Liewe Dagboek, die einde van die trauma het aangebreek. Ek weet ek het die afgelope (amper) drie weke so hard fikseer op die probleem met die vervlakste grasdak wat net nie kan klaarkom nie, dat ek skoon vergeet het dis nie ál waaruit my lewe bestaan nie. Daar is meer as net ‘n grasdak, ‘n vuil huis en ‘n landlord wat … newwermaaind, daai’s nou weer ‘n storie op sy eie.
Die werkers het die voorste deel van die dak gister ge”kam”, maar hulle kon nie die agterste deel doen nie, want die lig was te swak in die laatmiddag. Dus was hulle vandag weer hier en uiteindelik is dit klaar. Die dak lyk baie mooi, maar natuurlik weet ons nou nie regtig of dit nou dig is nie – ons sal maar moet wag vir die volgende reënbui wat verbykom en kyk hoe dit gaan. Ons (twee werkers, ek en my man) het die patio agter ons en die tuinpaadjies skoongemaak, potplante reggeskuif en die tuin water gegee. Ek het die jaartbesem stokflou gery. Dit lyk tonne beter – buite die huis. Die binnekant lyk nog maar oes.
Alles in ag genome, was die einde van hierdie sage beter as dié van The Game of Thrones, wat my vanoggend vir ten minste ‘n halfuur in die diepste ellende gedompel het.
Enniehoe, nou lê die groot skoonmaak voor. Elke duim vloer- en ander oppervlaktes was toe onder stof. Ek en die stofsuier het ek nog nie veel indruk gemaak op die algehele prentjie nie. Ná vanoggend se verwoede aanslag op die patio, was ek al klaar moeg en ek gaan my nou nie veel langer vermoei nie.
Ek gaan nou eers my badkamer uitskrop, stort en my gaan neerplak voor die tv met ‘n koppie groentesop. ‘n Paar episodes van Doc Martin sal my dalk net opvrolik.
Môre is nog ‘n dag.
Image by OpenClipart-Vectors from Pixabay
Toortsie
Ai. Bly julle is darem so ver.
HesterLeyNel
Dankie Toorts. Nou moet ons nog net skoonkom.
Toortsie
Dit sal ook gebeur.
rondomtaliedraai
Waar kyk jy Doc Martin op … ek mis iets?
HesterLeyNel
Netflix. Ons het jare al nie meer DSTV nie.
rondomtaliedraai
Ooooo ek het nie ‘n episode gemis nie. Ek dink die man speel nou in Manhunt wat spannend is
HesterLeyNel
Manhunt. Ek sal uitkyk daarvoor.
Anne
Ek is SO bly dat julle dak nou klaar is!
HesterLeyNel
Ja, dsis ‘n verligting, dankie Anne.
scrapydo2.wordpress.com
Uiteindelik gaan jy darem weer die son sien skyn op n skoon patio en binne die huis ook. Daardie kammery is ook interessant om te sien. Ek is ook mal oor ou Doc Martin(hys darem maar n ou knol wat net n paar warm klappe kort) My dag het gister so rustig verloop dat ek nie eers geskryf het nie.
HesterLeyNel
Ek hoop hier daal ook ‘n bietjie rus neer. Ek is besig met ‘n skryfkursus en ek kom nie daarby uit nie. Skielik stroom die werk ook weer in en Karen kom eers Saterdag terug van Johannesburg af.
scrapydo2.wordpress.com
Dis mos hoe dit gaan as die baas weg is hoop als op en baie werk kom dan juis uit. Watse skryfkursus is dit, as ek mag vra? Ek hou mos ook van nuwe uitdagings.
HesterLeyNel
Dis ‘n Afrikaanse kursus, baie omvattend en ek is al ‘n hele paar maande daarmee besig. Ek het gereken my Afrikaans is ietwat voos en wou leer skryf met goeie taalgebruik. Ek het by die eerste werkstuk al agtergekom my Afrikaans is vrot. Gaga. Dis hoekom ek deesdae woordeboeke lees. Dis agt modules en ek handig so eenkeer ‘n maand ‘n werkstuk in – en dan koes ek vir haar rooi pen. Baie nuttige skryfwenke ook vir die ouens wat wil boeke, kortverhale of artikels skryf.
scrapydo2.wordpress.com
Klink interessant. Mens is nooit te oud om te leer nie.
