Ek is besig om my tas te pak vir ‘n besoek aan Rebusfontein. Dis die 10de dag van die jaar 2020. Dit was ‘n alreeds ‘n láááng jaar. ‘n Jaar met baie Sondae.
Die eerste dag van die nuwe jaar was ‘n Sondag wat begin het nog voordat Oudste douvoordag by die hek uitgery het, op pad terug Johannesburg toe. Nie net was die vakansie op ‘n einde nie, maar die bure het ook getrek en hulle kat saamgevat. Waar kom mense daaraan om hulle katte saam te vat wanneer hulle trek? My skoot is leeg. Ek mis vir Charles, Prins van Coffin Dodger’s Park.
Ek het op die media player rondgevroetel op soek na vermaak en Kris Kristofferson op You Tube raakgeloop.
On a Sunday morning sidewalk
I’m wishing, Lord, that I was stoned
‘Cause there’s something in a Sunday
That makes a body feel alone
Presies net so. Sondag. Die hele dag lank. En elke ander dag van 2020 tot dusver. Hierdie liedjie is nog steeds heel bo aan my playlist, soms afgewissel met die Righteous Brothers se Unchained Melody – definitief die mooiste liefdesliedjie wat nog ooit geskryf is. En wanneer ek regtig in depro mode verval – Cry to Me van die Staccatos.
Kan ook nie heeldag musiek luister nie. My huismense sê ek maak hulle mal. Dan kyk ek maar chick flicks. Enigiets met Jack Nicholson, Richard Gere of Robert Redford daarin. Jac kan nie verstaan dat ek die Horse Whisperer al ‘n dosyn keer gekyk het en nog steeds nie weet waaroor die storie gaan nie. “Wat fluister die man vir die perd?” vra hy. Maak dit saak? Ek gee nie om wat hy vir die perd sê nie, ek wil net vir hom kyk terwyl hy dit sê. Tot aan die einde van 2020.
Karen stel voor dat ek vir my ‘n gigolo aanskaf. Dit klink na ‘n skaflike idee. Ek het my selfoon se ringtone verander na Lobo se I’d love you to want me, so wees gewaarsku – as iemand my bel, beskou ek dit as ‘n aansoek vir die vakante pos.
Baby, I’d love you to want me
The way that I want you
The way that it should be
Baby, you’d love me to want you
The way that I want to
If you’d only let it be
Rebusfontein. Wie ookal daar is, moet asseblief vir Lorenzo sê ek is op pad. Hy moet hoendersop kook. In die hele KZN kan ek nie ordentlike hoender opspoor teen ‘n ordentlike prys nie. Die kaas is net so buitensporig duur, maar dit maak nie saak nie, want ek eet nie kaas nie. Rooivleis is skaars, baie skaars. Einde van die vakansie, sien? Die Vaalies het hier deurgetrek, soos ‘n plaag sprinkane in ‘n mielieland, en al die winkels skoongevreet . Ons is baie lief vir die vakansiemense, maar regtig, hulle moet darem nie ‘n kosdroogte agterlaat nie.
Oukei, die belangrikste is gepak – my kindle. Ek bring ‘n paar boeke wat ek langs die waterput wil lees.
- Lee Child se Blue Moon (Jack Reacher, ‘n man van min woorde)
- Stephen King – The Institute (halfpad gelees)
- Kristin Hannah – The Great Alone (ja, ek weet)
- Alex Michaelides – The Silent Patient
- Erin Morgenstern – The Starless Sea
- Heather Morris – The Tattooist of Auschwitz
- Ta-Nehisi Coates – The Water Dancer
- Delia Owens – Where the Crawdads Sing
Dit behoort genoeg te wees om my aandag af te lei van gigolos.
Watter Towerinne gaan daar wees oor die naweek? Dit lyk my ons kan almal doen met ‘n wegbreek. Net totdat ons die nuwejaarsdepressie onder die knie het.
Kameel
Ag hemel Hester jy het my nou aan die lag. Sorry, maar die kaas (wat jy nie eet nie) is duur ens. 😂😂😂 Jy het darem nog jou sin vir humor. Nare bure wat jou nog katloos agterlaat in jou toestand!!! Jy sal my by Rebus aantref… ek kruip daar weg. Gaan twee kleinkinders in die jaar bykry… (shock!!!) As jy nou voel soos jy voel sal dit veiliger wees Lorenzo kom slaap in my spaarkamer. Sal hom sê van die sop. Sien jou daar.
HesterLeyNel
Dit lyk my daar gaan ‘n paar van ons in Rebus wees vir die naweek. Vuurvliegie en Una het ook laat weet hulle kom. Dink jy Lorenzo sal dalk in gevaar wees met my daar rond? Bwahahaha. 😂🤣
Kameel
Scrapy is ook oppad met haar seer toon. Dis net beter Hester, as die blues jou beetpak is daardie boeke miskien nie genoeg afleiding nie. Jy weet soos hulle messe en goed wat kan seermaak partykeer van mense moet wegneem… is dit beter Lorenzo bly uit die oog totdat jy weer jy is. Hy moet nou net nie in ‘n perd se oor loop fluister en jy sien dit nie!!!
