My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Bloguitdaging – boererate: Medikasie vir flatulensie

Jammer dames, ek weet grappies oor flatulensie is eintlik by uitstek ‘n man-ding ; hulle kan ure lank winderige grappies vertel en ná so ‘n doppie of twee, sal die hanswors in die bondel sommer sy standpunt demonstreer ook. Maar hierdie blogpos hou eintlik verband met boererate en is nie bedoel om ‘n grap te wees nie.

Alhoewel. Ek is seker julle onthou almal die grappie van “big chief no poop” … oukei vergeet dit.

Ek het so ‘n bietjie gaan googleloer na die gebruike van die ou Hollandse medisyne en binne vyf minute het ek tot die gevolgtrekking gekom dat ons voortydsemense dalk so ‘n bietjie ongesond geëet het. Of dalk het hulle bloot te veel geëet. Want maagprobleme, slegte spysvertering en flatulensie was hoog op die lys van kwale wat aangespreek moes word deur ons voortydse medisynes. Kyk net hierna (inligting vanaf phantocom.weebly.com):

  • Balsem Vita – Koliek, Maagpyn en Flatulensie
  • Bloedsuiwerende Kruie – Ligte Lakseermiddel
  • Duiwelsdruppels – Maagpyn en Flatulensie
  • Galpille – Hardlywigheid.
  • Gesondheidsdrank – Hardlywigheid en verlies van aptyt
  • Helmonts Kruie – Slegte spysverteringkwale
  • Hoffmans Druppels – Krampe, Koliek en Winderigheid (is winderigheid en flatulensie dieselfde ding?)
  • Jamaika Gemmer – Koliek, Slegte spysvertering en Flatulensie
  • Krampdruppels – Krampe, Maagpyn, Koliek en Flatulensie
  • Lewensessens – Maagtonikum
  • Milts Essens – Hardlywigheid
  • Paragoriese-Elikser – Diarree en Buikpyn
  • Pepermentdruppels – Koliek en Flatulensie
  • Rooilaventel – Slegte spysvertering en Flatulensie
  • Stuipdruppels – Maagpyn en Krampe
  • Wonderkroonessens – Maag- en Gastriese kwale, en Krampe

Nou kyk, ek weet dat wanneer ‘n mens ‘n bietjie ouer word, dan werk al die valves en proppe nie meer so goed nie. Die vel en spiere is immers nie meer so veerkragtig nie. Ek het al geleer dat dit nie so raadsaam is om in geselskap te hoes of te nies nie, want dan knal daai hoes of proes soms by die verkeerde gate uit.

My liewe pa het dieselfde probleem gehad. Ek onthou hoe verontwaardig my ma altyd was wanneer my pa in openbare plekke so hoorbaar stoom afgeblaas het. Dan het hy net so ewe ongeërg gesê: “Hoor hoe hard praat ou Velbek nou weer”. Dit het my natuurlik immer onbedaarlik laat giggel en die moeder des huises net meer ontstel.

Gelukkig is inligting mos deesdae meer vrylik beskikbaar en ek het – sonder enige grappies nou – uitgevind dat baie van die klein gesondheidsirritasietjies (soos flatulensie) uitgeskakel kan word wanneer jy jou dieet reg beplan. En daarby hou.

Dalk kan ons in ‘n volgende bloguitdaging gesels oor wat ons eet en drink?


Lees ander bloggers se bydrae tot hierdie bloguitdaging by die volgende skakel:https://fresh.inlinkz.com/p/a15eea70c3c04529ac417a1a919ae994 

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Follow Dis Ekke

30 Comments

  1. Flatulensie. Eerste keer in my lewe wat ek daardie woord hoor. Met Banting is mens nogal nie winderig nie. 😊

  2. My oupa, hy, het wyslik gesê: “Wat nie belasting betaal nie moet uit….”

  3. Dis ‘n groot probleem daardie flatulensie. Hierdie oudword ding is sommer nonsens!!!

  4. Flatulensie, klink amper soos iets wat by vliegtuig hoort..haha. Ja as die oudword ding gebeur werk die washers nie meer nie…

  5. Dit is goeie raad.

  6. Ha ha, jy noem nou hier n klomp name wat ek al van vergeet het. My man was h groot boereraat persoon gewees. Hy het altyd n botteltjie van “what have you” gehad. Hy was ook n winderige ou gewees(baie vrugte geeet!) en hy het geglo aan Paragoriese-Elikser, ,Wonderkroonessens, Jamaika Gemmer en ook ENOS!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ek het altyd ENOS in my huis, hoewel dit soms staan en oud word. Dis vir wanneer ek ‘n lekker vet oxtail of skaapribbetjie verorber.

      • Dit gaan hier ook so. Enos is meestal al saamgepers as ek dit rerig nodig het. Gelukkig kan mens darem n klompie afkrap as dit nodig is.

  7. Flatulensie klink na iets wat die kat by die Ingelse bure weggedra het. Winderigheid klink weer na weer. My vriendin reken die regte woord is blaas. Die verkeerde gate en verleentheid is iets wat die uwe goed ken. Daarom dat ek feitlik ‘n kluisenaar is. Ek moet in hierdie middeltjies belE.

  8. woordnoot

    Ek het ‘n broertjie dood aanflatulensie geluide wat sommer links en regs losgelaat word. Tydens my chemoterapie het dit skielik met my gebeur…o vader!!! As ek maar net hoor is dit besig om te ontlos…..van daardie tyd af is ek bietjie meer genaakbaar….

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Maar presies. Ek het ook so ‘n bietjie daaraan gely vir ‘n rukkie na chemo. Ek het al lankal begin werk en soms ‘n verkouehoes opgedoen (wat gebeur as jy saam met duisende mense in een gebou werk waar die ventilasie swak is). Dan loop ek so in die gange af en met elke hoes ontsnap daai knalgeluid. My kinders het dit die “hoespoep” genoem en lekker vir hulle ma gelag. My beheer is nou beter en die hoes het verdwyn toe ons kus toe getrek het – touch wood.

      • woordnoot

        A Hester!!! Jy weet prsies waarvan ek praat…..dis eintlik so normaal maar ai…

  9. Ek het nou baie lekker gelag. Ek al so gewoond dit in verpleging ek raak amper bly as ek dit net hoor want dan beteken dit daar is lewe in daai kolon. Eerste ontmoeting met daai woord; word as vars eerste jaar nurse deur die hele hospitaal gestuur van 1 saal na ‘n ander opsoek na ‘n “steriele flatus” …. Ek was byna dood toe ek hoor ek soek ‘n steriele wind😬😶

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Hahaha, ek het nou lekker gelag. Die poetse wat mense kan uitdink!

      • Stap jy ewe in jou nuwe unifrom en lyk te grand en maak jou naam totaal Bollie😀😀

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          In die bank het hulle ons groenetjies gevra om die paper clips te sorteer. Ons het die werk heel ernstig opgeneem en alle paper clips elke dag mooi weggepak.

        • 😀😀😀😀😀😀😀😀😀