
Hierdie bloguitdaging oor ’n biblioteek in ’n verwaarloosde en verlate 19de-eeuse herehuis net buite Rebusfontein, word aangebied deur Kameel. Die uitdaging sal ’n vervolgverhaal wees en ons gaan weer hope pret hê soos destyds by Toweropstal.
Dis duidelik dat die huidige verwaarloosde toestand van die herehuis en die biblioteek die nadraai is van misterieuse gebeure, maar die feite agter die storie is nie bekend nie. Daar sal wel leidrade verskaf word in elke hoofstuk.
Opdatering: Hierdie uitdaging is gesluit.









Kameel
Dankie Hester 😊 Wonder wat hier gaan uitbroei? Ek soek ‘n naam vir die herehuis…. enige voorstelle.
HesterLeyNel
Villa Camilla
Kameel
Sal my villa in Italië eendag dié naam gee!! Maar helaas Toweropstal het geen skatte opgelewer sodat ek my villa kan koop nie.
HesterLeyNel
Kry ‘n broodjie by Frannie.
Kameel
Sy deel broodjies uit maar myne is altyd leeg 🤔
HesterLeyNel
Dreig haar met een van jou stilettos.
Tannie Frannie
Aanhitsing tot geweld!! Kan arme ekke dit almaskie help as die uitgawes om julle lot uit die tronk uit te hou (as ek nou reg onthou…) die voorraad diamante uitgeput het?
HesterLeyNel
Daar’s niks oor nie! 😲 Weet die ander Towerinne3 dit?
Tannie Frannie
Um, ek dink so – hulle wou mos nie behoorlik vaslê aan die Cullinan-diamante nie, al het ons gevra….
HesterLeyNel
Die Towerinne is nie eintlik in die wieg gelê vir misdadige optredes nie.
Tannie Frannie
??? Spreek die meesterbrein van bankroof en chaos?
HesterLeyNel
Chaos, ja, Towerinne verstaan chaos.
rondomtaliedraai
Hier kom ‘n ding
Una
As ek op die aansoekvorm kliek sê dit die bladsy is nie beskikbaar nie?
HesterLeyNel
Dis snaaks Una. Ek het altwee die vorms nou incognito getoets en albei werk. Hover oor die skakel vir aansoekvorm and selekteer copy link – paste dit dan in ‘n nuwe google tab en laat weet my of dit werk.
seegogga
Hester, as ek my naam wil opsit, sê dit iets van invalid link
HesterLeyNel
Ek sien Una sukkel ook. Ek het altwee die vorms nou incognito getoets en albei werk. Hover oor die skakel vir aansoekvorm and selekteer copy link – paste dit dan in ‘n nuwe google tab en laat weet my of dit werk.
HesterLeyNel
Ek het jou opgesit, Seegogga
seegogga
Dankie Hester was bietjie uithuisig en het nog nie ksns gehad om self te sukkel nie
HesterLeyNel
Plesier 😀
seegogga
Hester? Hoe vind ek uit wanneer dit my beurt is? Ek sien ook nie Frannie se post langs kameel s’n nie. Miskien kom dit nog.
HesterLeyNel
Die persoon wat jou nomineer sal jou “tag” wanneer dit jou beurt is. As jy wil, kan ek jou laat weet wanneer dit gebeur. Frannie het vandag haar bydrae geplaas. Skakel: https://frandr.wordpress.com/2019/09/23/misterie-van-die-ou-biblioteek-hoofstuk-2/
seegogga
Sak gaaf weez Hester. Baie dankie!
seegogga
Sal gaaf wees Hester. Baie dankie!
Rob Alberts
Een bijdrage zal ik niet leveren.
Tijdgebrek houdt mij tegen.
Wel ben ik onder de indruk van je mistroostige foto.
