Na aanleiding van die meme hieronder, het Woordnoot gereken dat die onderwerp Disguise your hair colour / verbloem jou haarkleur baie geskik is vir ‘n bloguitdaging. “Hoe sou jy jou hare wou hê as jy jou nie hoef te steur aan allerhande voorskrifte nie?” vra sy. Wensdenkery is dus nie uitgesluit by hierdie uitdaging nie.
Met al die voorsorgmaatreëls wat nou in plek gestel is om die coronavirus onder beheer te kry en te hou, is haarkleur dalk ‘n bietjie van ‘n schlep – die haarkapper of die gewenste haarkleur-middels is dalk nie beskikbaar nie. Hoewel ons terdeë daarvan bewus is dat hierdie virus ‘n ernstige gesondheidsrisiko inhou en ons die maatreëls as noodsaaklik beskou, is ‘n bietjie humor ter wille van die geestesgesondheid ook nie onvanpas nie. Die enigste reël vir die uitdaging is dus dat bloggers moet probeer om die uitdaging met humor te benader. Maar hou so naby as moontlik aan die waarheid, gehoor? want vroue se haarkleur is darem ‘n ernstige saak op sigselwers en ons wil graag hoor wat julle dink.
Die uitdaging sluit Donderdag 26 Maart om 12:00.
Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/e3dfca20e90c4ae09d7312695a15b7f3
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
rondomtaliedraai
Nee wat daardie strepies is iets van die verlede Na die kanker kaalkoppie het ek besluit dis net moeite!
HesterLeyNel
Ek is van nature teensinnig daarvoor dat mense aan my vat. My haarkapper sien my net wanneer my hare heeltemal onbeheerbaar lank word. Ek sien myself nie daar sit vir ‘n kleur nie en om dit self te doen is doodeenvoudig te veel werk.
rondomtaliedraai
Ek stem!
scrapydo2.wordpress.com
Haha, nou gaan daar n paar goeie dinge uitkom. Dankie vir n lekker uitdaging. Ek is van gister af in self afsondering! Tuisbly en lees, skryf en rond vroetel in die huis. Gelukkig het ek baie fotos om te kan scrap.
HesterLeyNel
Ons pas al jare lank selfafsondering toe – ek is nie ‘n vreeslike gasvrye kuiervriendin nie. Nie dat ek weet of dit help nie, Ek het so pas Jac se kop vir hom gewas omdat hy met die bure se hond speel. Nou is nie die beste tyd om vreemde honde en katte te streel nie – hulle base doen dit ook.
Kameel
As ek nie soos ‘n uitgewaste stuk lap wil lyk nie is die schlep om hare te kleur my voorland. Net vandag gewonder of ons troeteldiere nie ook die virus kan versprei nie. Wou die rottweiler se kop vryf, en besluit toe maar daarteen.
HesterLeyNel
Dis die mense wat die diere vryf met ongewaste hande wat my sorry.
Dr Christa van Staden
Dankie vir die lekker uitdaging, ek het probeer. Dalk lag iemand tog daaroor, al is ons so bekommerd oor die onvoorspelbare toekoms …
HesterLeyNel
Ek het die vreeslik geniet, dankie Christa.
Dr Christa van Staden
Dankie Hester