Sosiale media, meesal Facebook en Twitter, bied ‘n wonderlike uitkoms wanneer slapeloosheid my oorval en my boek vervelig raak of musiek te veel word vir my ore. Dan raak ek weg in die wêreld van mense wat my laat lag, huil of op my tande laat kners.
Ek het, wonder bo wonder, verlede nag deurgeslaap, tot vroeg vanoggend. Baie vroeg. En ek moes die klein skermpie nadertrek om my stil te hou totdat my huismense ook wakker word. Nodeloos om te sê, ek het ‘n vreeslike besige mond wat nie stil kan wees nie, maak nie saak waarmee die kop doenig is nie en my huismense word nie die lawaai gespaar nie.
Maar ek wil gou ‘n paar juweeltjies deel:
Kort voor lank het ek gegil van die lag vir die man met die groot persoonlikheid wat Zuluklasse aanbied (wat ek volg) en ook ‘n Facebookbladsy bestuur: Melusi’s Everyday Zulu. Sy sin vir humor is vlymskerp en sy hantering van die Engelse taal meesterlik. Hy bespreek elke dag ‘n Zuluwoord of -frase. Vanoggend s’n:
Today’s isiZulu word is amandla. Amandla is strength/power. The direct translation of the revolutionary chant “amandla awethu” is “the power is ours”. You can use this phrase every day to remind yourself that the power to achieve what you want lies within you. Amandla to overcome belong to you – no matter the situation or circumstance. Well, except for erectile dysfunction, load shedding, toddlers and taxi drivers. There you are just powerless.
Ek is ingeskryf by ‘n Facebookgroepie met die naam van Senior with humor en hierdie versugting na ‘n kalmer leefstyl is bygedra deur een van hulle lede:
In my next life….I want to be a female bear. If you’re a bear, you get to hibernate. You do nothing but sleep for six months. I could deal with that. Before you hibernate, you’re supposed to eat yourself stupid. I could deal with that, too. If you’re a bear, you birth your children (who are the size of walnuts) while you’re sleeping and wake to partially grown, cute, cuddly cubs. I could definitely deal with that. If you’re a mama bear, everyone knows you mean business. You swat anyone who bothers your cubs. If your cubs get out of line, you swat them, too. I could deal with that. If you’re a bear, your mate EXPECTS you to wake up growling. He EXPECTS you will have hairy legs and excess body fat. Yep…… I wanna be a bear.
Nog ‘n persoon het genoop gevoel om haar te wend tot sosiale media om te probeer hulp kry vir die watertekort waarmee die Suidkus getreiter word. Nie omdat daar nie water is nie – ons kry genoeg reën en die riviere bly vol – maar omdat die infrastruktuur so swak is en die munisipale dienslewering ‘n grap. Baie van die landelike gebiede het nie lopende water nie en in sommige gebiede moet een waterkraan (‘n “stand pipe”) sommer ‘n hele paar huishoudings bedien.
Ek volg ‘n groepie met die naam van UGU Complaints waar desperate inwoners hulle menings lug, raad vra en hulp soek by die Ward Councillors van UGU munisipaliteit. Die bydraes van die lede wys alte duidelik uit dat die mense wat dit die minste kan bekostig, altyd die swaarste getref word deur hierdie soort wanbestuur. Hierdie vrou se klagte is dat die water in haar huis nie van ‘n binneshuise kraan af kom nie, maar van die “stand pipe” 50 m van haar huis af – die kraan is buite werking en die water wat ongehinderd uitloop, oorvloei haar huis:
I wonder why ppl re treating us like this ..they getting paid everymonth for doing nothing.ppl doesnt hv water n in my own house i cant move bcoz water is coming from the stand pipe into my house..even my yard look like serage kids cant play outside bcoz of this water
Laastens: as julle nog nie hierdie berig oor Cyril Ramaphosa, die “unidentified leader” gelees het nie, doen dit nou. En lees sommer die reaksie van Twittergebruikers op hierdie artikel. Dit het nou weer ontaard in ‘n ondergonsie – woede teenoor iemand wat in sosiale media uitgespreek word met die doel om reaksie (“likes”) te ontlok (Definisie: VIVA – Varsgebek 2017).
https://www.news24.com/SouthAfrica/News/cyril-who-sa-tweeps-lose-it-as-us-reporter-refers-to-ramaphosa-as-unidentified-leader-20190826
Photo credit for featured image: Image by Tchekele from Pixabay
Anne
Amandla to us all!
HesterLeyNel
😁
Una
Ek sal ook ń female bear kan wees. Ja defnitief. ñ Oulike een.
HesterLeyNel
Ek is darem net té nuuskierig om te weet wat buite aangaan – ek sal baie onrustig hiberneer.
Kameel
Dan kan jy jou beenhare laat groei somder om bang te wees jy beland in die sirkus Una.
HesterLeyNel
😀
Dr Christa van Staden
Het ek dit nou geniet, tot gaan lees oor die ondergonsie. Mooi woord. Vreemd op die tong. Ek lag oor die unidentified leader. Dit is hoekom ek Twitter laat gaan het. Die mense se tonge verskrik my.
HesterLeyNel
Ek neem nooit deel aan die bitsige debatte nie (ook maar lafhartig), maar dit amuseer my eindeloos.
Dr Christa van Staden
Ek stem saam
coetzee2014
Nou sê die slimmes, ons moenie daardie goed in die nag aansit nie, dit jaag die slaap net verder weg.
HesterLeyNel
Die slimmes is reg. Maar as ek reeds wawyd wakker en uiters verveeld is, kan dit seker nie verdere skade doen nie.
woordnoot
Jip…daar is eintlik goeie vermaak op sosiale media….ek dink ek moes n beer gewees het. Iemand het nou weer daai ry geskip en beland to in die homo sapiens ry…eish..nuuskierigheid!
HesterLeyNel
Ja, ek moes liewer in die “groot katte”-ry ingespring het.
Kameel
Ek sal met die grootste plesier ‘n beer wil wees. Die wêreld daarbuite maak my moeg.
HesterLeyNel
Ek laaik die wêreld fine. Ek hou nie altyd van sy mense nie.
perdebytjie
Ek wil ook ‘n beer wees! Arme ou Cyril…ek moet sê hier rond is hy ook redelik “unidentifiable”, want daar is nie veel tekens van leierskap nie.
HesterLeyNel
Ek is bly jy het dit gesê – ek dog ek is die enigste een wat so voel.
trommeltjies
Mooi man, ń beer sal ek kan wees. Vat nie nonsens nie beer in die somer en heerlike rustige slaap in die winter, dan hoef ek nie op koue oggend uit my bed te klim nie.
HesterLeyNel
Ja, dis een voordeel 🤣