Die klein feëprinsessie het sò gewens en gehoop dat sy eendag ‘n goeie heks sou ontmoet wat haar kon omtower in ‘n gewone mensekind. Sy was moeg daarvan om elke dag alleen in die towerpaleis te speel in haar mooi geblomde rokkie, spierwit sokkies en blink swart skoentjies.
Sy het dit gehaat as haar blonde hare ingedraai is om in lokke oor haar skouers te hang. Sy het dit nog meer gehaat wanneer daar luisterryke gaste opgedaag het by die towerpaleis en sy ontbied is om om die gaste in die troonsaal te groet en dalk vir hulle ‘n rympie op te sê of ‘n liedjie te sing. Sy het dit die heel meeste gehaat om deur die venster te kyk hoe haar broers, die prinse, buite in die sonlig of reën gespeel het elke dag. Sy kon hoor hoe hulle lag en gesels en hulle sien hardloop, boomklim en met ‘n bal speel, maar sy moes binne die mure van die towerpaleis bly, soos wat dit ‘n goeie feëprinsessie betaam.
Toe, eendag, was daar ‘n onderbreking in die gewone roetine. Die feëprinsessie het skool toe gegaan, want dit was die wet van die land waarin sy gebly het; alle kindertjies, feëprinsessies ook, moes skool toe gaan en leer om te lees en somme te maak. Die feëprinsessie was eers baie bang vir die vreemde wêreld en al die vreemde kinders wat saam met haar in die klas was. Van almal rondom haar, was sy die bangste vir die mooi vrou met die blonde hare en die rooi lippe wat almal “Juffrou” genoem het, maar heel gou het die feëprinsessie besef dat sy die goeie heks was vir wie die feëprinsessie so lank gewag het.
Soos al die ander kinders, het die feëprinsessie nou swart en wit skoolklere gedra en wanneer dit warm was, het “Juffrou” hulle toegelaat om kaalvoet te loop in die klaskamer. Hulle het selfs kaalvoet buite op die skoolgronde gespeel wanneer dit gereën het en niemand het geraas as hulle klere vuil en vol modder geraak het nie! Tussen soveel lekker speletjies saam met so ‘n bondel kinders het die feëprinsessie ook begin leer oor die wye wêreld daar buite. Sy was nou meer vasbeslote as ooit om ook ‘n gewone mensekind te word, sodat sy kon gaan fliek, opvoerings bywoon, volksdanse doen, kampe bywoon, by die swembad lê, na skool by ander kinders kon gaan speel – ag, sommer net alles wat mensekinders gedoen het.
Na skool het sy verder studeer en heel gou ‘n werk gekry in ‘n groot stad. Saam met al die gewone mense het sy elke oggend opgestaan, netjiese klere aangetrek, haar hare mooi gekam, haar lippe rooi gemaak en werk toe gegaan. Heel gou het sy ‘n skaflike kaboutermensman aangekeer, met hom getrou en kinders gehad. Dis nou waar die feëverhaal moes eindig met “and they lived happily ever after”. Maar natuurlik werk dit nie in die mensewêreld so nie.
Die feëprinses het agtergekom dat dit nie altyd lekker was in die mensewêreld nie, maar sy het geweet dat sy nooit weer sou kon terugkeer na die towerpaleis toe nie. Sy het haar keuse gemaak en moes nou maar haar plek volstaan. Sy het hard gewerk, by die werk en by die huis. Die kaboutermensman was nie ‘n prins nie en het sy foute gehad, maar dan, sy was ook nie meer ‘n feëprinses nie en het haar eie foute gehad. Soms het die lewe saam met die kaboutermensman en hulle kinders maar haak-en-steek verloop. Daar was nou goed soos te min geld, te veel uitgawes, te min slaap, siek kinders, stout kinders, kaboutermensman met sy kaboutermensmankakkies, die mensewerk met mensewerkkakkies, en die gewese feëprinses kon nie meer haar skoene uitskop en buite in die modder gaan speel nie. Die menselewe was nie ‘n fees nie.
Toe eendag, het die gewese feëprinses in die spieël gekyk en gesien dat haar mooi gladde vel vol plooie geraak het, swaartekrag het al haar voormalige bates afgedwing grond toe, haar voorheen blonde lokke het net netjies gebly omdat dit in ‘n gestyfde en gekleurde kapsel getooi was, haar wenkbroue was gepluk en haar been hare geskeer, maar haar netjiese werksklere was vaal en verbeeldingloos. Die gewese feëprinses het besef dat sy ‘n dringende verandering in haar lewe moes aanbring, maar hoe nou? Sy kon nie weer ‘n regte fee word nie en sy was moeg daarvoor om ‘n mens te wees. Wat het oorgebly? Haar enigste ander keuse was om ‘n trol te word en dis wat sy gedoen het. Haar kaboutermensman moes maar inval en ‘n trolman word.
