My vreugdes en frustrasies

Dis Ekke

COVID-19 dit was dag 3 van alert level 3 (dink ek)

Ja, ek het. Dis my voete daai. Dink ek. Ek mag dalk verkeerd wees. My dinkkrag het my kop verlaat. Of iemand is besig om met my denkvermoë te smokkel. Nes ek dink ek weet wat aangaan met die Regulasies (ja, daai regulasies), het dit alweer verander.

Ek het gedink ek mag op die strand gaan stap vir oefening, toe hoor ek mense word gearresteer vir daardie oortreding. Toe hoor ek jy mag strand toe gaan om vis te vang en dink toe – dis goed, ons het ‘n visvanglisensie. En toe hoor ek dis nog nie opgeneem in die Gazette nie, dus moet ons liewer nog nie vis vang nie. Ek is só jammer, hoor? Ons het darem die ou vissie teruggegooi in die water. Maar ek kan nou niks doen aan my voetspore wat daar agtergebly het nie. En ek kan nie die streling van die son oor my vel teruggee nie. En ek kan nie die reuk van soutwater uit my neus blaas nie. Sorrie tog, hoor? Maar ek dink dis tyd dat iemand nou vir ‘n slag ‘n finale besluit neem sodat ek ook weet wat ek moet dink.

Ek het my kar ook laat was. Nou wonder ek of dit toelaatbaar was. Mag die karwasserye al oop wees? Ek is te bang om met my skoon kar rond te ry, want sê nou net ek word beveel om die blink van my kar af te vee en terug te pos?

Ek het gaan lemoene koop by die padstal. Ek dink hulle mag oop wees. Ek is nie seker nie, maar ek dink so. Ek dink lemoene is essential goods. Vitamine C en al daai dinge, jy weet? Net ingeval ek nou weer aan die verkeerde kant van die gereg is, steek ek die lemoene onder die meubels weg en eet dit skelm in my agterplaas.

Die sardiens loop dik hier langs die kus, maar ek is te bang om te gaan kyk daar by die strande waar hulle ge-net word. Hoewel die res van die bevolking hulle min steur aan die strandverbod, of die gebod om maskers te dra of die reëls van social distancing, bly ek nog maar skigtig. Ek is immers gebore uit die generasie wat geleer is om gesag te respekteer. Nou kyk ek maar na ou foto’s van die dae toe ons nog agter die sardyne aan gejaag het.

My probleem is natuurlik dat ek nie weet wie die gesag voer in hierdie dae nie. Die een sê sus en die ander só en my ore draai rond soos satelietskottels om te luister na die stemme wat my moet lei. Dit maak my lam. Magteloos. My humeur sit op my skouer en sê: “Sa! Sa! Vat hom Flaffie!” Maar Flaffie weet nie vir wie hy moet vat nie. Ek ook nie.

Maar gelukkig is die see nog blou en my oë sal dit onthou.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

21 Comments

  1. Ag Hester!! Ek verstaan jou verwondering, ek is met jou. Die see, oooo die see!!!! So so mooi, ek snuif diep diep aan die geur en voel die son se streel. Dankie vir die deel…

  2. Una

    Ek lê van die lag vir jou!!! Janee, steek daai skoon kar weg en bêre jou lemoene onder die meubels, Hester! Ons kan nie bekostig dat jy opgesluit word nie!

  3. Die einde sal kom.

  4. Nou, as jy nie weet nie, kan hulle jou vang nie

  5. Die twyfel maak mense sieker as wat virus mens ooit kan maak. Ek verstaan jou smagting, so naby die see en tog so ver vewyder. Die sardientjies wat loop is mos eintlik n fees en nou kan jy nie eers waag om te Gaan kyk nie.

  6. Ai Hester! Ek voel ook soos jy. My arme man was so opgewonde oor die visvang en nou mag hy nie meer nie. Kan visvang as jag geklassifiseer word? 😅

  7. Ek hoor die frustrasie… maar jy het jou vermoë om mens te laat lag nie verloor nie. Ek sien daardie satelietskottelore en die humeur op jou skouer. ❤

  8. Ek voel jou pyn! sterkte

  9. Na aanleiding van jou skrywe is hierdie spesiaal vir jou.
    In praise of Women Who Read

    One morning a husband returns to the cabin after several hours of fishing and decides to take a nap .
    Although not familiar with the lake, the wife decides to take the boat out, since it is such a beautiful day.
    She motors out a short distance, anchors, and reads her book.
    Along comes a Game Warden in his boat.

    He pulls up alongside the woman and says, ” Good morning, Ma’am, what are you doing?”
    “Reading a book,” she replies , (thinking, “Isn’t that obvious?”)

    ” You’re in a Restricted Fishing Area,” he informs her.

    ” I’m sorry, officer, but I’m not fishing, I’m reading.”

    ” Yes, but you have all the equipment. For all I know you could start at any moment. I’ll have to write you up a ticket and you’ll have to pay a fine.”
    “For reading a book,?” she replies.
    ” You’re in a Restricted Fishing Area ,” he informs her again .”
    “But officer, I’m not fishing, I’m reading.”
    ” Yes, but you have all the equipment. For all I know you could start at any moment. I’ll have to write you up a ticket and you’ll have to pay a fine.”
    ” If you do that, I’ll have to charge you with sexual assault,” says the woman.”

    “But I haven’t even touched you,” says the Game Warden .

    ” That’s true, but you have all the equipment. For all I know you could start at any moment.”

    “Have a nice day ma’am,” and he immediately departed.
    Lekker slaap 😊

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Back to Top
%d bloggers like this: