Dis laatmiddag koffietyd oppie stoep vannie ouetehuis oppie dorp. Die mans sit daar eenkant oppe hopie en gesels orie swak mielieoeste ennie Goewermint wat geen simpatie het mettie die hardwerkende boerevolk nie.
“Leierskap! Dis wat onse volk kortkom,” seg ou Kleindaantjie, nou op volle vaart. Wanneer dit by sake vannie Parlemint kom, is hy nes ’n terriër met ’n vuil lap in sy bek. Koffietyd is die stoep sy politieke platform. Eintlik moet hy ‘n ontspanningslokaal gaat huur om sy beklawaai te huisves.
Sy oupa Grootdaan was mos ’n Smutsman en toentertyd die EmPie vir hierie wyk – Calvinia en omtes. Daantjie laaik mos nou nog om ons, sy onwillige gehoor, te vergas op staaltjies van sy oupa se heldhaftige toesprake doer uit die agterbanke van die Parlemintshuis. Hy versuur ons koffietyd samesyn, maar ons laat hom maar begaan.
Sy ou pa het ook hard getender virre ou joppie in die Parlemint, maar hy konnie die pyp rokie. Die ou fat, immer opgedress in sy kortmou-langbroek-safariesoetjie en sykrawat, was ’n regte ou onrussaaier. Daai was nou innie tyd lank ná die Natte en Sappe en ou Daan se politiek het na die uiterste regs oorgehel – só vêr regs dat hy een goeie dag op Kerkplein van sy perd afgeneuk het. Hy het openlik brute geweld voorgestaan om die probleme van die destydse Swart Gevaar af te wend en sy onvanpaste woordekeuses het hom uiteindelik in ’n politieke kolkgat laat beland waaruit hy nie kon ontsnap nie.
Kleindaantjie, daarenteen, issie oproerig van aard nie en al sy politieke praatjies is pure bluf. Hy isse man vir feeste, lykitmy. Hy vroetel altoos met sy kamera en ek het al na sy filmpies van die oudae gekyk – daai bruin negatives, jy weet? Dis nette spul langhariges wat rondsit en zolle rol.
Hy’s mos ook nooit getroud nie. Hier op sy oudag so sielig alleen. G’n vrou wat hom kan regsien nie. Eros se se boog is stellig te krom om daai pyl te laat tref, smakitmy.
Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :
As jy die raaiselwoorde gekry het kan jy ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
LET WEL. Kinkel: Publiseer jou inskrywing eers as privaat. Sodra ons ‘n klomp skrywes het, sal ons dan op dieselfde dag ons blogs publiek maak, dan het almal ewe veel pret en moet ons almal ewe hard aan die raai werk.
https://fresh.inlinkz.com/p/92c8b09853e5402590c33e01c6889258
Lekker snoer.
Kameel
Welgedaan Hester. Ek hou baie van!!!
HesterLeyNel
Dankie Kameel
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre
Ek laaaik die kwaai Hester!
HesterLeyNel
Dankie Vuurvliegie! 😀
Una
Jy bly ń bobaas skrywer, deur en deur!!!
HesterLeyNel
Dankie Una 😀
Positief
Jy mag maar, hoor
HesterLeyNel
Dankie Positief 😀