Vanaand is die aand wat ons ‘n konsert gaan hou wat Rebusfontein tot in sy fondamente gaan skud. Die Towerinne moet onthou om hulle kort uitskop-rompies en danstekkies aan te trek. Ons gaan musikante hê wat optree by ons amfiteater – ons gaan dans en paartie hou tot net skuins duskant dagbreek.
Kom neem deel aan hierdie bloguitdaging wat deur Woordnoot vir ons geskep is en hak jou blogpos aan die skakel wat spesiaal hiervoor geskep is: https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f
Ek het grootgeword in die 60’s en natuurlik het ek nie die Rock n Roll era, die jitter bug, die shake en die twist misgeloop nie. Ook nie die energie van die musikante wat geruk, gerol en hulleself hees gesing het om die dansvloere nie. Wie van my blogvriende onthou nog die opwinding, die romantiese atmosfeer wat aangeblaas is deur die “wilde” musiek (volgens ons ouers), die romanses wat geblom het op die dansvloer en rondom die platespelers waar ons nog musiek gemaak het met seven singles?
Hier is ‘n voorsmakie van wat gaan gebeur. Die Beatles was een van die groepe wat die 60’s musiektoneel oorheers het. Ek het op 13-jarige ouderdom smoorverlief geraak op al vier (kon nie kies tussen hulle nie) en vandag nog, wanneer ek hierdie liedjie hoor, voel ek vlinders in my maag. Die dans is die jitterbug wat reeds in die 40’s so gewild was.
Lyrics:
I have no kick against modern jazz
songwriter: Chuck Berry
Unless they try to play it too darn fast
And change the beauty of the melody
Until it sounds just like a symphony
That’s why I go for that rock ‘n’ roll music
Any old way you choose it
It’s got a back beat, you can’t lose it
Any old time you use it
It’s gotta be rock ‘n’ roll music
If you wanna dance with me
Soms is ek verbaas dat ek na al hierdie jare, dekades eintlik, nog elke woord van elke liedjie onthou. Ek wens my geheue was so so goed wanneer ek moet onthou waar ek my motorsleutels neergesit het. Tot my verbasing sing my kinders ook nou soms hierdie liedjies en tot hulle verstomming, val ek op die regte noot in en sing ewe lekker saam – oukei, miskien haal ek nie meer al die note nie, maar die energie bruis nog lank genoeg deur die are om die liedjie enduit klaar te sing. Wie het almal gebop op die maat van “Well be-bop-a-Lula she’s my baby
Be-bop-a-Lula I don’t mean maybe”?
of die een hieronder, Barbara Ann deur die Beach Boys?
Lyrics:
Ba ba ba ba Barbara Ann
songwriter: Fred Fassert
Ba ba ba ba Barbara Ann
Ba ba ba ba Barbara Ann (take my hand)
Ba ba ba ba Barbara Ann
Ba ba ba ba Barbara Ann
You’ve got me rockin’ and a-rollin’
Rockin’ and a-reelin’
Barbara Ann
Ba ba ba ba Barbara Ann
Went to a dance
In die middel-sestigs het almal geruk en geskud op die maat van musiek sonder om ooit aan hulle dansmaat te raak. So anders as die balke toe langarmdanse wat die “oumense” gedurende die bruilofsfeeste gepleeg het. Die ouer generasie kon nie hierdie nuwigheid verstaan nie en het gemor oor die onkruidsige kinders wat hulleself so knoop soos koeksusters – die nuwe danse het niks goeds voorspel vir moraliteitstandaarde nie. Aan die voorpunt van die twist n shake was Chubby Checker wat ons almal leer dans het. Wie onthou nog Hooka Tooka, Limbo Rock, Jingle Bell Rock, Whole Lot of Shaking Going On en natuurlik Let’s Twist Again?
Lyrics:
Come on let’s twist again
songwriters Kal Mann / David Appell
Like you did last summer
Yeah, let’s twist again
Like you did last year
Do you remember when
Things were really hummin’
Yeah let’s twist agin
Twist the time is here
Well, around and round and up and down
We go again
Come on baby make me know you love me so
En terug by die Beatles – Twist & and Shout het ten minste een keer by elke partytjie weergalm. Kom wees nou eerlik – is dit enigsins moontlik om jou voete stil en jou mond toe te hou wanneer hierdie klanke opklink?