HesterLeyNel
AgKameel, jy weet, dit wat die oog nie sien nie …
Kameel
Sy gaan i.e.g heerlik aan die sop smul. 😂😂😂😂
HesterLeyNel
Ja, hoendersop is my antwoord vir allerhande kwale ook.
Kameel
Oooo wag ek dink ek het die kloutjie by die oor beet. Jy praat hier van Lorenzo en die perd… nie Scrapy se hoender nie.
HesterLeyNel
Hmmm … Lorenzo op ‘n perd se rug klink skielik veel meer aanloklik as Robert Redford. Nee, ek weet nou nie meer waarvan ek gepraat het nie, Kameel, jy krap nou my kop deurmekaar.
Kameel
😂😂😂😂😂 Veral as hy jou so met ‘n swiep agter hom op die perd se rug tel… en daar gallop julle die veld in. Julle hare so waaiend in die wind. Dis tyd dat ons ‘n fliek maak.
HesterLeyNel
😱 ek ly aan hoogtevrees. En ek kan nie ‘n perd bestuur nie.
Kameel
Neeee Hester, Lorenzo bestuur die perd…. jy sit agter hom en klou toe-oog vir lewe en dood aan hom vas. Dink net hoe sal die ander jou beny. 😍
HesterLeyNel
Ek weet darem nie. Dis ver van die grond af.
Kameel
Hester moenie na daardie liedjie luister totdat jy weer jouself is nie!!! Ek het nou geluister en voel sommer die blues. Geen wonder jy wil jou ringtone verander nie. Dis gevaarlik om so te voel. Sterkte, hoop werklik jy is spoedig weer jouself. ❤
HesterLeyNel
Ja, maar stem jy saam ou Kris was darem ‘n handsome ou op sy dae? Jy moenie net na die liedjie luister nie – jy moet die sanger ook bekyk.
Kameel
Hy was… dis hoekom Lorenzo uit die pad moet kom. Ek het die liedjie twee keer geluister… en gekyk en toe sommer in the blues gaan slaap. 😣
HesterLeyNel
Hierdie skielike besorgdheid oor Lorenzo klink vir my verdag. Met wie praat ek hier – Kameel of Camilla? Ek dink Lorenzo moet maar eers in my huis aanbly.
Kameel
Nog nooit Hester dis Kameel hier. Jy weet mos hy voel soos my seun en ek kyk uit na sy welvaart. Toe ek hom in die eerste plek aangestel het as busbestuurder het ek nie vir die man gesê waarvoor hy hom alles inlaat nie. Sy Engels was i.e.g te vrot. Nou voel ek verantwoordelik vir hom. 😇
HesterLeyNel
Die “seun” weet net hoe om die klomp vrouens te manipuleer (in enige taal), maar hy kyk darem goed na ons welvaart.
Kameel
Hy is ‘n doring… enige ma se droom.
HesterLeyNel
Elke ma, ja 😁
scrapydo2.wordpress.com
Stem saam met Kameel. Moenie sulke treurige liedjies luister nie. Nou het ek ook sommer die blues. Gaan nou sommer n skribbeltjie skryf oor die gevoel hier. Kort ook n wegbreek na Rebusfontein. Sterkte maar met jou katlose en buurlose tydjie. Hoop jy vang weer op.
HesterLeyNel
Ek het in die middel van die nag jou skribbeltjie gelees op my selfoon. Sal my kommentaar gaan los. Ek het darem nog my Ponsie kat hier, maar Charles is die katmannetjie wat onverwags my hart gesteel het. Hy en Ponsie lyk identies – sy is net baie kleiner as hy. En hy is meer liefdevol.
scrapydo2.wordpress.com
Ag shame, dis genoeg om n mens te laat verlang na die katter.
HesterLeyNel
Is, nè?
Lewies Mymer
Darem het jy ‘n sin vir humor om die Sondag-aldag depro te beveg! Ek sou aanbeveel jy moet jou musieksmaak effe opjack.Crawdads was ‘n lekker lees.
HesterLeyNel
Ja, country is nie aan te bevele wanneer die blues toeslaan nie. In ons huis spot ons dat elke countryliedjie dieselfde storie vertel – eers verlaat die cowboy se vrou hom, dan loop sy hond weg, en sy perd gaan dood, en dan moet hy sy saal verkoop vir pruimtwak. Maar jy kan nie stry nie – Kris is darem ‘n looker. Jy kan hom nou nie juis vergelyk met een van die musiekmeesters nie – hulle was almal maar vrek lelik.
Lewies Mymer
Ja nee daai country twang. Kan seker nie hartseerder wees as Lucille nie. Kris is cool, en hy is geseend om met grasie ouer te word. Is die Briels nie maar Boere Country nie?
HesterLeyNel
🤔 Nog nooit só daaraan gedink nie, Lewies, maar dit klink reg.
ekmyselff
Gigolo klink na werk en dai ringtone is gevaarlik.
Kry maar jou eie kat. Jy laat my lag.