HesterLeyNel
Ja, maar die tyd bly ‘n opdraande probleem – ek is immer besig om alles op die laaste minuut te doen. Ek sê mos, my tyd word gesteel deur mense wat my onnodig besig hou met hulle strooi.
scrapydo2.wordpress.com
Sal goed glo. Sulke dinge maak my ook siels ongelukkig as die tyd gesteel word.
Net Ek
Ek dink ek benodig trauma berading na die laaste GOT episode. Want RERIG???? Is dit nou dit? Ek voel ingedoen. Ek voel ek moes dit nie eers begin kyk het nie 😆
Die draak pla my die meeste. Ek het snot en trane gehuil. Dit was vreeslik. En waarheen het hy gegaan? Kan ‘n draak ‘n mens begrawe of gaan sy vrot in sy poot? En wie gaan die draak nou troos, of gaan hy hom dood treur?
Dis net te vreeslik.
HesterLeyNel
Ja, dis een van die los draadjies (die draak). Ek is bitter teleurgesteld in hierdie laaste seisoen en kry die gevoel dat hulle dit net so gou as moontlik wou klaarkry.
Net Ek
Ja ek is ook teleurgesteld. Weet nie of ek agter die tyd is nie, maar die skrywer het glo gesê hy gaan nou nog 2 boeke skryf. So kom ons kyk maar. Voel net half soos mosterd na die maal.
HesterLeyNel
Ek het die eerste vyf boeke gelees. Dit stem nie in alle opsigte ooreen met die reeks nie en ek hou meer van die boeke se weergawe. Ek siewn dus uit daarna om te kyk hoe hy die storie verder voer.
Rambo
Ma sê dit klink asof die grasdak baie moeite en werk kan wees, maar ons is bly al die gewerkery is klaar. Vat dit maar rustig. Ma sê as die series so boring raak kan sy die horries kry.
HesterLeyNel
Horries is ‘n uitstekende woord. Baie dinge gee my deesdae horries.
Rambo
Hahahahah!
sonell
Ek is so bly vir jou part! 👏🏻👏🏻👏🏻
HesterLeyNel
Dankie Sonell
woordnoot
Ek is so bly dat jy nou terug kan keer na normaal toe. Het nou gister gehoor hoe almal kla dat die laaste episode so bummer is….nou wil ek nie eers begin kyk nie. Het al so vier van die heel eerste reeks gekyk maar nou ja…om deur al daai episodes te stoei vir ‘n vrot einde sal dalk nie deug nie. Maar ek is blt jou sage is oor. Vertrou regtig dat die dak alle reëns sal deurstaan!
HesterLeyNel
Ek dink nie ek gaan hier woon wanneer die volgende rebnseisoen verbykom nie. Ek het nie voorheen die series gekyk nie. Aan die begin van hierdie jaar ek het alle seisoene in ‘n paar dae se sitting gekyk en dit briljant gevind. Hierdie laaste seisoen – pffft. Ek wag nou maar vir die skrywer se volgende twee boeke wat blykbaar in die pyplyn is.
woordnoot
Ekke sal ook trek voor die reen kom….
Kameel
Klink of jy weer planne het om te trek. Jy sou ‘n goeie voortrekkervrou uitgemaak het!!! Sonder die besem 🤔
HesterLeyNel
Dis waar. Kaalvoet oor die Drakensberge in my sisrok. Ek sit nie onnodig op met ander mense se stront nie – hier is huise beskikbaar in dieselfde kompleks, dus sal die trek nie te traumaties wees nie. Hier het al ‘n paar mense kom vra of ons hulle huise sal huur wanneer ons kontrak hier klaar is. Die mark is ongelooflik sleg op die oomblik, niemand koop nie en almal sukkel om ordentlike huurders te kry.
Bondelsgedagtes
Fantasties!!! Bly vir jou, jy het my lekker laat giggel oor die jaartbesem…
HesterLeyNel
Dankie Bondels
ekmyselff
Hoe julle klink besig, ek hoop die groentesop was lekker
HesterLeyNel
Dit was!