My vreugdes en frustrasies

My eiers

Kaleidoskoop – ons familieverbande word reggestel

Image obtained from Pixabay

Liewe bloggers wat deelneem aan die Kaleidoskoop-vervolgverhaal, ons het ‘n klein probleempie opgemerk met Nellie se familieverbande wat nou skeefgeloop het en ons gaan dit gou regstel.

Die maklikste manier om dit te doen (hierdie is ‘n eenmalige remedie!) is om terug te keer na hoofstuk 1 waar ek geskryf het dat Esra Viljee die enigste broer is van Nellie se ma. Oom Esra gaan nou die enigste broer word van Nellie se pa. Hulle is halfbroers en daarom het hulle verskillende vanne. Pleister opgeplak en die storie kan voortgaan sonder probleme met familieverwantskappe.

Dit is egter van belang dat ons moet let op die volgende:

  1. Dit is die verantwoordelikheid van die blogger wat skryf om hom/haarself te vergewis van die korrekte feite, MAAR ons maak almal foute. Help ons deur die foute uit te wys, sodat ons dit kan regmaak in daardie blog, anders loop die storie later skeef.
  2. Onthou asseblief dat dit nie die ideaal is om terug te gaan en veranderinge aan vorige blogs te doen nie. Dit kan ‘n “ripple effect” hê wat later veroorsaak dat ons die draad heeltemal verloor.
  3. Ons kan en moet kommentaar lewer oor wat ons lees en wat ons van die stories en die karakters dink. Dis lekker, dis opwindend en maak goeie geselskap. Ons moet egter waak daarteen om die storie in die kommentare te skryf. As die feite nie in ‘n blog weergegee word nie, vorm dit nie deel van die storie nie. Dit verhoed niemand om voorstelle te doen in die kommentare en so ‘n bietjie invloed uit te oefen op die verloop van die verhaal nie.

Verwys altyd na die opsomming by die skakel www.hesterleynel.co.za/booktalk/ en maak seker van die storielyn voordat jy jou inskrywing begin skryf [NB! hierdie opsomming is nou permanent geskrap 2018.09.06]. Plaas dit meer druk op die latere skrywers? JA!!! 😄 😃 😀 Dis deel van die pret. Dis hoekom ek altyd diegene wat reeds geskryf het aanmoedig om ‘n tweede keer in te skryf – op diè manier word almal van ons so ‘n bietjie gestraf. Dit maak mos die speletjie lekker.

Om te help daarmee om die breinselle agtermekaar te hou, sal ons ‘n kaart opstel wat duidelike familieverbande aantoon, asook die verskillende rolspelers in die verhaal (Lekkervurig het onder vreeslike druk vrywillig aangebied om hiermee te help 😇😇😇) sodat ons darem kan onthou wie se neef trou met wie se niggie.

Onthou nou – Esra is nou Nellie se PA se broer. Gaan voort en skryf!!

Follow Dis Ekke

Please find information about the coronavirus here SA Coronavirus South African Resource Portal

71 Comments

  1. Arme jy wat heeltyd die kloutjie by die oor moet hou, dankie vir die regstelling

  2. Klink my hier is bloedskande aan die gang! So Nellie se pa en ma is broer en suster as hy beide se beoer is. Skokkend!

  3. Dit gaan interressant wees…

  4. Ons moet regtig kophou met die storie!
    Baie geluk met jou verjaarsdag, Hester. Ek hoop jy is vandag baie bederf.

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Dankie Bytjie. Ons het ‘n verjaardagbraai beplan vir Sondag, want ek en my man verjaar so saam-saam en ons vriende dieselfde. Ons vier dit saam.

  5. Hoe weet julle sy verjaar!!! Agge nee, ek het dit gemis!!! Gaan nou dadelik daarvan werk maak!!!

  6. Nou het ek ook eers hier gesit en al die gesprekke gelees. Trompie vererg hom sommer vir my gelaggery. Hy wil gaan loop en ek is nog nie eers aangetrek om te gaan nie. Hierdie storie toor met mens se kop. Dis egter die doel daarvan. Sal beslis die naweek moet sit en my lyne ingooi om alles op te vang wat opgevolg kan word. Die Viljee broers is beslis nie engeltjies nie. So is Nellie se ma Dan nie familie nie? of is ek verkeerd? Sal darem nie Nellie n bloedskande kind wil maak nie.

    • Scrapydo ek is bly ek is nie die enigste ene wat sukkel nie. Ek voel soos standerd ses se laegraad wiskunde in hoërgraadklas…😉

    • Nellie se ma is aangetroud met Nellie se pa en lyk jy het katgeknyp met Ezra…..

    • Comment by post author

      HesterLeyNel

      Nee, die ma is nie meer familie nie. Ons het haar uitgegooi. Ek lag my nou vrek. Nellie se pa (Jan Visagie en Esra Viljee is nou broers en nie een van ons het onthou om die vanne in ag te neem nie). As jy Esra se storie verder voer, kan jy hulle dalk verklaar as halfbroers?

      • Aha. Ja, ek het gelees van Visagie en toe van Viljee en ook in die begin van Jan Mankement en Ellie Vatlappie. Sjoe dit was nou n uitsortering wat nogal met my kop gesmokkel het.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ja, ek dink as Jan en Esra halfbroers is, dan beteken dit dat Esra die familieplaas van die Viljees geërf het en Jan is die armlastige omdat die Visagies net ‘n aangelapte familie was. Esra het dus ‘n stiefpa gehad nadat sy pa dood is, maar hy het nogtans die familieplaas behou. Werk dit nou? Ag, sê tog asseblief dit werk.

        • Dit werk nou reg uit. Gelukkig hoef hul nie alles op paper te he nie. Net solank Nellie haar deel van die erfplaas /geld kry. Ek het maar vir eers weggaskram van die familieuitleg verder.

        • Comment by post author

          HesterLeyNel

          Ek is bevrees dat as daar ‘n vorige testament was, gaan Nellie dalk nie erf nie, want hierdie laaste nota van Esra is in gevaar daar in Lettie se hande en dis ook nou nie juis ‘n geldige testament nie.

        • Mmmm, nogal waar gelukkig hou Lettie darem van Nellie.

  7. Liewe hemel ek is nou deurmekaar…as iemand n lys het van wie waar gewat het met wie stuur asb vir my daai lys want my beurt kom nog en net nou klim da nog iemand erens uit wat nie daar moes gewees het nie

  8. Hester, ek vertrou jy en jou man…. en vriende het ‘n lekker feesviering gehad. Mag ek sê ek geniet julle deurmekaar koppe vreeslik!!!! Hoop die lys help 😂😂😂😂😂😂

  9. Vlokkies… of soos onse Nellie sou laat weet… met ‘n eislike knoop f-woords… nou sien ek amper bloedskande aankom hier by my alternatiwe Nellie!!
    Is ek nog oukei met my weergawe (Nellie se ma)… of moet ek ook gaan regmaak?
    Ek sal seker maar moet want my storie begin waar jy ophou… nog ‘n string f-woorde… so vir die wis e die onwis!!
    Oukei… ek gaan maak reg… :/