My vreugdes en frustrasies

My eiers

‘n Kosbare snoer met tien woorde is weg

‘n Kosbare snoer met tien woorde is weg. Ek het al oral gesoek. Nou kan ek nie ‘n Rebusfontein storie vertel nie. Ek ontdek ‘n briefie van Willemien Winter-Woorddief, daai ene wat ons skryfmuse so kortwiek en sommer mens winter gemoedsbekakking gee. Sy vertel dat sy die snoer gegaps, en gaan wegsteek het. Sy wil hê ons moet ‘n storie of wat skryf, dan sal sy ons uitlos.

Vuurvliegie

Ek het so ’n ou simpel verkouetjie saamgebring daar uit die regte wêreld waar ek woon. Daarom gaan ek nie vandag buite rondloop nie. Nou sit en snoer ek maar woorde hier hoog en droog in Frannie se toring. Ons twee hou die pad dop om te sien of Silver kom kuier vir die naweek.

Frannie spring op en af soos ’n bakvissie elke keer as sy ’n motorfiets hoor brul, maar dis VirgoC en Padda wat hier onder in die straat verby is. Hulle sal seker ook nou-nou hier in die toring opdaag, want hulle weet Woordnoot het van die Oom se sjampanje vasgelê om die nuwe intrekkers te verwelkom en hulle sal wil kom help drink. Una is alreeds hier en ek dink sy het klaar ’n glasie of wat agter die blad, want sy weet te verklaar dat sy ’n nuwe inwoner is en dring daarop aan dat ons haar Engela noem.

Die uitsig hier bo uit die toring is asemrowend. Ek kan die hele dorp sien, selfs tot daar by Trommeltjies se visdam waar die vierpotiges hulle dors les en sommer hulleself tuisgemaak het in die skaduwee. Ek wonder of Toortsie weet dat hulle haar laslappiestrooikussings geleen het om onder die boom oop te gooi. Ek sê liewer niks. Porkie sal darem seker toe sien dat hulle hulself gedra. Scrapydo2 se uiltjie het die wêreld se wysheid in pag.

Ek is amper seker Vuurvliegie het vir Lorenzo gevra om ’n ogie te hou oor die diere terwyl die Towerinne kuier, maar hy is Missing In Action. Ek kan hom nêrens sien nie. Net toe stamp Perdebytjie aan my en beduie ek moet deur haar kamera se lang lens kyk. Daar doer in die verte op die rivieroewer staan Lorenzo met Lelik aan die leiband. O, nee wag, nie Lelik nie – wat is sy naam nou weer? – Danie. Is dit Danie? Danie is nuut hier en moet op die leiband bly totdat ons seker is hy gaan nie verdwaal nie.

Lorenzo hou vir Christa dop waar sy rondkerjakker op haar speedboat. So intens is sy konsentrasie dat ek bevrees is sy oë gaan uit hulle kaste spring. Is dit nou oor die boot of die boot se ewe mooi baas … ? Ek het gesien hulle twee het gisteraand so lekker langarm gedans. Wonder wat gaan Camilla hiervan dink.

Ek dink Bondelsgedagtes het so pas gearriveer. Daai bekkige papegaai, Pasella, se stemmetjie kan jy oral herken. Nou wag ons net vir Seegogga en Hier Blok Ek. En vir Silver natuurlik. Vanaand gaan Rebusfontein weer uit sy nate klim.


Om aan hierdie bloguitdaging deel te neem: Kry die 10 woorde of name en snoer ‘n lekker Rebusfontein avontuur – onthou om jou antwoorde in vet letters te plaas! Daar is vier karakters en ses plekke/items. Tower dan jou storie op. Maak seker om die 10 woorde in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe. Ons uitdaging strek oor twee weke, op 10 Julie 2019 sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie! Hier is die skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/441ac97f21cd4d26acca046b62db5fc8

Follow Dis Ekke

38 Comments

  1. Hester….die klomp gaan jou verpes. Ons sal maar sien as ons aan die einde die woorde plaas. Kostelik, bwahaha. Hier kan ek nou aanhaak en my storie vertel. Bwahaha👍📚✏😂

  2. Uitstekend! Sjoe! Rebusfontein, hier kom ons! Vanaand kuier ons in Frannie se toring! Yessss

  3. En waarheen het die leidrade nou verdwyn? Huh?

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Nee, die leidrade is mos daar by Vuurvliegie – hoekom soek jy dit nou by my? Ek het só gedog: ek sal nou eers my woorde toehou en kyk wat sit julle in. As ek dan nou ‘n fout gemaak het, kan ek dit dan eers gou gaan regmaak en meer punte verdien vir my opstel. Sien Juffrou nou?

  4. Awww, ek’s so bly julle kuier vanaand hier by my! Gee aan daai alkoholiese verversings dat ek enige gedagte aan Silver kan verdrink….

  5. Aangesien ek dan nou glo al ń paar keer na mekaar dors was, sal ek nie veel sê nie… Ek wonder steeds wie is Engela.

  6. En sal Danie nou liewer vir my luister of vir haar…

  7. Opwindend, Engela? mmmm wonder of dit die Engela is wat my eerste plek in die resies weggeraap het. Ek was reg om as wenner van sportdag aangekondig te word toe hol sy net so n tree voor my en gryp die beker uit die hoof se hande en hardloop verder. Lekker man, dit gaan n fees wees.

  8. Ek neem nie hierdie keer deel nie… Rebusfontein het my getraumatiseer. Ek hou ook nie van die naam ENGELA nie!!! Lekker skrywe Hester.

  9. Hee-hee, ek kan die woorde sien, maar my lippe is geseël ;-