Ons kuier hier in Pretoria is nou amper verby, maar ons gaan binnekort vertrek, “snik”, en ek het so lekker gekuier! Maar voordat ons waai daar na Limpopo toe, moes ons eers gou ‘n ander belangrike draai gaan ry.
Perdebytjie het laat weet dat nog ‘n blogger, Theo Herbots, binnekort by ons gaan aansluit. Hy gaan deel vorm van ons beskermers, ons eie paparazzi, ons fêns, ons groupies wat die giggelbus agtervolg met hulle eie bussie en ‘n paar Harleys.
Soos wat dit opgevoede Afrikaners betaam, het ons besluit om hierdie kuiergas uit België persoonlik te gaan verwelkom en in ons kudde toe te laat. Dis hoe ons ons almal, viets uitgevat, by die internasionale aankomssaal van O. R. Tambo te lande gekom het.
Daar staan ons toe almal in gelid en wag vir Theo in, met groot glimlagte … en musiekinstrumente wat inderhaas bymekaar geskraap is. Die nuutgestigte rock band, Plesierige Afrikaner Towerinne (Patties), het besluit om Theo met klawer en simbaal te verwelkom. Ons voorsanger, Toorts, staan daar in haar rooi katpak op platformskoene en wag met haar koordlose mikrofoon, gereed om die eerste note van We Will Rock You aan te hef.
Daar stap hy deur die glasdeure in. Die Patties kyk, doen ‘n double take en kyk weer – dit lyk dan nou asof Theo sy eie entourage saamgebring het. Sommige van die gesigte lyk so half bekend, so asof ons hulle al op ander blogs ontmoet het. Toortsie se mond is oop, maar daar kom nie ‘n geluid uit nie; stom van verbasing.
Toe skielik klink die klanke van Sarie Marais op. Dis Theo en sy volgelinge wat die Towerinne herken het en vooraf hierdie volksliedjie ingeoefen het om ons te verras. Die Patties en die res van die Towerinne se geselskap laat nie op hulle wag nie en val ook in – daar staan Afrikaners en Europeërs en sing almal saam. Die ander mense in die aankomssaal staar ons oopmond aan.
Hester laat nie op haar wag nie en toe die laaste klanke van Sarie Marais wegsypel, toe klap sy daai tromme op die ritme van Out of Africa (“Listen to the rhythm of the distant drums”) en Toortsie stembande skiet los. Lekkervurig bly nie agter nie en wag net vir Toortsie se laaste note voordat sy die saxofoon laat huil met The Lion Sleeps Tonight (“In the jungle, the mighty jungle, the lion sleeps tonight”) en net daarna Pata Pata (“Saguquga sathi bega nantsi Pata Pata”). En Toortsie sing!
Woestynkind skud die tamboeryne en daar uit die geweste van die Patties se volgelinge laat klink Vuurklip ‘n bekfluitjie op. Coetzee, Abrie en Lewies wat in diep basstemme saamdreun en voete stamp, laat die toeskouers en oorsese besoekers se nekke rek.
Dis toe, ja dis toe dat Camilla haar opwagting maak in haar rooi rok, blonde pruik en hoë stilettoes. En sy dans. Mense! Sy dans so dat elke man in daai gehoor begin boude wikkel asof sy net met hòm dans. Tannie Frannie en Silver kom te voorskyn uit die skare en hulle dans met één lyf. Trommeltjies het besluit om Lorenzo te leer van Afrikadanse en hy vat net hier en daar grond.
Positief laat huil die kitaarsnare – sy het so wraggies daai kitaar oor haar metgesel se skouers gehaak en tokkel daai snare agter sy rug terwyl hulle dans! Scrapy spring daar tussen die towerinne uit met ‘n Maori whistling poi wat sy uit Nieu Zeeland saamgebring het en wys vir ons die weergawe van die poi spins wat die Maoris doen, op maat van die Afrikamusiek. Nou word dit ‘n Flashmob!
Una, VirgoC en Padda vorm ‘n groepie agter die een mikrofoon en hulle ululeer met sulke hoë stemmetjies wat deurslaan op die hoogste note. Bondelsgedagtes pluk haar shofar uit en sy tower die suiwerste musiekklanke op wat Lekkervurig se saksofoonnote so elke nou en dan met ‘n paar oktawe lig.