Lyrics:
Ah, ah, ah, ah, wow
songwriters Bert Russell / Phil Medley
Baby, now
Twist and shout
Come on, come on, come, come on, baby, now
Come on and work it on out
You know you twist, little girl
You know you twist so fine
Come on and twist a little closer now
And let me know that you’re mine
Well, shake it, shake it, shake it, baby, now
Well, shake it, shake it, shake it, baby, now
Well, shake it, shake it, shake it, baby, now
Ah, ah, ah, ah
Hoe wens ek soms ek kon daardie dae, toe ek sulke absolute sekerkeid gehad het dat die lewe wonderlik gaan wees, weer terugkry. Net vir ‘n paar uur wil ek weer wil ek weer kan vóél soos wat ek gevoel het toe ek sewentien was. Ek dink nie my emosies het ooit weer so hoog gehardloop soos op daardie ouderdom nie. Baby (in Dirty Dancing) was reg toe sy vir Johnny beduie het hoe sy oor hom voel en hoe bang sy is dat daardie gevoel nie ooit weer dieselfde gaan wees nie – effens seer, en terselfdertyd duiselingwekkend.
I’m scared of everything. I’m scared of what I saw, I’m scared of what I did, of who I am and most of all I’m scared of walking out of this room and never feel again the rest of my whole life the way I feel when I’m with you.
Ek wou die toneel uit die fliek hier geplaas het, maar ek hou meer van die Staccato’s se weergawe van Cry to Me. Ons het tog almal die fliek gesien en hoef net ons oë toe te maak en ons verbeelding in te span om weer te sien hoe Baby en Johnny hulleself verloor in die liefde.
Lyrics:
When your baby leaves you all alone
songwriter: Bert Russell
And nobody call you on the phone
Doncha feel like crying
Doncha feel like crying
Well, here I am, my honey c’mon baby, cry to me
When you’re all alone in your lonely room
And there’s nothing but the smell of her perfume
Doncha feel like crying
Doncha feel like crying
Doncha feel like crying
C’mon baby, (c’mon) cry to me
Vanaand gaan ons dus ‘n bietjie hare laat hang, die inhibisies opsyskuif en ons vergryp aan die lewe en die liefde. Geniet dit!
Ns. Ja, ek weet Elvis is heel bo aan my blogpos en nou het ek nie ‘n woord oor hom gesê nie. Dis bloot nie nodig oor oor hom te praat nie. Ek het alreeds alles oor hom gesê deur die jare. Kyk hier. Ek weet een van die ander Towerinne het hom genooi, dus hoef ek niks te sê nie.
rondomtaliedraai
Lekker Lekker
HesterLeyNel
Gaan jy daai lyfie skud?
rondomtaliedraai
Mens kan nie anders nie!
rondomtaliedraai
Natuurlik!
VirgoC
Oooooo, Twist and Shake…heerlike song en leer twist ek hier in die Sandpit nou. Lekker het ek geleer jive en twist op die musiek🤗🤗🌻💃
HesterLeyNel
Ek wens ek kon dit nog doen, maar ek sal my bene knoop en my enkels breek
woordnoot
Hester, Hester!!!! EK is nou uitasem getwist…en dit vir ‘n kind wat nie met die sondige musiek grootgeword het nie!!! Dankie…dit was en is nog steeds die beste musiek!!
HesterLeyNel
Sê ek ook
Toortsie
Sjoe! Uitasem is ek nou geruk en gerol! Lekker!
HesterLeyNel
Ons moes baie fiks gewees het in ons jongdae
Toortsie
Ek weet ons was. 😁
Toortsie
Maar ek is ‘n kind van ‘n dekade later. Ons het langarm gedans.
HesterLeyNel
Ek het dit nooit aangeleer nie, heelwaarskynlik toe te skryf aan die feit dat ek nie daarvan hou as mense aan my vat nie. Ek is nie regtig ‘n “drukkie”-mens nie, behalwe waar dit by my kinders kom.
Olga
My cd versameling bestaan grotendeels uit Rock and Roll. Ousus waarsku almal altyd om nie idees te kry nie, dis hare vir ëendag.”
HesterLeyNel
Daar is net geen ander musiek wat die bloed so laat bruis nie.
scrapydo2.wordpress.com
Cry to me is ook n vaf van my. Ek was nie regtig n Beatles fan nie. Dit was taboe om na hul te luister in my tyd. Uit die bose waaroor hul gesing het toentertyd. Darem n lekker vrolike tyd die ruk en rol tydperk met die wye rompe wat uitgeskop word deur jaarts se onderrokke. Moenie die wit sokkies weggooi nie.
