Hoekom boererate? Wel. ek en my man het vanoggend gelyktydig gegryp na die pakkie magnesiumtablette wat in die rakkie bo die stoof gebêre word. Spierkrampe. Dis ‘n kwaal wat so elke nou en dan toeslaan hier in die laaste dae van ons jeug.
Ons sal soms vir maande lank geen krampe ervaar nie. Dan skielik op ‘n dag soos vandag – reënerig, koel, winderig en met die belofte van nog slegter weer in aantog – skarrel ons vroegoggend vir daardie tabletjies. Ons kry allerhande boererate vir hierdie probleem, maar die algemene en mediese mening is dat ons maar die tabletjies moet sluk. Die probleem is dat ek swaar sluk aan enigiets wat lyk, ruik of rondbeweeg soos medisyne en ek neem sekerlik deur my normale dieet genoeg magnesium in? Ek het gaan googleloer.
En jip, magnesium kom voor in groen blaargroentes, avokados, pampoen, sonneblomsade, melk, all bran, pasta, piesangs: alles wat amper elke liewe dag deel vorm van my dieet, winter of somer. En toe gaan lees ek sommer op oor boererate. Daar was ‘n paar interessante wenke 😜 Ek weet nie of ek almal gaan probeer nie, maar dit bly nogtans interessant.
Vertel ‘n bietjie van die mediese boererate wat jy volg en of hulle wel werk. Wat is die eienaardigste van hierdie rate wat jy ooit van gehoor of self probeer het? Dink jy die “oumense” was slim op mediese gebied met hulle kruie en salfies of was dit alles net ouvroustories?
Dankie aan almal wat deelgeneem het aan verlede week se uitdaging. Ná die aanvanklike kreune en steune oor die onderwerp, het ons darem ‘n baie goeie reaksie gekry. Almal het lekker saamgesels oor hulle persoonlike eienskappe en gevoelens. Bloglandterapie op sy beste.
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre
Hester julle moet tonic water drink of teelepel Aromat. Daai kramp hol wed.
Toortsie
Die Aromat-raad het ek nou die dag op RSG ook gehoor.
HesterLeyNel
Wel ek het Aromat in my kas, want my seun hou daarvan. Ek sal dit oor my kos strooi.
HesterLeyNel
O heng, Vuurvliegie, nou het jy twee goed genoem wat ek haat soos gif. Ek gaan dit egter afwurg en kyk of dit werk. Moet ek dit elke dag drink? 😳 Hierdie krampe maak my lam – letterlik.
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre
As jy die kramp vorl aankom, drink die halwe glas of kou die aromat. Dis in die krampery oplossing.
HesterLeyNel
Die krampery is altyd in die nag – ons word wakker daarvan en die enigste ding wat help is om op te spring en op die koue teëls te staan. Ek weet nie hoekom koue voete help nie, maar daar het jy dit. Ek sal maar Aromat oor my kos gooi? Blegh.
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre
O s ken die nagkramp ding. Ek moet loop, so al op en af in die gang en om die kombuis tafel. Aromat is blegh. Dis nie elke dag se inneem nie, net as kranpe jou oorval.
HesterLeyNel
Ek het houtvloere hier bo en storm met kramp en al trappe af kombuis toe om op ‘n teëvloer te kom. Ek loop nou padstal toe om vir ons elkeen ‘n pakkie tjips te gaan koop – bogger my dieet.
Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre
Gooi lekker sout en asyn.😉
rondomtaliedraai
MAgnesium, magnesium, magnesium!
HesterLeyNel
Oukei, oukei, oukei – ek gaan môre dorp toe. Ek moet erken dat ek opslip met die tablette. Jy weet mos, solank ek goed voel, dink ek nie eens aan aanvullings nie. Nou moet ek maar ‘n bietjie pyn.
rondomtaliedraai
‘n Vrou het hier ‘n magnesium poeier kom smous dit het ook kalsium en Vit C maar ek doen nie so goed met poeiers nie …
HesterLeyNel
Nee, ek sluk maar moeilik aan sulke goed. Ek kan darem nog die pille hanteer.
sonell
Ek het gehoor dit is ‘n tekort aan sout. 🤔 Oooo ek sien uit om almal se rate te lees.