Die trol het haar hare gesny en opgehou om dit te kleur; sy het haar werk gelos en en haar werksklere vir liefdadigheid geskenk; sy het haar trolman, haar soet trolkind, die vet trolhond en die maer trolkat gegryp, in die kar gespring en ver gery tot by die see. Op pad soontoe het al die trolle hulle skoene deur die kar se venster gegooi, die trolkat het uit pure senuweeagtigheid al haar hare sommer in die kar afgegooi en die vet hond het al hoe meer gevreet sodat hy vetter as ooit geword het.
Nou loop daar drie nuwe trolle, ‘n trolhond en ‘n trolkat rond by die see. Die feëprinses-mensekind-trol se lang grys hare hang in slierte, haar wenkbroue groei so dig soos die kuswoud en sy loop kaalvoet buite in die reën. Sy trol al te lekker, al dink sy baie terug aan die towerpaleis, maar sy kan nie teruggaan nie.En sy dink aan die mensewêreld, maar sy wil nie teruggaan nie. Sy wil liewer aanhou met trol.
Is ons nou by die gelukkige einde? Wel, dalk verander die feëprinses-mensekind-trol dalk weer eendag van gedagte, maar op die oomblik pomp sy haar vuis in die lug en sug: “Viva la Trol”.
DIE EINDE
Hierdie week se gasblogger vir die Lê-Jou-Eier uitdaging is Seegogga: “Ek daag jou uit: Skryf ‘n feeverhaal: oor jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n bekende se lewe, oor die politieke situasie van ons land, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit ‘n feeverhaal ( of ‘n fabel) en vertel vir ons ‘n storie.”
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
kethuprofumo
What a pretty girl! Alike Gayla Peevey!
HesterLeyNel
Haha, well Maria, she’s actually just a few years younger than than Gayla – that is me in my flower girl dress dress at an older sister’s wedding.
kethuprofumo
I got that it was you,dear Hester. Wedding? Great! I want a hippopotamus for wedding, only a hippopotamus will do. Don’t want a doll, no dinky Tinkertoy. I want a hippopotamus to play with and enjoy! 🙂
HesterLeyNel
Whahaha, “mom says the hippo would eat me up, but the teacher says a hippo is a vegetarian”. I love that song!!!
kethuprofumo
So do I The best!
Anne
Yep – break free; it is awesome!
HesterLeyNel
🎵I want to break free-ee🎵 Freddy Mercury 😄
seegogga
Baie oulik Hester jy het die regte feeverhasl idee en dit is ook sowaar n gelukkige einde. In n opvolgverhaal kan die trolle altyd mos weer besluit om in n paleis te gaan bly as hulle nou so voel, ne. Maar ek sien hulle is baie gelukkig om altyd en alryd met plakkies te gaan rondstap langs die see en in die bos.
HesterLeyNel
😄 Ja, die trolle sal seker ook eendag weer moet skoene dra in die Towerpaleis vir Bejaardes, maar tot dan sal hulle die bietjie vryheid geniet.
travel460
Hierdie is nou ń lekker feëverhaal, ń agterstevoor om een, van feëprinses tot trol, maar met ń heerlike einde. Trolle met plakkies aan, wat by die see bly!
HesterLeyNel
Freedom, at last behaaglike sug!
travel460
Hoop julle kan vandag in die sonnetjie gaan rondstap. By ons reën dit, so die ysige koue is hier.😓
HesterLeyNel
Ja, my seun sê julle hoop darem vir ‘n 12°C maksimum (hy werk in Sandton). Hier gaan ons so 21° hê, met gepaardgaande reën en wind.
Toortsie
Nee! Sy gaan die goeie fee raakloop uit haar kindertyd en die fee gaan haar herken en vir haar en haar hele gesinnetjie, kat en hond in kluis, terugtoir tot die prins en prinses wat hulle veronderstel is om te wees.
HesterLeyNel
Toortsie, jou droom vir perfeksie pas my nie! ! Los die arme trol, sy het ontsnap en wil ‘n voortvlugtige bly.
Toortsie
Aiaiai 😢
A. Shepherdson
😮 wow that’s a fabulous photograph, you remind me of Judy Garland? 🙂
HesterLeyNel
Thank you, Andrew, dear man, flattery will get you everywhere. BUT if you could read the story, you would know that I threw away my red slippers and departed from the yellow brick road to walk barefoot on bush paths. 😄
A. Shepherdson
😀
lekkervurig
Ek laaik die storie kwaai, en is baie lief vir trolle.
