Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste 12 hoofstukke te lees, klik op hierdie InLinkz skakel:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999
Bloggers wat deelneem aan die skryf van hierdie vervolgverhaal moet asseblief die boodskap onderaan hierdie hoofstuk lees.
Nellie vou soos ‘n knipmes toe onder die aanslag van die botsing met Renier en snak na haar asem. Elke gekneuste ribbebeen gil die plesier van sy eie pyn uit en sy voel hoe drup die bloed weer van haar kopwond af.
“Waddehel???” Renier skuur tot stilstand op die tuinpaadjie en vergaap hom aan die spektakel voor hom: die deurmekaar blonde hare waaruit ‘n strepie bloed syfer, die rooi mond wat grotesk oop en toe gaan soos ‘n nat vis wat probeer asem haal op droë grond en trane wat uit die blou oë stroom.
“N..Nellie?” stotter Renier onseker.
“Nellie?” sê-vra die Aphrodite wat op een stiletto aangehobbel kom. Sy bly wankelend staan, verloor dan haar ewewig en val in Renier se rigting. Renier verloor ook sy balans en tuimel grond toe met Aphrodite wat soos ‘n neet om sy nek klou. Nellie steek instintief ‘n hand uit om te help en die armspalk tref Aphrodite vierkantig in die gesig. “Argh!” gil Aphrodite toe haar neusbrug met ‘n hoorbare kraakgeluid breek.
Verslae en wasbleek geskik staar Nellie na die Double D’s daar voor haar voete. “Klara? Klara!” hyg sy met hortende asemstote.
Klara antwoord nie, gluur net na Nellie met onverbloemde wrokkigheid. “Jy’t aspris my neus gebreek, jou blêrrie teef!”
. . . . . . .
“CUT!” skree Atholl.
“Fanfokkentasties!” gil die fotograaf. “Dis die beste scene wat ons nòg geskiet het. Hoekom stop jy dit?”
“Sjarrap, jou swaap!”, gil die regisseur op hom. “Kan jy nie sien die spul het regtig seergekry nie? Kyk al die bloed en daai een is lights out”, beduie hy na die akteur wat nog steeds vasgedruk lê onder die Double D’s.
“Wel”, lag Melinda, “ek moet sê, ek kon die toneel nie beter geskryf het nie.”
. . . . . . .
Die volgende dag
Renier wurm hom self onder die Double D’s uit, staan op en loop so waardig as moontlik na Nellie toe. Sy gesig is strak en hy kyk haar nie in die oë nie. Hy knaag aan sy onderlip.
“Sunè … nee, Daniella … ag ek bedoel Nellie … ag shit”, en hy kyk verskonend na die regisseur.
Atholl sug. “Cut.”
Take five. Renier wurm hom self onder die Double D’s uit, staan op en loop so waardig as moontlik na Nellie toe. Sy gesig is strak en hy kyk haar nie in die oë nie. Hy knaag aan sy onderlip.
“Nellie Visagie, ek neem jou in hegtenis op aanklag van bedrog en geldvervalsing.” Die boeie klik om Nellie se polse vas. “Ek neem jou nou na die polisiekantoor toe waar die amptelike klagtes gelê sal word en ondervraging sal plaasvind.”
Nellie staar hom net verwese aan. Hy het haar nie eens ‘n kans gegun om enigiets te sê nie. Hoe kan hy sy hart so verhard teenoor haar? Is dit Klara … ?
Renier lei haar na sy motor toe, help haar om by die agterdeur in te klim en maak seker dat sy nie haar kop stamp nie. Sy kan nie glo dat sy binnekort in ‘n polisiesel gaan sit nie.
Wanneer Renier agter die stuurwiel inskuif en sy sitplekgordel vasmaak, leun sy vorentoe: “Waar kom Klara aan daai paar, um, lugbalonne?” fluistervra sy.
Renier kyk verbaas na haar. Dan proes hy van die lag.
“CUT!” gil Atholl. “Cut, cut, cut! Ag jimmel tog.”
. . . . . . .
Nou is Nellie op pad polisiekantoor toe. Of is sy? Gaan Renier haar opsluit of wat voer hy in die mou? Julle sal maar moet wag vir die volgende episode van hierdie sepie.
BELANGRIKE BOODSKAP AAN ALLE DEELNEMENDE BLOGGERS
Nellie is aan die brand, op galop soos ‘n weghol-perd, en ek kan sien hoe al die bloggers haar geniet. Sommige van ons skrywers het nou vir ‘n tweede rondte ingeskryf! Hierdie is ‘n uitnodiging aan die oorblywende bloggers wat nog nie ‘n tweede kans gehad het nie, om in te skryf voor Donderdag 23 Augustus om 19:00.
