is soos salf vir die gemoed.
Ek het data op my selfoon wat gaan wegraak as ek dit nie opgebruik nie, toe duik ek kop eerste in Blogland in, net om te sien julle is nog almal hier, op en wakker. Ek sien hoe lekker gesels julle saam daar op die Skryf-Safari uitdagings. Die Bloglanders se harte is nog op die regte plek en Frannie het hierdie week net die regte snaar gepluk.
Ons trek is afgelaai en nou is op die “waar is dit? hoe werk dat? wie het my kussing?” – stadium. Alles is deurmekaar en ek kan nie worrie nie; ek gaan gesels tot die data-plug uitgetrek word. Die stories en kommentaar is soos balsem vir my siel. My bed is opgemaak en dis al wat tel.
Siestog, Genis het geen idee wat nou aangaan nie – hy dink ons is met vakansie en gee duidelik sy misnoeë te kenne met die stel trappe waar hy nie mag opgaan nie. Hy vertel elke nou en dan vir sy pa dat dit nou tyd is om huis toe te gaan.
Ponsie is heeltemal verward oor die “change of scenery” en sy staar net vir Genis aan van haar possie daar bo-op die trappe. Hier is ‘n duidelike skeidslyn tussen honde en katte in hierdie huis. Katte bo, honde onder. Die vensters wat kan oopmaak, het katwering gekry voordat ons ingetrek het – Madame kan nie by ‘n venster uitglip om die omgewing te gaan verken nie of om op die huis se dak rond te loop nie. Ons gaan nie liggies vergewe word nie.
Ons gaan die naweek gebruik om die huis ‘n bietjie in orde te kry en dan gaan ons natuurlik weer ewe optimisties wag vir Telkom om op te daag. Wie weet, dalk gebeur dit. Die dae van wonderwerke is nog nie verby nie. Hou intussen die blink kant bo.
perdebytjie
So bly jy kon inloer, Hester! Ons almal mis jou verskriklik. Ek hoop die uitpakkery verloop goed en dat Genis gou verstaan waar sy status is teenoor katlief! Telkom moet sy mmmin rat kry, want ons soek onse Hes terug!!😬😠😉
HesterLeyNel
Ek sal ‘n petisie uitreik wat almal in Blogland kan teken 😁
Toortsie
Ek is nie goed met petisies geken nie, maar hierdie een sal ek beslis teken.
HesterLeyNel
Dankie!
Tannie Frannie
Errrmmm – in die lig van Una se probleme met daai Kommissie van Ondersoek wat vra oor ons name, weet ek nie so mooi of jou petisie gaan werk nie…
HesterLeyNel
Bangjan!
travel460
Hester!!! Jippee!!! Net om jou naam te sien help al. So bly als het goed afgeloop met die trek. Dit klink eintlik heel opwindend, hoor.
travel460
Gat in rat kry, Perdebytjie. Gat in rat.🤔🤗Jy is heeltemal te ordentlik.😉
HesterLeyNel
Whahaha
Tannie Frannie
😀
perdebytjie
Presies wat ek bedoel het…is maar van nature so bedeesd en ordentlik.😉
travel460
Ek weet jy is ordentlik en dierbaar. Bedeesd…daai een glo ek nie heeltemal nie.
perdebytjie
Ek is maar ‘n ou stil eenkant mensie.😉
travel460
Net tot ons weer ń verhaal aanpak, né.🤗
perdebytjie
Een met ontploffings en pênties en dubbel D’s, né!
HesterLeyNel
Jip, kyk hoe kom die gewelddadige neigings na vore 😳
perdebytjie
Ons is goed geleer tydens die Toweropstaldebakel!
Tannie Frannie
Dis gaaf dat jy ons kom gerusstel het. Janee, katte weet hoe om die “top dog” te wees.
HesterLeyNel
Veral hierdie een; sy is lekker bederf.
dromer777
Sterkte
HesterLeyNel
Dankie Dromer
seegogga
O bly jy het bietjie parool gekry Hester! Een vd dae kry jy afslag vir goeie gedrag. Niks meer misdaadstories vir jou nie, al was hulle ook super perfek.
HesterLeyNel
Ja, liewer nie – ek en Camilla het so swak plek vir aantreklike misdadugers.
scrapydo2.wordpress.com
Maggies man dis darem n gedoente om so sonder blogging te leef. Ek hou duime vas dat Telkom sy vinger trek en wikkel met die lyne. Ons mis jou darem nou te erg.
HesterLeyNel
Ons sal maar aanhou opvolg – dalk help die gekerm.
Positief
Dis so lekker om jou te “sien” Hester, ons mis jou. Hoop alles is al lekker uitgepak en as dit nie is nie, dat die towerfee gou haar staffie sal kom swaai, sy moet sommer wyd swaai tot by Telkom ook
HesterLeyNel
Dankie, ek is bly ek het nogt nie in vergetelheid verval nie. Wow! Kyk my hogere Afrikaans. Dis Maandag en ek het vyf dae in hierdie week om Telkom op te dreun 😈 Ek mis uit op alles.
Abrie Joubert
Hoop saam met jou op daardie telkom wonderwerk. Ekself was baie min in blogland afgelope paar weke – nie telkom se shuld my eie draad nie so lekker nie
seegogga
Ek het gewonder waarheen jy verdwyn het- oorsee? Moeg vir die vroumense se ligsinnige geklets? Waaaaar is jy, Abrie???
travel460
Abrie, ons mis jou.
HesterLeyNel
Ons het maar elkeen ‘n ander soort draadjie wat ons kortwiek Abrie. Ek hoop joune is ook net ‘n tydelike knoop wat gou-gou uitgestryk kan word.
Marida Steurer
Ah, ek deel die onttrekkingsimptome waaraan jy ly. Ek self mis die bloggery… sperdatums en siek kinders… helaas. Sterkte met die nesskrop!
HesterLeyNel
Dankie! Ek gaan blogdepressie laat verklaar as ‘n aanmeldbare siekte. Beste wense vir jou ook.
Kameel
Nie net het jy draad verloor nie… maar ek ook na jou blog toe. Lees nou eers hier. Wou al vandag whattsapp om te hoor of elke ding nou sy plek het…. en hoe vorder dit met Telkom. Ons vertrou jy is gou weer met ons. Lekker slaap 😊
HesterLeyNel
Ons skop nog Kameel. Telkom het een verskoning na die ander en ons is nog niks nader aan ‘n oplossing nie. My seun bel hulle nou elke dag van JHB af om op te volg. Ons moet maar wag – het nie ander keuse nie. Intussen is die weer darem lekker en loop ons op die strand ronden maak tuin.
Abrie Joubert
Wil maar net se ek mis jou erg
HesterLeyNel
Ek mis julle net so Abrie. Ek het Telkom al woorde toegevoeg wat ek eers moes gaan naslaan in my woordeboek. Ons wag nog maar steeds vir al die beloftes om waar te word.
Abrie Joubert
Ek sal vir nog ‘n paar woorde nuutskep 🙂
HesterLeyNel
Dankie Abrie ek weet ek kan op jou staatmaak.
Abrie Joubert
😂