HesterLeyNel
Dankie Lekkervurig, om te trol is ‘n heerlike tydverdryf.
scrapydo2.wordpress.com
Uitstekend man! Dis hoe dit werk. Naweke is ek ook n trol saam met jou. Dis heerlik om vry en gelukkig te voel sonder al die pakkaas. (Tussen hakies: laat my asb weet as jy my nodig het vir n storie sodat ek my vuurpyl kan volmaak met brandstof. Brandstof hier word al duurder en duurder.)
HesterLeyNel
O ja, ek het nou-net met jou gepraat oor fb. Kameel is hierdie week se gasblogger. Van volgende week af soek ons nog gasbloggers, so as jy kans sien vir volgende Donderdag (24 May), is dit aan.
scrapydo2.wordpress.com
Ek maak so. My onderwerp le en wag om gebruik te word.
HesterLeyNel
Ek is bly om dit te hoor, want arme Kameel het hierdie week iets aan wat sy nie kan uitstel nie en sy het my gisteraand gevra of sy kan plekke ruil. Ek gaan gou vir jou facebook ook, maar ek sal bly wees as jy hierdie Donderdag by haar kan oorvat.
scrapydo2.wordpress.com
Ha ha, nou slaat jy my met n pap snoek! Ek sal vandag moet skryf dat dit more reg is. No worries!
HesterLeyNel
Ag dankie van beide myself en Kameel af.
Lewies Mymer
Haha! Let it all hang loose Baby!!
HesterLeyNel
Ja, ek mag mos!
Lewies Mymer
Natuurlik! Maar dat mens so lank moes wag vir die voorreg.Damn!
HesterLeyNel
Nou sit jy jou vinger op die pols. Maar soms is die wag die moeite werd en dit maak die beloning net groter.
Lewies Mymer
Is so. Daar moet ‘n afwagting wees en mens moet voel jy verdien jou aftrede.
perdebytjie
Ek het nou heerlik gelag, veral toe julle trolle word! Uitstekend geskryf, Hester! Jy was ‘n skatlike dogtertjie.
HesterLeyNel
Dankie Kameel 😊 Nee nie Kameel nie, Perdeby. Ag askies Perdeby (dis jou kameelperd wat my nou laat struikel het).
Abrie Joubert
Wesp lyk my hierdie trol neem ietsie
HesterLeyNel
Whaha, loop verby die Frangelico, Hester
Kameel
Jy moes vir perdebytjie dankie sê vir die vorige kommentaar. Dat so ‘n pragtige dogtertjie nou ‘n trol geword het!!! Gelukkig is jy uit eie keuse ‘n trol en ‘n gelukkige een daarby 😊 Lekker skrywe!!!
HesterLeyNel
Ai tog, ek was besig met ‘n kliënt op die foon en my brein wil nie vandag multitask nie. Mens raak moeg daarvan om net ‘n pragtige dogtertjie te wees – veral wanneer die kabouters soveel meer pret het.
Tannie Frannie
Bwahahaaa – “Kaboutermensmankakkies”…
HesterLeyNel
Jy ken van daai?
Tannie Frannie
Watter vrou ken dit nie?
HesterLeyNel
Praat jy nou wat lippe het.
Abrie Joubert
Huis Paleis Pandok Varkhok. As kind het dit my gepla omdat dit nie in die regte volgorde is nie. Volgens my bly ‘n trol in iets soos ‘n varkhok en jy bly in huis. Die volgorde is nie reg nie (maar ek hoor jou) en het jou trol storie geniet. Maar dink net jy kon ‘n blondine op stiletto’s in ‘n towerpaleis gewees het.
Ek besef nou ook dat ek ‘n disclaimer by my sprokie sal moet plaas iets soos:
Alhoewel al die ander deelnemers aan hierdie uitdaging kabouters, feetjies of hekse (veral hekse) is of was en hulle eie storie geskryf het in die sprokie uitnodeging, is hierdie bloot ‘n sprokie en alhoewel daar ‘n foto van my in die sprokie is handel dit nie oor my nie net soos die sprokies wat die iesegrimmige Grimm broers bymekaar gemaak het nie oor hulle gehandel het nie.
HesterLeyNel
Elke storie vang ‘n stukkie van jouself vas, so jy kan nooit so ‘n disclaimer glo nie. Die Grim broers was regtig Grim, dis hoekom al hulle sprokies altyd so ‘n wreedaardige draai gevat het.
ekmyselff
Dit was nou n lekker storie!
HesterLeyNel
Dankie ekmysellf