Maroela Media se webtuiste herinner my vroegoggend daaraan dat Internasionale Moedertaaldag jaarliks wêreldwyd op 21 Februarie gevier word om die bewustheid van taalkundige en kulturele verskeidendenheid en veeltaligheid te bevorder.
Watter beter dag is daar dan om so ‘n bietjie stil te staan by die uitdrukkings, sêgoed en idiome wat ons moedertaal so ‘n kleurvolle taal maak? Ek kuier graag op hierdie webtuiste by afrikaans > idiome & uitdrukkings en vanoggend het ek eers weer stilgegestaan by ‘n paar “varsgebekte” uitdrukkings. Dis Viva se inisiatief wat mense aanmoedig om onopgetekende woorde of sêgoed in te stuur vir moontlike optekening en bewaring vir die nageslag.
Ek het die volgende varsgebektes geniet:
- “iemand weet nie waar sy vierkantswortel sit nie” – gesê van ‘n persoon wat deurmekaar is
- “vinkkoors” – ‘n middeljarige metgesel se behoefte om ‘n huis oor te doen
- “die lakens uitdeel” – verwys na ‘n persoon wat baas speel in die huis
- “iemand se donkie draf” – beteken iemand is knorrig
As ek nou hierdie vier uitdrukkings so bekyk, lyk dit vir my na ‘n lekker storie soos wat hy net verwoord kan word in Afrikaans. Dis dan vandag se Lê-Jou-Eier uitdaging: gebruik hierdie vier uitdrukkings en skryf ‘n storie. Gebruik al vier, of enige een, twee of drie van die uitdrukkings, nes jy wil. Kom ons vier Moedertaaldag 2019 in blogger-styl.
Hier is die InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=816935 wat vandag om 12:00 oopmaak.
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Kameel
Jy gaan ons weer laat kopkrap. Dis makliker om oor liefde te skryf. 🤔
HesterLeyNel
Hierdie verhaal kan mos ook liefdevol wees!
Bondelsgedagtes
Dis nou te wonderlik! Mooi gedagte. Maar ek stem saam met kameeltjie dit gaan my laat kopkrap!!
HesterLeyNel
Ja, maar kopkrap bring die kreatiwiteit na vore.
Bondelsgedagtes
Of skilfers….🤣🤣
HesterLeyNel
Haha, dis ook waar.
Toortsie
Al wat ek weet, as ek so na 10 jaar van blogging kyk, is dat die blog-uitdagings al hoe uitdagender raak by die week! 😳
HesterLeyNel
Lekker! Ons oefen die grysstof. Rise to the occasion! Jy doen dit in elke geval elke keer baie goed.
Toortsie
Oppas! Net mooi as jy dink jy is oulik, glip die mat en sit jy op jou sitvlak met ‘n gebreekte stuitjie.
HesterLeyNel
Ja, enh om elke keer op te staan is séér!
Toortsie
Auauau
perdebytjie
Moeilike een!
HesterLeyNel
Nee, dit is nie. Kyk na die betekenisse eerder as die sêding, dan skryf die storie homself.
perdebytjie
Sal dieppp dink!😄
lekkervurig
Varsgebek, lekker. Ek gaan my breinselle buig en probeer om nie soos ‘n kortsokkie te Afrikaans nie.😉
HesterLeyNel
Moet net nie kriekspring nie, want dan verloor jy jou vierkantswortel.
lekkervurig
Nee nooit. Ek gaan sê dat sê sy sit kan kry en nie soos n satteliet sonder sein aangaan nie
HesterLeyNel
Hahaha, goeie een. Ek laaik hierdie woordspel.
Toortsie
Joe julle praat MOEILIKE woorde. kortsokkie. kriekspring. Huh?
Wel, myne is geskryf, dalk is dit ‘n kortsokkie, dalk ‘n krieksprong, wie sal weet?
HesterLeyNel
Joe, jy’s vinnig van die merk af. Ek gaan kyk.
Toortsie
As ek dit nie dadelik doen nie, dan is dit volgende Vrydag en het ek nog nie daarby uitgekom nie.
HesterLeyNel
O nee, ek kan ‘n ding laaaank en geduldig uitstel. Ek sê altyd ek werk goed onder druk. Fluister* ek flous natuurlik niemand nie, nie eens myself nie.
Toortsie
Ek hoop ek het die woorde reg verstaan!
HesterLeyNel
Jy het dit beslis begryp. Dis so ‘n lekker woordspeletjie hierdie – ek geniet dit vreeslik. Onthou jy met ons vorige idioom-uitdaging het ons almal weke lank vreeslike idiomatiese taal gebesig?
Toortsie
Jajaaaa 😁
Toortsie
Dis regtig so dat as jy eers die idiome verstaan, die storie sommer net vanaelf gebeur.
HesterLeyNel
Ek was ook nogal verbaas toe ek die vier varsgebektes, wat sommer lukraak uitgesoek is, so beskou en sien – hel! hier’s ‘n storie.
Toortsie
Hulle hoort bymekaar.
Kameel
I love it when you speak foreign 😣
HesterLeyNel
Haha. Kameel, dis die lekkerste woorde en idiome hierdie wat die volk sommer self opgedroom het. Wel, dit is mos maar hoe idiome ontstaan. Jy moet gaan kuier op Viva se webtuiste https://viva-afrikaans.org/ – as ek ‘n woord teëkom wat ek nie ken nie of nie weet hoe om te spel nie, gaan klop ek heel eerste hier aan. En dan kuier ek sommer daar vir die res van die dag. Ek gaan nog eendag my pajamas saamvat en by Viva gaan intrek.
Kameel
Sal gaan kuier maar my pajamas saamvat kan ek nie. Ek mix my tale so dat ek geskors gaan word voordat ek ander verlei.
HesterLeyNel
😁🤣
Bondelsgedagtes
Oooh hê êh, julle!!
HesterLeyNel
Ons hou jou op jou tone!
Bondelsgedagtes
Eish!
Bondelsgedagtes
Pasella se donkie loop, sy deel net lakens uit, sy maak my mal. Loop op en af in haar hok asof sy vergeet het waar haar vierkantswortel is…🤣🤣🤣
HesterLeyNel
Ai dierbaar. Het sy nou heeltemal herstel van die infeksies in haar lugweë?
Bondelsgedagtes
Nie heeltemaal nie. Lyk of haar longe n knou weg het. Sys vreeslik beneek deesdae…
HesterLeyNel
Ag siestog man en die winter lê voor. Julle gaan maar versigtig moet leef in die koue maande.
Bondelsgedagtes
Ja ek gaan haar weer in die huis moet hou, my arme ore…
HesterLeyNel
Hier is klaar ‘n knyp in die lug en die somer hét so laat begin. Ek strandloop die hele dag – kry niks gedaan nie.
Bondelsgedagtes
Ek sou ook as ek daar gebly het…
rondomtaliedraai
Mmmmmm beslis ‘n uitdaging
HesterLeyNel
Dis mos lekker om die brein so ‘n bietjie te oefen 😀
Anne
You are bound to find this article interesting to read: https://theconversation.com/language-and-identity-lessons-from-a-unique-afrikaans-community-in-patagonia-107907?fbclid=IwAR2c1CmvyyrSbMJpBF8cD_MRwq25W_DlJqMrftpj89aweuD3aNVTgkse1fk
HesterLeyNel
Very interesting indeed. It just goes to show how closely people identify with language and traditions.
sonell
Vir hierdie een gaan ek weer lekker moet dink. 😅