Perdebytjie hardloop daar rond met ‘n kamera en neem fotos van alles. Toe sy weer ‘n keer daai lang lens onder Hester se neus indruk, kry sy ‘n hou met die tromstokkie op haar hand. Hester is besig met headbanging en haar haarstyl lyk verstommend baie soos een van die Beatles daar doer in die jare sestig.
Woordnoot en Seegogga het elkeen intussen ‘n leë asblik gegryp en die rondtes begin doen om bydraes in te samel vir die Patties rock band se “toer”. Jy sien net hoe reën die note in daai asblikke in. Slim vroue, want met al die nuwe bykomelinge, kan geld ‘n probleem word.
Teen hierdie tyd is alle aankomelinge in die aankomssaal besig om saam te neurie en hande te klap en die personeel van ACSA staan met hulle hande in hulle hare. Toe die laaste Tromslag van Shosholoza (“Shosholoza, Shosholoza Kulezo ntaba Stimela Sipum’e South Africa”) wegsterf, het die sekuriteit begin inbeweeg om die Towerinne te oorreed om die lughawegebou te verlaat.
Ons het laatnag eers weer in Pretoria aangekom, hierdie keer met DRIE bussies, waarvan een groen is) en die drie Harleys. Hierdie toer ruk nou hand uit, maar te danke aan Seegogga en Woordnoot se inisiatief, lyk ons geldsake nou weer goed.
Nou het ons ‘n rock band aan boord, en hulle HET gerock, hoewel dit seker nou nie die soort rock was wat Lekkervurig in gedagte gehad het nie.
Next stop – LIMPOPO.
As jy nou nuut is hier rond en kliphard wonder wat aangaan, gaan kyk op die volgende InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928.
lekkervurig
Dit was feestelik, net soos die Patties kan. My bucket list oor saksofoon speel is metafisies vervul. Hester, dankie dat jy ons begeester om onaangeraakte talente voluit te leef. Psst, kan ons nie maar die parlement gaan wees nie? Die republiek van Tower…..
HesterLeyNel
Mmmm dit klink na harde werk. Kan ek die Minister sonder Portefeulje wees?
lekkervurig
Nee. President, met niks nonsens van kabouters opdrag.
HesterLeyNel
Ai, dis die kabouters wat my worrie. Ek sal darem laaik om daar in die Parlement op te staan, my mikrofoon reg te skuif, my keel skoon te maak, ‘n slukkie water te neem en te begin praat … en praat … en praat
lekkervurig
My president. Die volk sal luister…
HesterLeyNel
😄😄
Toortsie
Al wat ek wil doen by die parlement, is toitoi.
HesterLeyNel
Hiehie, ek wil kom kyk
Toortsie
Ek glo hier sal ‘n hele spulletjie wees wat saam toitoi. En terloops, ek dink dit raak tyd dat ons ‘n plekkie vir donasies skep. Ons vermaak al hoe meer mense met ons lawwighede, dit raak tyd dat al die volgelinge begin betaal. Hoe dink julle?
HesterLeyNel
Hoeee, nou klink jy soos die leier van ‘n politieke party
Toortsie
Glad nie. Ek is net bang ek kry ‘n belangrike pos daar, dan toitoi ek eerder sommer vir die lekkerte.
Abrie Joubert
Coetzee het in ‘n vorige post kommentaar gelewer deur te sê julle is besig om stadig handuit te ruk. Stadig? Daar word handuit geruk teen die spoed van giggelgroen-neonlig-in-mynskag -af…
HesterLeyNel
Dis die lewensvreugde wat uitborrel en die gemetafiseerde Frangelico wat die inhibisies agterlaat. Dis hoekom ons van tyd tot tyd julle hulp moet inroep Abrie, om die remskoene weer vas te trek.
Toortsie
Nie net Toortsie het gesing nie, ALMAL het gesing. Joe! Dit was lekker! Het julle die TV mense gesien? Ek dink ons is vanaand op die nuus, hoor!
HesterLeyNel
Ja, ek is bevrees jy’s reg
Toortsie
Lekker gaan ons hierdie naweek in!
travel460
Toorts, wat het ons gesing…? Ek kan nie onthou nie… Het ek ooit die woorde geken?
