My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Watter lekker happie is altyd in jou yskas?

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Die kos wat mense in hulle yskas aanhou sê nogal baie oor hulle leefwyse, lewensuitkyk, genietinge en soms hulle innerlike stryd met hulleself. Die stryd is nou teen die sondige happies wat eintlik nie in die yskas hoort nie. Nou wonder ek of ander mense se yskas ook dieselfde soort sondes of gesondheidskosse as myne bevat.

Terwyl jy nou jou yskas gaan oopmaak vir almal om in te kyk, gee sommer ‘n resep daar aan vir jou geliefkoosde yskas-sondetjie. Vertel dan vir ons hoekom hierdie besondere kossoort(e) altyd ‘n plekkie op jou yskas se rak het.

Jy kan ook maar vertel van die stryd rondom die inhoud van die yskas 😜 ek het ook ‘n huisgenoot wat soms desperaat wonder hoekom die inhoud van hierdie huis se yskas hom so straf. Hy verstaan nie heeltemal die konsep van twee vroumense se stemme teen een enkele mansstem wat daar in die agtergrond rommel nie. Die inkopies en dus die inhoud van die yskas, is immers die domein van die twee vroumense wat soms net so hard moet baklei om besit van die tv se remote control. Tit for tat.

Follow Dis Ekke

33 Comments

  1. Liewe Hester Sintester, jou ontklottery van ons binnestes begin nou na iets waaroor ek bekommerd moet begin raak. 😉

  2. Vuurvliegie is reg, ai Hestertjie, probeer jy vir ons nou uitstryk? Jyt nie dalk n sielkundige ontleder wat ons so van die kant af beloer deur hierdie uitdagings nie, mmmm? Tog, is kos mos nou altyd n lekker gesels onderwerp….sal moet gaan kyk

  3. Dit is hoekom ‘n man net een vrou moet hê!!! Wil wil hom jammer kry….maar vir sy eie gesondheid is dit goed so.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Jy meen dat sy gesondheid dalk sal skade ly as hy handgemeen raak met die vrouens?

      • 😂😂😂 Sjoe julle sal dit darem nie aan die arme man doen nie….hoop ek. Ag daar sien ek nou die prentjie homself voor die yskas afspeel.

  4. Interessant

  5. Jy verwag dat ons ons siele nou moet uitdop.

  6. Lekker lekker uitdaging 😁

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dankie. Daar gaan een positiewe stemmetjie op. Al die ander bloggers verdink my van allerhande motiewe. Ek meen, hoe moet ek nou voel? 🙄😳😏

      • 😁😁 dit is ek, betroubaar voorspelbaar ek weet jy wil net weet wat is in ons yskaste en basta met die res 😉

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ja, ek beplan ‘n vakansie en wil weet waar ek kan gaan kuier 😁

        • By my, ek het ‘n lieflike 2 slaapkamer ws vir gaste jy sal nie eens weet ek is hier nie. Veilig en mooi ongelukkig sonder die see xx 😉

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Dankie Elanè, ek is altyd besig om vakansies te beplan in my kop, maar ag tog, om te reis na ‘n ander bestemming hou vir my geen bekoring meer in nie. Ouderdom maak ‘n mens lui en gemasksugtig.

        • En jy het die see op jou voorstope – ek sal ook nerens heen reis as ek “dit” het nie xx