Net sò, sonder enige waarskuwing, het die winter verbygegaan op hierdie krismisdag en die somer het toegeslaan. Met mening. Boxing day was een van daardie dae wat die mistigheid die hele dag oor die see gelê het. Die son het so nou en dan uitgeloer om die strandgangers te piets en die temperature op te stoot. Die hitte het by tye gewurg.
Ek het saam met my spruite rondgehang op soek na vis wat gevang wil word, in die hoop dat ek dalk die koel lafenis van die water kon opsoek. Die strande en getypoele het krioel van mense en my kinders was bang dat ‘n sekere ou vrou tussen die menigte sou verdwyn en dalk meegesleur sou word in die rigting van China – of watter land ookal aan die anderkant van die aardbol lê.
Namiddag se kant toe het ons by Umzumbestrand beland. Die gety was laag en die nood was hoog. Ek het soos ‘n bergbok oor die klippe agter die vissers aan geklouter en daar van die visvangpieke af die strand beskou. Vol mense. Tjok en blok. Hoe nou gemaak?

Dis net daar waar ek besluit het om ‘n plan te maak en ek het vir my ‘n ordentlike waterpoel uitgesoek. O die saligheid van die koel water oor my kokende vel. My eie swembadjie, net daar waar die gety my nie kon beetkry nie. Perfek!

travel460
Ag tog Hester, en nou is ek en my groep van 14 ook nog hier! Net bly jy kon jou eie poeletjie vind. My brein is heeltemal afgeskakel, ek dink net heerlike vlak gedagtes en my grootste uitdaging is wat om die aand te braai. O, en ons moet ons eie chalets skoonmaak, so ek eksperimenteer met skoonmaak middels. Hoe eenvoudig kan jou lewe ook nou raak.😂
HesterLeyNel
Dis mos nou pure saligheid. Eintlik is dit lekker om die klomp vakansiegangers hier te sien. Ons maak baie nuwe vriende hier op die strand.
Rob Alberts
Wat een lust.
Hier is het weer ook extreem zacht.
Klimaatverandering voor de een, een verademing voor de ander.
Vredelievende groet,
HesterLeyNel
Dis net so Rob
Anne
Dit lyk perfek.
HesterLeyNel
Die weer draai net so vinnig weer om ook, Anne. Ons het so pas ‘n donderstorm beleef en nou is dit sommer weer koud buite. Dis regtig eienaardig.
Anne
Stuur donderstorms ons kant toe ASSEBLIEF!
Stories Uit My Wereld
Klink vir my so bekend. Hierdie Stilbaai het van die 6,000 permanente inwoners, volgens die ingeligtes se mening, gegroei na ‘n nagenoeg 60,000. Hier is nêrens ‘n parkeerplek nie. Maar ons geniet die vakansiegangers.
HesterLeyNel
Liewe aarde. Hoe hanteer julle munisipale infrastruktuur dit? Ek neem aan daar is deur die jare reeds voorsiening gemaak vir so ‘n inval van vakansiegangers.
Fra det gule hus
Wat een perfect plekje heb je daar gevonden, Hester! Heerlijk!
scrapydo2.wordpress.com
Spreekwoord sê mos: niks so veranderlik soos die weer nie. Dan is daar nog baie ekstra besoekers ook nog. Goed jy het darem n poeletjie gekry vir n bietjie afkoel.
HesterLeyNel
Ja, en na gisteraand se donderstorm is dit weer koud vanoggend. Sowaar, ek moet die weerburo ‘n bietjie voor stok kry oor die swak beplanning! hahaha.
scrapydo2.wordpress.com
Hier is dit ook so. Snags koel dit so af dat ek vroeg oggend wakker word en my kombers moet oorgooi.
rondomtaliedraai
Ek bly doodstil! <3