Tannie Frannie
Toemaar, Una, as mens ululeer, sing jy mos nie woorde nie, jy moet net maak soos ‘n kleuter wat sopas die “l” leer sê het.
VirgoC
LOLOLOLOL
HesterLeyNel
hahaha
HesterLeyNel
loeloeloeloe
Toortsie
Ek weet ook nie, vra vir Hester!
HesterLeyNel
ululululu
Tannie Frannie
Aaa Hester, watter heerlike Vrydagaandvermaak!
HesterLeyNel
Dink jy ons gaan hierdie keer die Sonkoerant haal?
Tannie Frannie
Nope – ons kuns is op hogere vlak.
HesterLeyNel
Ook waar. Helmut Lotti het ook hierdie liedjies gesing!
perdebytjie
Ai Hester, ek het nie meer woorde nie! Die verbeeldingsvlugte van hierdie dames op die Broodbus, gaan my verstand te bowe. Ek het hierdie nou vreeslik geniet!
HesterLeyNel
😄 Abrie sê ons ruk nou heeltemal handuit
perdebytjie
Hy is net jaloers omdat hy nie op die bus is nie!
Abrie Joubert
😝
HesterLeyNel
Ek dink jy’s reg!
scrapydo2.wordpress.com
Wat n verwelkoming! Dit was nou uit die boonste rakke. Nou voel Theo sommer tuis hier by ons. Ek het nog nooit so spontaan aan n singery en dansery deelgeneem nie. My voete juk nog steeds van die mamba wat ons gedans het. Die parelement storie klink nie reg nie. Ons moet nie die verkeerde indruk skep op die regering nie. Netnou belas hul ons om die geldjies wat ons in, vir eie gebruik te kry.
HesterLeyNel
Ja, praat. Ek het juis gister ‘n goeie sarsie SARS ingekry – ek soek nie nog nie.
scrapydo2.wordpress.com
Stem saam. Hester hoeveel woorde mag die beskrywing wees? Ek het hele dag gewerk aan my stuk en trek al oor die 2000 woorde. Dan is die fotos nog nie ingesit nie. Het laaste stuk reeds bietjie korter gemaak.
HesterLeyNel
Net soos ‘n gewone blog Ineke – geen beperking nie. As jy voel dit word te lank en mense gaan hulleself moeg lees, gee dan die hoofbeskrywing in jou “amptelike” blog en dan kan jy later in die week mos nog ‘n blog byskryf.
scrapydo2.wordpress.com
Mooi man. My storie loop lekker. Daar is baie wat opgevolg kan word.
Bondelsgedagtes
Pehwwwww ,nous ek moeg van al die jive en sing. Longe lekker skoon gesing en stywe spiere los gedans. Ons gaan fiks word op die trippie. Hopelik kry ons kansie om op die bus te slaap….
HesterLeyNel
Solank die bestuurder net wakker bly!
Bondelsgedagtes
Janee asseblief! Gelukkig bestuur ek nie….
HesterLeyNel
Ek hou my oog op Lorenzo
Bondelsgedagtes
🤣🤣ek dink ‘n paar dames doen…😋
HesterLeyNel
Ek dink ook so!
Bondelsgedagtes
🤣🤣
Abrie Joubert
Nou dat ek oor die skrik is van die ding wat hier verby my is teen ‘n onaardse spoed, hierdie is baie goed gedoen en geskryf Hester OR Tambo gaan nooit weer dieselfde wees nie
HesterLeyNel
Dankie Abrie, maar laat ek jou vertel, daai plek is in elk geval so lawaaierig, hulle het dalk nie eens agtergekom ons was daar nie.
#Theo-Herbots-Fotografie-Blog ||#Tienen
Ik luister naar geen andere muziek meer dan naar Zuid-Afrikaanse.
Ik heb me nog nooit zo in mijn nopjes gevoeld
Ik ben op You-Tube een hele afspeellijst aan het maken.
Hier zijn er al enkele
https://www.youtube.com/playlist?list=PLHPQwvR3CKyn-DQbSCCRMoGZC3EfiEsN6
Kameel
Dankie Theo, het dit nou geniet 😊
HesterLeyNel
Ek is bly jy geniet dit Theo
#Theo-Herbots-Fotografie-Blog ||#Tienen
Bedankt.
