My vreugdes en frustrasies

My eiers

Ek is ‘n honorêre inwoner van Rebusfontein

White walls with blue door and windowframe

En van vandag af is ek een van die honorêre inwoners van hierdie dorpie Rebusfontein, in die magiese #MiddelMzanzi. Magies ja, want al veertien van ons is Towerinne. Ons het al baie avonture saam beleef. Dink maar aan Die perfekte misdaad wat ons by Toweropstal gepleeg het, ons vlug voor die gereg in Die Voortvlugtiges, Ons tyd in die towerpaleis en ons Kuier-Safarie – die epiese reis wat ons onderneem het deur Suid Afrika. Ons het al baie pret gehad, ’n gebrek aan verbeelding het ons beslis nie. En nou gaan ons net weer aan daar waar die Kuier-Safari opgehou het, met al die rolspelers weer in plek.

Dankie, Vuurvliegie, dat jy die bal aan die rol gesit en vir ons hierdie heerlike avontuur bedink het.

Ek moet sê, ek is sowaar ná ons laaste avontuur in ’n dreinpyp afgesuig soos wat Vuurvliegie gesê het. Vadsig. Nie lus nie. Dooierig. Onwillig. Ek kon lank nie ’n pen optel om iets te skryf nie. Die reine waarheid is dat ek effens skepties was oor hierdie avontuur, so in die koue herfsseisoen, maar kyk! – my bloedrooi jas is splinternuut en ek het ’n onesie aangeskaf vir die koel nagte. Geen verdere argument of diatribe van my af nie.

Vandat die Towerinne vanoggend man en muis daar by die vliegtuig se staanplek op die blomversierde ossewa geklim het, sing die bloed in my are en die vlinders fladder in my maag. Die klomp babbelkouse wat soos wafferse sigeuners die finale been van reis na die afgeleë dorpie aangepak het, het mekaar met innige blydskap begroet.

Ek het net my oë gerol toe die wiele oor die gruispad geknars het tot in die middel van die dorpie en ek die skare motorfietsridders en saamryers gewaar het. Tot die liewe Broodina was daar! Die Towerinne leer ook nooit ’n les nie, of hoe? Hier gaan weer onheilighede uitbroei, daarvan is ek seker. Ek wonder of die Colombiane ook nog hulle opwagting gaan maak.

Ek het egter nie tyd verspil om by my eie huis te kom nie. Ek het tone geklap, verby die Bali-straatkiosk (die B is steeds MIA), die waterput in die middel van die dorp en die giggelgroen bus wat onder ’n netjiese pergola staan. Lorenzo het my verwelkom by No. 1 Towerinstraat, Rebusfontein. Nou toe nou, nè! Hy het hom tuisgemaak in my stoepkamer en homself bereid verklaar om om te sien na die Towerinne se groentetuin wat hy in my werf aangelê het. Dis maar oukei, hy is nie lui nie en sy Italiaanse Mama het hom geleer om ’n to die for pasta te kook.

Daar is ’n spekboomheining om die erf en die voordeur van die wit huisie is seeblou, soos die kleur van die water daar by die Natalse Suidkus. ’n Paar los kussings in dieselfde kleur as die blou van die voordeur en die groen van die spekboom se blare, lê uitnodigend op ’n outydse swaaibank op die voorstoepie. Perfek vir daardie luilekker kuier of boekleessessie in die laatmiddagson.

Binne is die mure ook wit, die meubels eenvoudig, maar prakties en gemaklik. Daar is oral spatsels kleur wat die tema van blou en groen herhaal, maar niks oordonderend nie. Dis mooi. My kop is van nature deurmekaar en ek verkies dat my eksterne omgewing ietwat rustiger moet wees. Lorenzo kon nie ophou babbel oor die kombuis nie en ek moet sê, dit is besonders, met ’n ontbythoekie en ’n sydeur wat lei na ’n agtertuin.

Daar is ’n kweekhuis met groot glasvensters en Lorenzo het my baie trots gewys hoe die plantjies reeds in groot bakke gedy. Ons gaan dwarsdeur die winter genoeg kruie en groente hê vir al die Towerinne en hulle … uhm, aanhangers. Good boy.

Vroeg die volgende oggend is ek reeds op en besig om my rekenaartoerusting uit te pak. Die sagte klank van blues musiek hang in die lug. Ek is gretig om vir al die Towerinne te gaan dagsê, maar iets bly aan my krap. En dan val dit my by.

“Lorenzo, where is my Bali duck?”

