My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Eienskappe wat jou jý maak

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Vertel ons van jou goeie eienskappe. En van daardie eienskappe waaraan jy werk. En van daardie eienskappe wat jy probeer doodsmoor. Vertel ons wat ander mense van jou sê – watter mooi kompliment het jy onlangs gekry?

Gaan vandeesweek se uitdaging gaan weer kreune ontlok? Ek wil dit nie hoor nie. Ons mag soms oor onsself gesels. Ons mag lief wees vir onsself. Indien nie, gaan sit voor die spieël en werk aan daai beeld. Oukei. Speech verby.


Hier is die Inlinkz-skakel vir die uitdaging wat vandag om 12:00 pm open: https://fresh.inlinkz.com/p/6061e1ded6fa403bb328f7fe5decfe6d

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan verlede week se uitdaging. Wat dink julle van die nuwe InLinkz? Die veranderinge wat hulle ingebring het, is in lyn met die GDPR (General Data Protection Regulation) en daarop gemik om kuber-gebruikers se privaatheid ten alle tye te beskerm. Daar is nog ‘n paar probleme wat uitgestryk moet word (hulle praat nog nie die Taal so lekker nie, haha) maar andersins werk dit gaaf.

Follow Dis Ekke

81 Comments

  1. Aweh. Hester Sintester, die eier is ‘n ander ene. Gaan rus bietjie na al die eskapades, en dan gee jy vir ons iets anders behalwe die spieël. Whaaaaaa! Ek hol straat af.

  2. woordnoot

    Nou kom die uitdaging reeds in die tyd waar ek die spieël op elke moontlike hoek alreeds voor my hou…dis nou intervention galore!

  3. Hester ek kreun kliphard….waddehel soos jy altyd sê!!!!!

  4. Julle laat my so lekker lag hoor met al julle snaakse woorde en allllllllll… sjoe hestertjie

  5. Ek het vergeet om julle te sê, my blog het gebreek, en dit gaan ń week neem om herstel te word! Toevallig nè.? Breek soos in ek kan glad nie op hom geskryf kry nie. Tot volgende Donderdag 12 uur dan.🙄

  6. Moenie jou steur aan die kreunende beskeidenes hierbo nie – ek dink dit gaan nou lekker skryf wees 🙂

    • Sê Frannie wat nie Woordsnoere geryg het nie!!! Ons het klaar die week geswoeg….ek het iets verwag soos “Ek stap deur die tuin en ruik die rose.”

      • Comment by post author

        HesterLeyNel

        Ek staan stil. Ek draai om. Ek gaan nie in hierdie kruisvuur vasgevang word nie.

        • Jy het dit begin!

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Dis veronderstel om ‘n positiewe ervaring te wees – jy weet: ek lief myself, ander mense lief my, die wêreld is ‘n heerlike plek … en so aan.

        • Mmmmm. Klink bietjie na bollie, Hester. My blog is steeds gebreek…Sjoe, ek hou jou besig vanaand. Sê vir Karen ek lag vir jou.😂💖

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Dit laat my ‘n bietjie ontspan. Vandag was ‘n harde dag. Hier lê nog harde dae voor. Maar ek is seker beter dae is op pad.

        • Partykeer die beste weg om te volg 😊

      • Uitgevang! Maar ek was besig met vryskut en ek was olik en die kindertjies het waterpokkies gehad en…en…ag oukei, ek’s sommer net lui…

      • Uitgevang! Maar ek was besig met vryskut en ek was olik en die kindertjies het waterpokkies gehad en…en…ag oukei, ek’s sommer net lui ook…

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dankie Frannie. Iemand verstaan hoe lekker dit is om oor jouself te praat. Ek doen dit heeldag lank en ek het nog baie om te sê 😉

    • Frannie…

  7. Kameel, Una. Kyk by die venster uit. Julle spieëls is afgelewer met spaar krag sodat Eskom nie saak maak nie. Genugtig, ek gaan nie die alleen waag nie.

  8. Hester, ek praat nie uit nie!😄

  9. Jy is regtig snaaks hoor, Vuurvliegie…

  10. Ek kan uiteindelik vandag sit en deelneem. Is mos skoolvakansie nou so geen na skool sport of huiswerk of rondry in die oggende nie.

    Dankie vir al die oulike uitdagings Hester!

  11. Hou nie van die nuwe InLinkz nie, want ek vermoed jy kan nou nie meer my skakel vir my opsit as ek self te lui is om dit te doen nie.