Ek het die afsluitdatum vir die vervolgverhaal aangeskuif na einde September toe en InLinkz is opdateer, om seker te maak dat ons genoeg tyd het om klaar te maak. Nog ‘n maand behoort genoeg te wees om die verhaal af te rond mits ons die momentum behou. Indien ons vroeër klaarmaak, is dit ook goed.
En wat gebeur hierna? Van die bloggers het gevra vir nog ‘n skryfsafari en hierdie keer gaan daar ‘n tema aan gekoppel wees. Dit gaan pret wees, dis AL wat ek op hierdie stadium gaan verklap 🤐 my lip is gezip!
lekkervurig
Hester, jou yster. Ek het wraggies duimevasgehou dat die dubbel D’s aan Klara niggie behoort. 😂😂
Ag ons Nellie se fliekstorie vlot nou mooi.
HesterLeyNel
Ja, die familie kan mos darem nie net so in die verbygaan in die fliek verskyn nie.
lekkervurig
🤗
perdebytjie
Ag jimmel Hester,ek het my nou slap gelag! Daar gee Nellie toe nou sommer vir Klara meer as ‘n snotklap! Lekker man…die storie raak heerlik.Jy het dit so goed geskryf…die lyne raak moeiliker tussen die film en die ware storie. Ek hoop almal kan kophou daarmee.
HesterLeyNel
Hulle moet maar net die opsomming lees wat ek doen – ek gee net ‘n opsomming van Nellie se lewe – die res is bykomende pret.
perdebytjie
Welgedaan!
HesterLeyNel
Dankie By!
Sielsoeker1986
Fantasties!!! Bravo!!
HesterLeyNel
😊
seegogga
Wow! Ek het heerlik gelees. Ek wonder darem tog wat toe et oom Esra gebeur het. Wis Neelie sy eie bliedkind( nie noodwendig bloedskandelik ie- wie weet of hy nbskrloie gehad het? Gaan sy erf? Gaan hy bly leef en aan d pen ry? Of onskuldig verklaar word? Sjoe dis ‘n spannende storie
HesterLeyNel
Gits ja, noudat jy daarvan praat … ek hoop iemand skryf daaroor.
Bondelsgedagtes
Sjoesjoe dit raak prettig… mooi so!!
HesterLeyNel
😊
Toortsie
Asif hierdie nie reeds pret is nie! Gelukkig het sy darem rolle en rolle egte geld in haar sak om as bewys te dien.
HesterLeyNel
Ja, dit sal help. Maar wag totdat hulle uitvind van die gesteelde motorfiets. Die spoor lei terug na dwelmsmokkelary en so ‘n bietjie van die vervalste geld ook.
Toortsie
Ai toggie. Plaas dat julle haar met hoenders laat boer het, dan was sy in ‘n edel beroep!
HesterLeyNel
Haha. Nee man, moenie worrie nie, dalk word sy nog die tronkvoël wat help om medegevangenes te rehabiliteer, of sy word die madame van die tronk, of sy skryf ‘n boek oor die tronklewe en word beroemd, of … dalk gaan sy nie tronk toe nie. Daar is nog baie moontlikhede.
Toortsie
🙂
Met onse Nellie is enige iets moontlik! 🙂
Toortsie
In haar geval, ‘n tronkHOENDER wat deelneem aan die Lê jou eier uitdaging.
HesterLeyNel
😀
Bondelsgedagtes
Ja net nou word sy wakker en besef als was n nagmerrie nadat sy haar kediks geval het van die fiets af… is daar iewers nuwe lys van deelnemers?
Toortsie
Die nagmerriepoging het nie gewerk nie. 😂
Bondelsgedagtes
Niks werk na die “CUT” werk nie!!!😀
scrapydo2.wordpress.com
Oh no, dit raak nou te warm vir Nellie. Sy sal maar haar flikkers moet reg gooi by Renier en hom ook insleep in haar ontsnapping! Of wat se ek alles.
HesterLeyNel
Nou wil jy van ‘n eerlike polisieman ‘n skelm maak. Tsk. Dis darem nie reg nie.
scrapydo2.wordpress.com
Mens weet nooit. Regte invloed sal n goeie einde bring.
woordnoot
And the plot thsickens….o my word!
HesterLeyNel
Hahaha, ja, “bring die Bisto” soos my dogter altyd sê.
woordnoot
Die interaksie tussen die bloggers is mind blowing!
HesterLeyNel
😊 Hulle is ‘n lekker groep.
lekkervurig
Halloo – volgende hoofstuk is gepubliseer…
HesterLeyNel
Ek’s op pad