My vreugdes en frustrasies

My eiers

Die groen bus staan en die Towerinne hou vakansie

Die Towerinne se giggelgroen bus

Hierdie blogpos verwys na die fiktiewe toer wat deur 14 Afrikaanse bloggers (die Towerinne) onderneem word en vertel hoe hulle deur Suid-Afrika toer. Lees alles oor hulle avonture by hierdie skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928.


Die giggelgroen bus het nou eers tot stilstand gekom in Kaapstad en daar sal hy nou maar moet staan totdat 2018 se feesseisoen verby is. Die Towerinne se blus is uit na al hulle eskapades en Lorenzo het lang lang trane begin huil oor sy mamma. Siestog, hy verdien ook om sy krismis en nuwejaar by die huis te gaan spandeer. Dit beteken dat die Towerinne ook ‘n bietjie gaan uitspan, want niemand wil daai bus in Kaapstad bestuur nie, julle weet … die Kaapse bestuurders. Ahem!

Trommeltjies sal dus die storie se drade weer optel op 10 Januarie 2019 (sjoe! hierdie 2018 het darem verbygevlieg!) en dan sal sy vir ons vertel wat die Towerinne alles in Kaapstad aangevang het.

Dis natuurlik nog nie die einde van die toer nie; ons moet immers nog die Noord-Kaap gaan besoek. Dit beteken dat die toer sal klaarmaak daar aan die einde van Januarie eers. Hou die skakel hierbo dop vir die volgende episodes.

Intussen wens die Towerinne almal wat saamlees ‘n genotvolle feesseisoen toe en sommer baie goeie seënwense vir die nuwe jaar wat voorlê.

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

24 Comments

  1. Ou Roderico hét dit maar swaar gehad die laaste rukkie. Eers die papwiel op pad Koppie Alleen toe, maar asof dit nie al was nie, was daar nog ‘n stadige lekkasie op een van die ander wiele ook. Nou ja, met die spaarwiel reeds omgeruil, en net ‘n pap wiel as spaarwiel, het dit moeilikheid in hoofketters voorspel. Ons kon darem die wiel pomp, maar kort voor lank was dit weer pap. En daar staan ons toe langs die pad en geen hubare jong boer wat verbykom nie, almal is reeds by die see! Dit het ‘n baie lang dag geraak daar langs die warm grondpad. Die water het opgeraak. Einde ten laaste het daar ‘n kleine ou bakkietjie verbygekom, ook maar gehawend, wat die een wiel kon saamneem Bredasdorp toe. Hy het die wiel by Mastertreads afgelaai en hulle het dit reggemaak en die wiel vir ons gebring en omgeruil. Wel, toe het die bus darem genoeg bande om tot op die dorp te kom. Daar moes die ánder band toe ook nog vervang word. Almal was regtig so moedeloos teen daardie tyd, ons het sommer by ‘n gastehuis ingeboek. Niemand was eers toe lus om na die pottery uitverkoping by Julians te gaan nie. Almal was net pootuit van die lang dag.
    En dis dáár wat sy krokodiltrane reeds begin het.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dis nou mooi opgesom Toorts, baie dankie. Roderico. Toortsie, met presies hoeveel Italjaners was jy al deurmekaar? Ek vra maar net. Liewe lesers – ons praat hier van Lorenzo, daai einste Lorenzo wat al maande lank ons bus bestuur en Toortsie maak so elke nou en dan ‘n glipsie van sy naam. Dit laat jou wonder nè!

      • Dit wys jou net waar my prioriteite lê: By die Towerinne, en as jy enigsins kan onthou, daar is 14 van hulle. Ek het reeds al vir Lekkervurig in Waenhuisktans vergeet!

    • Toortsie jy laat my lekker kop krap…Lorenzo se naam was Alfonso ook as ek my nie misgis nie …maar ek dink hy pas mooi by al die name, hy moet immers baie veelsydig wees tussen ons spul vroue.. dan is hy boonop ‘n mamma se seuntjie… o wey…lekker rus al my towerin maats😘🌹

      • Daar was heel moontlik nóg name. Jong, die Towerinne kan soms uitputtend wees. Ek dink dus goed dat almal ‘n buetjie rus kry.

  2. Ai ek en Tòorts wou soo graag die Towerinne nog bietjjie onthaal , maar my eerste vakansiegangers het al gekom, die eerste kinders en kleinkinders. Dit gaan dol hier. Julle sal eenvoudig weer moet kom inloer.

  3. Dis nou n goeie plan om eers vakansie te hou met familie en vriende, nie dat die towerinne nie deel van ons is nie. Nou kan mens sommer opvang ook want party weke het darem maar wild verby gegaan. Julle moet ook n heerlike feestyd he. Voorspoed ook met die telekommunikasie lyne saam

  4. My blogartikel behoort teen komende Donderdag uit te wees. Hierdie toer van die Towerinne was propvol pret! En intrige. En kinkels. Nes die Towerinne dit kan doen. 😂

  5. Arme ou Lorenzo, dis hoog tyd dat hy na mamma gaan, tenminste sy kan hom mooi verstaan. Hy hoef nie in sy geradbraakte engels te gesels nie.
    Ek het sommer gereël dat die groen bus behoorlik gediens word hier by ons, alle bande behoorlik nagegaan word, soadat ons slag gereed is vir julle kuier hier by my in die Kaap. Ons wil darem ń voorspoedige laaste deel van die toer mee maak. Toortsie en Seegogga ek sal julle moet kom oplaai, dat ons tog vye kan koop voor die res by Kaapstzd lughawe aankom.. Ek hoor die towerinne is bitter ongelukkig oor hulle nou die vye kopery by Napier moes mis loop.

    • O vrek ek sien ek het nou ń vreemde naam. Die gremlins is behoorlik doenig in my elekroniese wereld. As hulle nie my blog inhoud steel nie, gee hulle my ń nuwe naam.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Jip, dis goed dat jy omsien na die diens, want die Noord-Kaap se paaie hardloop vêr en wyd. En ek stem vir die vyekopery.

  6. Dan kan ons op ń gesonde noot begin.