander saak wanneer ek reeds met die trap af geloop en myself voor die televisie tuisgemaak het of in die kar sit en by die hek uitry voordat ek besef dat ek nie die padtekens en slaggate kan sien nie – die rekenaarbril werk net op teikens nader as twee meter aan my.
Dit veroorsaak baie wrywing in my huis. My slaapkamer is bo die trap. Sodra die vloerplanke verklap dat ek op pad is teen die trap af, begin almal in die huis gil: “Het jy die regte bril op?” Gewoonlik is dit reeds te laat en moet ek my arme ou lyf weer teen die trappe opsleep. Of iemand anders vra om my bril te gaan haal. Nie goed vir die humeure nie.
Die multifokale dateer uit 2017 toe ek ook oor hierdie saak geblog het. Hulle is nou op die stadium wat ek nie meer die pryse op die winkelrakke kan sien nie, en die padtekens raak al hoe dowwer. In die winkel kan ek iemand vra om te help, en dankie tog vir kredietkaarte wat jy kan “tap” in plaas daarvan om ’n pinnommer te probeer invoer op ’n sleutelbord wat jy skaars kan raaksien. Maar op die pad is ek aangewese op my bekdrywer om te sorg dat ek betyds afdraai, voor die regte winkel stop of in die regte baan ry.
My pa het jare gelede sulke groen oogklappies saam met sy bril gebruik in plaas van ’n aparte sonbril. Wanneer hy binne die huis was, het hy die oogklappies oopgemaak sodat hulle lyk soos afdakkies bo sy oë, en buite het hy hulle afgeslaan om die son uit sy oë te hou. Dalk kan ek so ’n bril kry wat ver en naby kan lees.
Môre gaan ek vir ’n oogtoets vir nuwe multifokale en die oogarts beter ’n plan maak dat hulle kan lees, google, en die son uit my oë hou. Alles-in-een, dis wat ek soek.
Gelukkig kan ek nog steeds die see sien, met of sonder bril, en die seilskippie wat agter op die horison ronddryf.
seegogga
Sterkte met die oë.
HesterLeyNel
Dankie Gogga.
Bondelsgedagtes
Jy het al my simpatie. Om nie te kan sien nie is wragtag nie snaaks nie. En Ek dink hulle moet vir jou n kamer onder gee…Moet sê ek het gegiggelomdat Google dof is.
HesterLeyNel
“Onder” is te koud en te naby aan Jac se domein – dit sal oorlog afgee.
Bondelsgedagtes
As dit nie koud was nie kon jy hom opskuif boontoe..
HesterLeyNel
Hy kan nie trappe klim nie …
Bondelsgedagtes
Aitogggggg
Lekkervurigeaffêre
O, my jongste tante het tot onlangs toe soortgelyk ge-oorlog. Nou het sy lieflike seksie raam ala Prew Leith en mutlikyk sy lekker. Hoop jou bril- blues is gou op ‘n einde.
HesterLeyNel
Ek sien die nuutste mode is nou weer die kleurvolle rame sonder neusstukkies wat altyd my neus stukkend knyp. Plastiek en baie lig. Karen het onlangs so een gekry. Dankie, ek hoop die probleem word opgelos, want ek is nou regtig keelvol.
elsabeskryf
Ek leef vir baie jare met n multivokale bril, en dit is aan te bevele. Ek glimlag as my man so skarrel agter sy los brille aan. Hoop jou lewe is eersdaags sonder hierdie irritasie v bril soek
HesterLeyNel
Dankie Elsa, ek hoop van harte so.
Amanda
Alle voorspoed! My multifokaal werk nog mooi op hierdie stadium. Hoop jy kan ook spoedig weer met één bril regkom
HesterLeyNel
Dankie Amanda, dit sal voorwaar ‘n seëning wees.
vuurklip
Ek kry soms internet ads vir ‘n bril wat jy self kan instel vir verskillende gebruike.
HesterLeyNel
Ek het gehoor daarvan Vuurklip, maar ek weet nie of ek my bankrekening sal kan instel vir daardie soort uitgawe nie.
Anne
Having battled with my eyesight over the past two years: three operations later I am now happy with a pair of very light plastic multifocals that darken in the sun and a pair of what they call ‘office glasses’ for reading and using the computer. Sight is so precious.
HesterLeyNel
Very precious Anne and I’m happy to hear that you found a solution to your problem.
Tannie Frannie
Hoop jou oogarts het ‘n goeie oplossing!
HesterLeyNel
Ek hoop so Frannie. Ek is so ‘n bietjie senuweeagtig oor môre se ondersoek en hoop ek kom huis toe met goeie nuus.
