My vreugdes en frustrasies

Lê-Jou-Eier

Lê-Jou-Eier: Dis 2019 en tyd vir ‘n nuwe uitdaging

Lê-Jou-Eier Ons gesels saam oor alles en nog wat in Afrikaans

Onbeskaamd Afrikaans

Hier is ons in die Niewe Djaar 2019 en die bloglanders kort ‘n nuwe skryfuitdaging wat ons almal weer gaan opkikker. Stem julle saam? Ons het almal so lekker gekuier saam met die Towerinne in die giggelgroen bus (die Kuier-Safari uitdaging) dat dit amper lyk asof ons blus uit is. Maar daarvoor het Lekkervurig goeie raad.

Lekkervurig gaan onder die vaandel van Lê-Jou-Eier ‘n maandelikse bloguitdaging aanbied, op die eerste Donderdag van elke maand, en dit handel oor … sy gaan 12:00 daardie blog plaas, so julle kan daar gaan lees.

Of wag: ek sal gaaf wees – hier is die skakel na Lekkervurig se blog toe: Woordsnoere 1. Die InLinks skakel is: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=816031. Ek is baie opgewonde oor die idee en ek glo elke Afrikaanse blogger wat lief is vir die Taal, gaan hierdie uitdaging geniet!

Onthou asseblief: ons uitdagings is oop vir ALMAL wat in Afrikaans skryf op enige platform. Dit maak dus nie saak waar jy blog nie – skryf jou blog en gaan heg jou skakel aan op InLinkz (Lekkervurig sal die skakel verskaf). Vir diegene wat nog nie voorheen aan ons uitdagings deelgeneem het nie – die reëls en ‘n verduideliking van hoe InLinkz werk, is beskikbaar by my volgende blogs: Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel?  Versprei die woord op julle blogs en sosiale media.

Vir diegene wat ook graag as gasbloggers wil optree, kontak my asseblief met jou idee. Laat ‘n boodskap op hierdie blog (of op my whatsapp as jy my nommer het).

Kom ons inspireer mekaar!

Follow Dis Ekke

24 Comments

  1. Ek sit en tel minute af. Dankie Hester vir die geleentheid om my meander-gedagtes te laat gaan en in ‘n lekker uitdaging te kan laat uitloop!

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ek is nou meer opgewonde as jy! En my man is kwaad want hy moet wag – sy vrou wil nie vandag vroeg kom tv kyk nie. Hahaha.

  2. Jippee! Kan nie wag om weer deel te neem nie. Laatwaai, Lekkervurig.

  3. Dit klink uitstekend en hou mens se kreatiewe kop aan die gang.

  4. Gaan loer. Blykbaar is dit nie in almal se ‘reader’-lys te sien nie. https://lekkervurigeaffereblog.wordpress.com/2019/02/08/woordsnoere-1/

  5. My muse slaap juis…dalk sal hierdie my inspireer!

  6. Dear Hester, how it goes with the Christmas gift? Are there any news? 🙂 🙂 🙂

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      No news on either the one that you sent or the one that I sent to you. I suspect the last one is still floating around in this country, although it seems to have disappeared. But we’ll keep looking out – remember, last time it took almost three months.

  7. OOOOOO ek gaan lekker kom lees

  8. woordnoot

    Sjoe…dis nou n lekker manier om hierdie suwee grysstof weer af te stof!

  9. Mooi man, beslis tyd vir n paar lekker vertellings. Het verlede jaar gedink om weer te Toeka-Tokkel maar as ons gaan eiers lê pas dit my beter, dan hoef ek nie so hard te dink nie.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Jy kan van jou idees gebruik om gasblogger te speel en ‘n uitdaging aan te bied onder die Lê Jou Eier vaandel soos wat Lekkervurig nou doen. Dis makliker om die administrasie op InLinkz te behartig. Dit kan ‘n eenmalige onderwerp wees of gee ‘n paar onderwerpe. Laat weet my, dan maak ek vir jou ‘n datum vas. Dis altyd lekker as almal saamspeel en onderwerpe verskaf.

      • Sal beslis eers so bietjie moet dink om dit interessant en lekker te maak. Ek het mos BAIE tyd nodig om dinge uit te werk en te oorweeg.

  10. Jippie! Ek het hoeka begin van die week rondgesnuffel om te kyk of daar weer ‘n uitdaging is.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Ja, ons gaan nou ‘n paar losstaande onderwerpe ook doen saam met Lekkervurig se Woordsnoere. Ons moet eers weer energie opbou vir ‘n vervolgverhaal.