HesterLeyNel
Daai wit sokkies, ja. Ons het nie regtig die Amerikaanse kleredrag en uitspattige haarstyle / grimering gevolg nie (ons ouers sou stilstuipe gekry het), maar die musiek was GROOT.
scrapydo2.wordpress.com
Ja ons ouers was maar stuiperig van aard veral as dit by die musiek gekom het.
HesterLeyNel
Praat jy. Ek het een aand amper streepsuiker gekry omdat ek na boeremusiek geluister het. Ek kon nie verstaan nie – dit was dan musiek vir die boere en wat kon nou verkeerd wees? … Ek het so geskrik dat ek tot vandag nog nie boeremusiek kan verdra nie.
scrapydo2.wordpress.com
Ha ha, ek het gladnie met boeremusiek groot geword nie. My man was mal oor boeremusiek en ek het dit op einde gehaat omdat hy dit aanhoudend en klip hard gespeel het om my te verpes. Jy kan nie dit weggooi dat boeremusiek baie lekker dans nie!
HesterLeyNel
Dis seker waar, maar jy moet onthou, ek is nie ‘n wafferse danser nie.
scrapydo2.wordpress.com
Daars niks so lekker om n vastrappie te trap nie.
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre
Lekker Lalie!
Kameel
As jy my nou gesien het, het jy gelag. Foon in die hand, oorfone in die ore en voete, lyf en arms wat lewe hier in die bed. Waaaar is daardie jare van ruk en rol en jive totdat jy amper flou neerval. Ek voel ook so… gee my net een aand my jong lyf en daardie energie en daardie musiek. Dink nie jy het my konsert bygewoon nie… maar Elvis se Jailhouse Rock is daar gesing. He stays my unsunken hero. 😊
HesterLeyNel
Ek sien jou nou so voor my geestesoog … Ek is beslis ook ‘n Elvis fan. Jy’s reg, ek het jou konsert gemis. En ek het nogal die afgelope twee dae hard probeer om op te vang met al die blogs wat ek nog nie gelees het nie. Ek gaan nou daar lees.
Kameel
Voel jy beter?
HesterLeyNel
O ja. Ek is net onfiks en moet werk aan my energievlakke, maar ek voel beslis baie beter.
Una
Ek hou steeds meer van los dans as vas, dis hoe ons dit noem. Net solank manlief hier iewers om my sy eie steppies uithaal, kan ek myself in die musiek verloor. Jy het ñ interessante lysie hier beet, Hester. Ek spaar almal s’n, want een aand gaan ek Bertus vermaak met my wonderlike nuwe versameling. En hy gaan BAIE beindruk wees.
HesterLeyNel
Of hy gaan baie geskok wees 😂🤣😅
pajamasmetsokkies
Agge nee, ek wil saam konsert hou en hier sit ek voor my rekenaar en bekommer oor spertye. Dis onregverdig. Ek hoop ek kan binnekort saam kuier.
Ek geniet jul almal se konsertliedjies. My tiener luister ook jul musiek en dan sal sy sommer opera tussenin, musicals en alternatiewe rock. Nog nooit ‘n kind teëgekom wat so wye musieksmaak het nie.
Nou ja, geniet dit dubbeld soveel vir my ook! xxx
HesterLeyNel
Dankie, ek hoop die spertye lig een van die dae sodat jy kan saamspeel.
Dr Christa van Staden
Wonderlik, ons mag nie daarna geluister het nie, maar ek het elkeen van hierdie in my grootmensjare ontdek. En is nou sommer lekker teruggevoer.
HesterLeyNel
Ons mag ook nie geluister het nie … maar ons hét. En na al hierdie jare onthou ek nog steeds hoe dit my hele wese laat verlang het na mense wat ek nie eens ken nie.
Dr Christa van Staden
Ek stem saam, te lekker op Tuks op hulle musiek gedans!
Tannie Frannie
Mmmm, een epiese aand het ek ‘n yslike aartappel in my een sokkie getwist…
HesterLeyNel
Wow, Frannie! Gelukkig was dit nie ‘n blaas op jou vel nie 😀
Tannie Frannie
Ja! Sê nie veel vir my danstegniek dat dit net op die een voet was nie…
HesterLeyNel
🤣