HesterLeyNel
Dankie vir die saamlees. Ek hou daarvan om so ‘n bietjie op die edge te leef. In my verbeelding. In die werklike lewe is ek nie heeltemal so avontuurlustig nie 😀
Toortsie
Ek wens ek kon kom!
Toortsie
Soos Kameel geniet ek ook jou humor. 😁
HesterLeyNel
Dankie Toortsie.
Toortsie
Ek twyfel of ek sal kan kom. Ek moet ‘n slag nou fokus. Dalk kry ek ‘n Camino gereël hierdie jaar, maar dan moet ek nie in slaggate trap van ander vakansies nie.
HesterLeyNel
Rebus is mos ‘n towervakansie – buite die gewone tydsones. Jy sal maklik die Camino ook ingepas kry.
Toortsie
Maar ek moet fokus!
HesterLeyNel
Al hierdie gefokus maak ‘n mens moeg. Sit komkommerskyfies op jou oë en kyk met jou inner eye. Ons sal jou mis as jy nie opdaag nie en die naweek is al klaar halfpad verby. Roer jou!
Toortsie
Ek dink ek moet maar kom, want ek weet nie of my gefokus enigsins gaan help om daar uit te kom nie.
HesterLeyNel
Dis reg, laat dinge hul gang gaan – dit het ‘n manier om hulself uit te sorteer.
woordnoot
Wel Hester…ek is al n week lank op Rebus……en dit doen my siel goed. Snaaks dat daai mooi ou songs nie hier heeltemal dieselfde klink as in Regtigland nie. Mens kry mos nie die blues hier nie. Tattooist is n goeie boek maar dan moet jy Cilkas journey ook lees. Maar daai moet jy hier lees op Rebus. Want hier is alles beter
HesterLeyNel
Ek het kennis geneem van Cilkas Journey en gaan beslis uitkyk daarvoor. Ek dink ook Rebus is die regte plek vir my op die oomblik. Ek kan nie nou deel met Regtigland en sy probleme nie.
woordnoot
Kom….Lorenzo het iewers geleer vleis braai…hy raak goed daarmee. Hy se hy het gegoogle….how to braai in Souf Efrika…
HesterLeyNel
😁 whahaha, dan werk hy darem aan sy opvoeding.
rondomtaliedraai
Drukkie… glimlag <2
HesterLeyNel
Dankie vir die lees 😀
perdebytjie
Ek is oppad Rebusfontein toe met my kleurvolle Volla, wat ek op Tina se Sondagkopies gekry het.Wie wil saamry?
HesterLeyNel
Ons sit nog steeds in sulke bondeltjies langs die put. Rek die naweek uit. Niemand wil huis toe gaan nie.
perdebytjie
Ek dink ons moet net daar bly.Hier gebeur nou te veel goed wat my omkrap.
HesterLeyNel
Ek sien jy moes jou visse afgee. Dis ‘n hartseer saak.
dromer777
The Tattooist of Auschwitz is baie goed. Geniet
HesterLeyNel
Dankie Dromer, ek weerhou myself met moeite daarvan om almal gelykytdig aan te pak 😁 ek maak gewoonlik meer as een boek oop op my kindle en frustreer myself deur van een boek na die ander te spring.
Bondelsgedagtes
Hahahaaaa ek het nou jou storie en die kommentaar geniet. Ek het die naweek kuier gemis maar boy oh boy ek is reg vir Rebusfontein. Hierdie jaar rek homself la.a.n.k. uit….
HesterLeyNel
Ons hang nog so ‘n bietjie daar rond as jy wil kom …
Bondelsgedagtes
Laat ek hoor waars Scrapy se fancy masjien…
HesterLeyNel
Blykbaar nie beskikbaar nie. Sy en Trompie het hier aangekom op besems. Is jou vlieglisensie nog geldig?
Bondelsgedagtes
Ja beslis!! Na ‘n vreeslike gestruggle kon ‘n baie waardevol broodjie die lisensie kantoor oorreed om my vlieglisensie met nog ‘n jaar te verleng …..
HesterLeyNel
Dan is die saak reg. Ons wag vir jou.
shadowwhisper
My jaar is ook al lank. Ek wens ek kan wegbreek. Ek was twee jaar laas op
n ordentike vakansie…
HesterLeyNel
Hi Wolfie, goed om jou te sien. Jy moenie jouself so afskeep nie – sorg dat jy ‘n lekker rusplek kry waar jy kaalvoet kan loop en jou hare laat hang.
shadowwhisper
Ek doen dit op ‘n manier. Gegpraat van hare laat hang, ek is besig om my hare pers strepe te gee vir pret. Ek het baie pers haar kleursel en doen dit vir die lus. Verandering is goed vir die gees.
HesterLeyNel
Ek sien strepe is nou weer so in die mode. Dalk moet ek iets doen omtrent my grys strepe. Maar wat doen ek met die plooie?
shadowwhisper
Plooie is vir my mooi. Dis ‘warrior-lines of a life lived, not wasted’. 😉
HesterLeyNel
True