Siunds ik mijn Vrouw verloor heb ik het altijd heel moeilijk gehad.
Het is voor mij een enorme stap, dat ik het nu terug aandurf om mee te doen aan wat jullie daar organiseren. EN DAN NOG MET VEERTIEN VROUWEN TEGELIJK !!!;
Ik heb een tijd geleden een bericht geschreven van hoe ik mijn pijn en verdriet verwerk.
https://groetenuittienen.blog/2017/11/12/al-wat-ik-mis-is-liefde-%E2%9D%A4%EF%B8%8F%EF%B8%8F%F0%9F%92%98%F0%9F%91%84/
HesterLeyNel
Ek is jammer om te hoor van die verlies en swaarkry van jou vrou se dood. Dit is goed dat jy uitreik na ander mense vir ondersteuning. Om te blog en te skryf oor jou gevoelens, sal jou beslis help om jou gevoelens te verwerk.
#Theo-Herbots-Fotografie-Blog ||#Tienen
Sorry dat ik er niet veel kan op reageren, Jouw reactie roert me.
Een tijd geleden vroeg er me iemand:”hoe kan jij met al jouw tegenslagen nog nuchter blijven en Gelovig blijven?”
Ik heb geantwoord: “dat zijn juist de twee pijlers die me de kracht geven om al die tegenslagen en verdriet te dragen, als ik één van die twee verlies, is het gedaan met mij”
Natuurlijk vindt ik ook veel kracht in het Bloggen en in mijn Duitse Dog Jefke.
Bedankt voor jouw reactie.
Kameel
Dit het ek nou geniet 😁😁😁😁 Weet nie hoeveel keer ek op hierdie toer “liewe Moses” gaan sê nie…maar “liewe Moses…dit was nou vir jou ‘n verwelkoming van verwelkomings. Hester ek sing of speel niks nie nê? Patties sal nie lank beroemd bly as julle my laat deelneem nie. En dan het ek ‘n appeltjie met Camilla te skil!!!!
HesterLeyNel
Whahaha, Camilla is jou oor en as sy nie gaan dans nie, sal die band se vibes nie dieselfde wees nie – laat haar maar haar ding doen.
sonell
Heng maar ek is jaloers op julle toer! Die kinders hou my besig hier by die huis en ek praat al my woorde op met die nuwe Potgooi.
Julle moet dit geniet en stuur tog aandenkings vir my ook. 😁
HesterLeyNel
Het jy al van die potgooie beskikbaar gemaak of is dit nog work in progress?
sonell
Dit is nog ‘n work in progress. Ek is nog eers besig met die opnames. Dan kan ek dit net oplaai en klaar. 😁 Ek gaan dit so middel November aan iTunes submit en glo ek sal dan 1 Desember die eerste episode kan deel.
HesterLeyNel
Ek hou duim vas dat al jou harde werk groot sukses gaan bring.
sonell
Baie dankie Hester. Ek vertrou dat dit sal. xx
Tannie Frannie
Solank jy net saamlees, Sonellie!
Positief
Ag so baie dankie Hester dat ek metafisies die kitaar so goed bespeel. In die regte lewe het ek 3 kitaarlesse bygebring, maar toe die perd sê dat ek my naels sny, was dit overskedovers.
En ons kry al hoe meer siele by, wat my bly maak, siende dat ek die Milli Vanilli version van al die liedjies baie goed doen
HesterLeyNel
Whaha ek dink dis ook die enigste soort musiek en sang wat ek kan bybring.
Positief
Una-hulle gaan so baie moet lulululu om my stem weg te steek, ek spaar hulle dit liewer
trommeltjies
Dit was nou ń lekker lees Hester. Ek is so dankbaar jy het my liewer laat dans en dit nogal met onse Lorezo en nogal Afrika danse. Gelukkig het ek nou die aand met ons straatdansery in Pretoria ń paar lekker gumboot moves geleer.
HesterLeyNel
😄 Ek is bly jy het dit geniet.
trommeltjies
Hester daai busdrywer van ons is sag op die oog en het ritme, mmmmmm?!
HesterLeyNel
Joe, nou vertel jy my. Ek het gedink die vroue gaan vuisslaan oor hom, maar gelukkig toe nie … nog nie 😄