Mompel-mompel laat sak hy sy kop. Ek frons en wonder wat aangaan. Dan wys hy met sy vinger na sy stoepkamertjie. Ek loer in en daar, op sy kussing, lê ’n Bali-eend met ’n blou kossie en blou plakkies aan.

Gits, die arme kind, is hy dan bang om alleen te slaap? Ek moet dalk maar vir hom ’n teddiebeer koop. Of ’n slaappop. Dalk moet ek dit eers met die ander Towerinne gaan bespreek.

Ek loop sommer in my pajamas straataf en hoor giggelende stemme daar van nommer 14 se kant af. Ja-nee, die res van die Towerinne is reeds daar by Vuurvliegie se huis en hulle drink koffie. Die voorbarige Ringo, Vuurvliegie se Towerhond, bied eetgoed aan. Vir ’n Towerhond het hy baie te sê – in suiwer Afrikaans nogal. Ek stuur hom om vir my skoon water te gaan haal by die put net om hom onder ons voete uit te kry.

So ja! Nou kan ek die probleem van Lorenzo en die Bali-eend met die Towerinne bespreek. Ek weet ek kan staatmaak op hulle hulp en bystand.


Image by Dimitris Vetsikas from Pixabay


Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie! Lees ook die ander bloggers se bydraes by hierdie skakel.

https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

Lekker snoer.

Follow Dis Ekke

60 Comments

  1. Hester, ons gaan laat Toorts vir Lorenzo ‘n teddie brei. Sy het so mooi gebrei aan daai truitjie nou die dag.

  2. So wat dink jy, Hester, ek is dom. Het Lorenzo jou Bali eend as sy teddiebeer gegaps? Ek het ekstras saamgebring, hoor.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Wel, ek sal hom nie kwalik neem nie. Hulle is so vervlaks oulik. Ek sal maar kyk wat ek hom in ruil kan aanbied – dalk sal hy hou van sy eie eend.

  3. Lyk my jy kry ook nie vir die liewe Lorenzo afgeskud nie! Lyk my regtig hy verlang na sy mammie. Ons kan saamklub en elkeen vir hom ‘n sagte speelding gee.
    Jou huisie klink baie gesellig, Hester. Ek is bly oor die vooruitsig van vars groente. Ons gaan lekker bly hier in ons droomdorpie.

  4. Ag, hoe hou ek van jou huisie met die bloue en groene, die swaaibankie op die stoep, die ontbythoekie.
    Lorevzo en jou Bali-eend? Nee! Dit sal nie deug nie.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dankie Toortsie en ek sê ook daai ding van die eend … dit sal nie deug nie.

      • Nee dit sal nie. Eerstens is dit JOU uitgesoekte eend en hy het geen reg daarop nie. Tweedens is dit hard, beslis nie ‘n lekker slaapmaatjie nie.

  5. Lorenzo verlang regtig na sy kinderdae. Hy mis seker sy liewe Mamma ook. Ek is bly hy gaan vir vars groentetjies sorg. Jy het n heerlike ou plekkie vir jou ingerig. Eks bly jy het darem die skryfwerkie begin. Dit gaan n fees wees om weer so saam te avontuur!

  6. Ek sien avontuur aankom!! Hier kom n ding. Hester die huisie klink alte fraai. Ek sal vir jou n drink dingetjie bring as jy skryf..

  7. Jou huisie klink soos ‘n plek waar mens diep kan asemhaal….soos by die see. Jy sal my maar van kruie moet leer…of anders gaan eet ek elke aand by iemand anders wat weet van. Lorenzo…ai, ai ek dink daar broei ander dinge!!!

  8. woordnoot

    Hester se huis is soooo mooi!! Sjoe! Welkom tuis. Kan nie wag vir almal nie…want die pret wag. Ek moet s

  9. woordnoot

    Ai…nuwe foon….en wat ek wou se het nou by my kop uitgewaai 🤔🤔

  10. woordnoot

    O ja!!!! Ek was ook vadsig….baaaaiiieee vadsig..maar hierdie nuwe dorp laat my weer lus voel om te skryf

  11. Verskoon my dat ek sommer hier by jou in “pop” maar ek was nuuskierig om te sien wat maak jy en Lorenzo 🤗 My huis is reg en jy kan jou dors kom les. Ek drink basies ook net water so ons kan saam glase klink (weet nie of dit regte woord is nie) op ons verblyf in Rebusfontein.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Jy’s welkom en hoef nie te wag vir ‘n uitnodiging nie. Ek gaan gou vir Lorenzo stuur om ‘n paar vars kruisementblare te gaan pluk. Saam met suurlemoensap is dit heerlik in die water.