HesterLeyNel
Ja ek weet, my pa het van doerie jare af soutpille gedrink, maar ek moet my bloeddruk dophou. Ek hou darem van pakkies tjips – miskien kan ek dit liewer eet 😁 maar ek glo nie dis die regte soort sout nie. Alhoewel … Vuurvliegie sê ons moet Aromat drink.
sonell
Dit klink interessant! 🤔
Toortsie
Interessant.
perdebytjie
Ek het dieselfde probleem…soms kramp my tone so, dat ek nie kan motor bestuur nie! Magnesiumpille soggens en saans hou dit darem redelik in bedwang. Ek ken ook die snags rondloop, want dan is dit sommer in my bene en orals.
HesterLeyNel
Ek het dit baie gekry in Gauteng, meer dikwels in die winter, wat eintlik snaaks is, want mense sê altyd dis omdat jy vog en soute verloor in die hitte wat jou spiere kramp. Hier kry ek dit gewoonlik as die weer kouer word na ‘n paar dae se intense hitte. Andersins wanneer ons baie ver geloop en in daarna in die see geswem het. Maar dit verklaar nie waarom my man dit ook kry nie.
perdebytjie
Dit bly vir my ‘n raaisel. Die hele Desember in Namibië, het ek nooit gekramp nie. Toe ons tuiskom, begin dit weer elke nag.
HesterLeyNel
Dis bepaald vreemd. Ek het al gewonder of dit iets is wat ons eet of in die water wat ons drink, maar die enigste patroon wat ek oplet is die verandering van weer.
VirgoC
Bly by magnesium, los Aromat asb🙏, geen mens het al daai MSG nodig nie. Celery sout doen selfde, Himalayn sout in water selfde. Baie van krampe te doen met hidrasie, mens neig om nie selfde hoeveelheid te drink as dit koeler is nie. As magnesium nie allen werk nie EN jou hart en cardiac profiles is reg, kan ook potasium citrate bydrink as moet. Dischem maak kalsium/magnesium/zink poeier wat ongelooflik goed is en baie gou werk. Magnesium room/olie werk baie gou met invryf. En vir die wat van bad hou, so elke 2 weke of so bad in omtrent koppie epson sout- moet minstens 20 minute in water lê vir optimal absorpsie😉 (Sangoma 101😀). Hester, die is so nice uitdaging, kan nie wag om die rate te lees nie, hulle het geweet van
HesterLeyNel
Dankie vir die raad Virgo. Ons kan nie potassium neem nie, maar die res klink doenbaar. Ek sal ‘n draai gaan maak by Dischem. Ek sien uit na jou bydrae tot die bloguitdaging, want mens is altyd geneig om “ou” medisynes gering te skat.
VirgoC
Ek stem 100 persent met jou saam daar, ons het vergeet hoe powerful die natuur werklik is
rondomtaliedraai
Ek glo aan magnesium!
aj vosse
Mmmm… koud en nat? Miskien nat maar nie koud nie!
Ek dink wat ek geleer het in die laste paar jaar is dat ons is wat ons eet!
Vandat ek behoorlik eet… #LCHF … ek wonder, hoe vetaaal ons die een… lae kolidrate, hoë (gesonde) vet het ek my suikersiekte (T2) omgedraai… en my bloetdruk is beter… en my spysverteerings kwale is weg… behalve as ek stront (kolidrate) eet!
Ja… ek dink een van daai Griekse slimmes van ouds het iets gesê van laat ons kos ons mediyne moet wees! G’n wonder die westerse mensdom is so oorgewig en siek nie!!
Oukei… ek loop no maar aan… 😉
Leeker eet… en nee, daar by julle is g’n koud nie!! 🙂
HesterLeyNel
Wel, ek moet met jou saamstem – jou dieet (en oefenprogram) het baie te doen met hoe jou liggaam sekere kwale kan beveg. Ek eet die meeste van my groentes vars en rou waar ek kan. Ek kry al my suiker uit vrugte. Ek beperk my koolhidrate, maar die hoë vet staan my nie aan nie – ek sal nooit regtig ‘n banter wees nie. Tog hou ek my gewig af en sorg dat ek genoeg oefening kry. Dis die enigste manier wat ek my bloeddruk onder beheer kan hou.