My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Probleme met Rebusfontein se gaste

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Kyk, die gaste by ons feestafel by Rebusfontein het groot pret opgelewer en ook baie marankas voortgebring. By Rebusfontein leef ons mos in technicolour en moeilikheid groei soos soetpatat aan ‘n rank.

Kan ook nie anders nie, met die groot verskeidenheid gaste en ook “ongaste”, soos wat Vuurvliegie die minder welkome gaste noem. Daar het ‘n paar liederlike en tog heerlike skandes aan die lig gekom waarvan ek met groot genot kennis geneem het. Ek hoop die bloggers kan die stories agter die stories vertel, sodat ons kan hoor watter waarheid is en watter net skindernuus is. 

  • Vuurvliegie sê Nataniël het Kim Kardashian se boud afgeblaas. Hoe dan – is dit waar my vleisvurk heen verdwyn het? En hoe sit sy dan nou op so ‘n hoog-laag-oppervlakte?
  • Blondi, Hitler se hond, word vermis van die fees af tot nou toe. Iemand reken die Rebusfonteindiere het iets te doen met die verdwyning, want hulle reken toe dat so ‘n baas nie ‘n hond verdien nie. Die ding is, Hitler is nie ‘n ou met wie ek wil moeilikheid soek nie, en daar het twéé Hitlers opgedaag (saam met Kameel en Bondels). 
  • O en horie, is dit waar dat Patricia (Trevor se ma) sommer vir ou Henry VIII reggesien het toe hy sy byltjies uitpak het? Die man wou seker net Una se speenvarkie kerf. Hoop ek. Hy het darem seker nie gemeen om iemand se kop … 🤔

Nou luister, vertel vir ons die storie soos wat jy dit gesien het. As jy dalk ‘n ander soort moeilikheid sien ontwikkel het, vertel daarvan. Of vertel net van die wyshede wat om die tafel kwytgeraak is. Ons soek ál die sappige detail.

Follow Dis Ekke

12 Comments

  1. Oe lekker, ñ opdrag om te klik! Yes yes.

  2. Hoera, ons kan stories spin, feite of versinsels uitruil, draak steek, towerin.

  3. Ek het my storie van verlede week daar geplak, al is dit nou nie so ‘n erg skinderstorie as wat jy sou wou hê nie.

  4. Ek sal eers moet inhaal…weet nie eintlik wat aangaan nie!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Vat jou tyd. Dis maar net ‘n klein deeltjie van die Rebusfonteinsage wat blybaar nog lank gaan aanhou, maar dis nie ‘n vervolgverhaal nie – net sulke grepe uit die doen en late van die Towerinne. Groot pret.

  5. Ooooo koei!! Of is dit nou vark…..hiekomit nou

  6. Hester en as ek nou soos die drie varkies….ek bedoel drie apies van sien, hoor en praat niks daar langs Hitler sit en bewe het?