Stille groet,
HesterLeyNel
Dit sal nie lank mistroostig bly nie, Rob. Hierdie klomp bloggers sal die biblioteek op sy kop omkeer. 😁
scrapydo2.wordpress.com
Daars hy, my inskrywing het glad verloop. Kannie dink hoekom Una en Seegogga gesukkel het nie? Hul bly dalk te naby aan die link! Ha ha, nou kry ek sommer lag vir myself.
Laat waai Meraai in die Baai lat ons sien wat hier gaan uitbroei. Ek is van die 27e Sept tot ek dink die 3e Okt val lyn af. Gaan weer plaas oppas waar geen opvangs is nie.
HesterLeyNel
Soms is die internet vol draadwerk. Draadwerk! Hahaha. Ons sal ‘n aantekening maak van jou “af”dae.
scrapydo2.wordpress.com
Baie dankie. Daar is geen opvangs van enige aard nie(in die berge) dus kan ek ook nie lees wat alles aangaan nie . Sal weer tweede in Oktober van Woensdag weer op die lug wees. In die tussentyd maak ek al my aantekening om te gebruik.
HesterLeyNel
Sal dit dalk vir jou makliker wees om vroeër te skryf – voor die 27ste? Of gaan jy besig wees met jou reëlings?
scrapydo2.wordpress.com
27e begin my oppas tyd so ek het net volgende week tyd as dit is. anders sal dit eers na die 2de Okt moet wees. Ook maar kieskeurig ne!
HesterLeyNel
Ja, maar as ‘n mens kan ‘n wegbreekkansie kan kry, kan jy nie dat die internet in jou pad staan nie. Ek sal ‘n aantekening gaan maak op ons spreadsheet sodat die mense weet wanneer jy weg is is.
scrapydo2.wordpress.com
Ek het vanoggend behoorlik na datums gaan kyk. Ek is eers weer die 8ste Okt terug by die huis. Dankie vir die verstaan.
HesterLeyNel
Oukei, ek sal ons spreadsheet opdateer.
scrapydo2.wordpress.com
Dankie jys n engel.
Kameel
Hester ek het sommer in daardie aansoekvorm my naam nog tweekeer bygevoeg…. nou kry ek dit nie weer af nie. Dit het vir my ook gesê invalid toe probeer ek tweekeer… en daar het hy dit gevat… invalid of te nie. Ek sien Seegogga se naam is nog nie by nie.
HesterLeyNel
😜 Ek sal gaan kyk wat aangaan.
Kameel
Ek het soveel nonsens aangevang op my laptop dat skoonseun ‘n password opgesit het dat ek op niks behalwe Fb, blogs en fotos kan ingaan sonder sy toestemming nie. Miskien moet jy my ook “ban.”
HesterLeyNel
Ekskuus dat ek nou lag. Ons kry soms kliënte wat niks van rekenaars weet nie en ons moet hulle stap vir stap leer om op die webtuistes te werk wat ons vir hulle bou. Die eerste ding wat ons gewoonlik sê, is: “Moenie bang wees nie – jy kan dit nie breek nie. En as jy dit breek, onthou dat ons back-ups het en dit kan regmaak.” Tot dusver het ons nog nie sulke ongevalle gehad nie, maar liewe Kameel – dalk moet ons tog maar liewer nie vir jou ‘n webtuiste bou nie.
Kameel
Sal jou baie kopseer spaar Hester. Ek erken ruiterlik so min soos ek wiskunde kan doen, of rigting hou… so min kan ek my pad op ‘n rekenaar vind. 😊
Abrie Joubert
Hi Hester ‘n foto wat mens kan inspireer. Maar helaas het ek my nie blootgestel aan die Rhebusfontein “kultuur” en is ek ook nie meer so bedrywig op my blog soos destyds nie. Maar ek is seker julle sal ‘n ‘n interessante, leesbare en humoristiese storie ontwikkel.
HesterLeyNel
Dankie Abrie. Ek is seker waar die klomp Towerinne bymekaar kom, sal daar altyd vuurwerke wees.