Anuscka
‘t Is een heel gedoe: oud worden. En als er dan ook nog gedoe bij komt dat je meer dan één bril moet dragen… nee, daar word je niet vrolijker van. Succes met het onderzoek, en ik duim voor een fijne, nieuwe, multifocale bril voor je!
HesterLeyNel
Dankie Anuscka, ek het so pas teruggekom van die oogarts af en ek behoort so oor twee weke my nuwe multifocals te hê. Dit gaan ‘n groot verligting wees.
Anuscka
Dat is een mooi vooruitZICHT! 🙂
scrapydo2.wordpress.com
Ai toggie ek voel met jou. Ek het nou al vier jaar so n nou die bril dan daardie bril. Gelukkig is my naby sien en leesbril so sterk ek kan nie met hom rondloop nie. So ek moet hom afhaal en my ander bril opsit wat middel en ver kyk. Die leesbril maak my seesiek so ek weet as ek opstaan om bril te verander. Hul behoort vir jou n nuwe multifokus met son verduistering te kan maak. Wat lekker is is dat dit nie meer swaar glas lense is nie. Veerlig. Hoop van die beste vir nuwe bril.
HesterLeyNel
Dakie Scrapy, ek was vanoggend daar en kry my nuwe multifokale so oor twee weke. Hulle gaan weer lense hê wat donker word. Ek is baie beïndruk met die nuwe, ligter rame sonder los neusstukkies wat nou beskikbaar is. Dit voel sommer lekker gemaklik op die gesig.
scrapydo2.wordpress.com
Dankie jy noem van die neusstukkies. Sal bietjie vra as ek weer gaan toets want veral noudat my neus gebreek was raak dit nog al pynlik so aan die einde van die dag. Veral my leesbril een het so ‘n soliede neusstuk wat my behoorlik druk.
HesterLeyNel
Ek voer al ‘n jarelange stryd met die neusstukkies Scrapy, want die swaarder rame sak af teen jou neus en later kyk jy bo-oor die bril na die skerm of jou boek. Die nuwe rame is en plastieklense is so lig soos ‘n veer, maar tog baie stewig.
scrapydo2.wordpress.com
Ek het ook gesukkel met swaar glas trifocals totdat ek die plastieklense is lekker lig asook rame. Het dit al voor 2009 gedoen voordat ek hierheen gekom het.
daisyopdiestoep
Lol, ek het jou storie nou baie geniet. Ek het net 1 bril, so ek het nie die probleem nie. My ma het ‘n paar leesbrille, maar as ons in ‘n restaurant gaan sit, moet ek hoor, nou kan ek nie sien nie. Ek raak nogal erg geirriteer met hom daaroor. Lol.
HesterLeyNel
Ek is besig om almal rondom my te irriteer met my “kan nie sien nie” sindroom. My oë is vanoggend getoets en sal hopelik so oor twee weke weer ‘n ordentlike bril hê.
woordnoot
Ken daai gevoel. Ek het 5 brille wat oral in die huis lê. Gelukkig kan ek nog wegkom met Clicks se buy 2 get 1 free. Daar is tot een in die badkamer….vir as ek tyd kry om bietjie blokraaisel te doen😁😁😁
HesterLeyNel
O heng nee, ek dra jare lank al pal ‘n bril en durf nie eens in my eie kamer rondloop sonder een nie. Eerste ding op in die oggend en laaste ding af voordat ek omdraai om te slaap.
VirgoC
Bly jy reg gekom, anders maar daai ketting ommi nek doen met bril, wel tot jy nou nuwes kry
HesterLeyNel
Die kettinkies irriteer die wit waks uit my. Ek hoop die nuwe bril bring verligting.
VirgoC
🤞🌻
seegogga
Daar is niks so bevrydend soos kontaklense nie. Ek dra deesdae net 1( vir ver sien) en die oof sonder d lens lees wn naby sien. Maar ek glo jy k 1 lens vir ver sien en 1 vir naby sien in d oë sit. Dit van n rukkie om gewoond te raak( nie lank nie, afgangende van jouself( en siedaar- geen swaar raam op neus of bril wat weg is nie)
HesterLeyNel
Ek het kontaklense probeer en het ses maande van uiterste misrabelheid verduur. Ek dink sommige mense se oogvorm is net nie geskik vir kontaklense nie.
Positief
Hoop daai nuwe multifocals gaan jou lewe sommer baie vergemaklik
HesterLeyNel
Dankie Positief, ek sien uit na my nuwe bril.
ekmyselff
Jy beter die nuwe bril kom wys