Ons het vanoggend so ‘n bietjie op die strand gaan uithang saam met die Vaalies … en ‘n slang. In die piekniekgronde het pa gemik om af te draai na die strandrestaurant vir sy Saterdagse bier-uur, terwyl ek en Karen verby die kaggelkakkies-verkopers beweeg op pad water toe. Skielik steek ons almal vas in ons spore, want daar langs die paadjie lê ‘n yslike luislang.
“Wie se slang is dit?” gil-vra ek kliphard. “Wat het hy geëet? Vir WIE het hy geëet?” Die slang is so dik dat hy homself skaars kan beweeg.
“Nee, Tannie,” kom die antwoord, “hy het ‘n haas geëet. Nie ‘n baie groot haas nie en nou is hy kwaad, want hy wou nog gehad het.” Ja, ek ken daardie situasie. Genis is ook so, hy is nooit gelukkig met die hoeveelheid kos wat ons hom voer nie.
“Jy kan hom om jou nek sit vir R20,” sê sy baas en Karen bied onmiddellik aan dat haar ma met die slang sal poseer vir ‘n foto. Syself kry natuurlik die wilde-weghol, maar skuil agter haar kamera. Ek bedel R20 by my man en hy vererg hom omdat ek nou sy biergeld afvry, maar ek vat nie nee vir ‘n antwoord nie.
Eers word die slang opgetel sodat ons hom kan streel oor sy verbasende warm lyfie, terwyl die baas sy kop vashou. “Jy kan maar die kop los,” sê ek, “hulle byt mos nie,” en ek streel sy nek. “O ja, hulle byt,” sê die baas en wys my die bytmerkies op sy voorarms. “Hulle het tandjies so skerp soos lemmetjies, maar hierdie een het darem nog nooit gebyt nie”. Ek skrik so groot dat ek amper die slang verwurg en wonder of ek my R20 kan terugvra.
Maar toe het ek al klaar die slang-halssnoer om my nek. Liewe genade, wat weeg die ding? (Glo vyf-en-vyftig kilogram.) Karen swaai die kamera heen en weer en ek raas dat sy moet gou maak, my rug gaan breek. Intussen wonder ek kliphard watter een van die knoppe in die wriemelende lyf is die ongelukkige haas. Hier staan ek nou met ‘n haas in ‘n slang om my nek en al die Vaalies kyk vir my.
Ook net op die Suidkus.
joke_dev
Euh…. Ik zou al gaan lopen zijn maar dat is ook geen goed idee! Ben je beetje gek om zo dichtbij te gaan 😀
HesterLeyNel
Haha, nee, hulle is darem nie regtig gevaarlik vir mense nie, Joke.
joke_dev
Oef gelukkig!
travel460
Nee Hester, nou raak jy defnitief te wild! Het jy ooit Jungle Book 10x gesien? Mens het respek vir ń luislang, HY KAN WURG!!!!!!
HesterLeyNel
Hulle bewegings is redelik stadig en hierdie een se baas het darem ‘n wakende oog gehou.
ddupl3ss1s
Ek het nou so lekker gelag… dapper donner jy !!
HesterLeyNel
Issie, ek het net ‘n pokerface.
vuurklip
Jislaaik! Die enigste haas in die storie is die malhaas met die slang om haar nek!
HesterLeyNel
Ja, daar is iets in hierdie stelling wat wysheid bevat.
A. Shepherdson
OMG!!!!
HesterLeyNel
Haha, they are harmless, promise!
A. Shepherdson
🙂
sonell
Jy het meer guts as ek! 🙈
HesterLeyNel
Ek het op die platteland grootgeword met allerhande ongediertetjies.
sonell
Ek sidder vir ‘n padda en ‘n slang en ‘n spinnekop. Die res is oraait, maar steeds, jy het meer guts as ek 😅
HesterLeyNel
😄
Anne
Lucky, lucky you! Pythons are beautiful creatures. We looked after one for a while in Mmabatho and had many children and their parents call round to touch it. What a happy day for you 🙂
Tannie Frannie
Urrgh – nee, Hester, nee! Hulle moes JOU R20 betaal het!
HesterLeyNel
Frannie, ek het eers agterna daaraan gedink dat my R20 seker nog ‘n haas gaan koop vir die slang om in te sluk.
Tannie Frannie
Ok weer waar – so het jy waarskynlik ‘n ander lid van die publiek beveilig?
HesterLeyNel
Ja, maar nou voel ek so treurig oor die arme haas.
aj vosse
‘n Gemors van biergeld, dis verseker! 😉
Skaam jou dame, dat jy daai arme man se biergeld afgeroggel het! En dit vir ‘n rugbreker slang? Swak! 😉
Net so btw… wat of wie is kaggelkakkies??
HesterLeyNel
Ornaments and souvenirs bought by holidaymakers. In the old days such items were displayed on the mantelpiece (kaggelrak). I’m sure you know what “kakkies” are – directly translated: all the little shitty things on the mantelpiece. Ek het die woord by die blogger Tina van Rondomtaliedraai geleer. You will find it in the blogging dictionary only.
aj vosse
Rondomtalidraai… skerp, ja!! Ek moet ook weer daar loop kuier… en lag! 😉
HesterLeyNel
😊
Lewies Mymer
Jy is dapper!
HesterLeyNel
Nee, ek weet darem hierdie ouens is nie gevaarlik nie.
Lewies Mymer
Laat my dink aan Glenda Kemp se Oupa van destyds.
HesterLeyNel
Haha, ek weet nie wat op aarde jou daaraan kan laat dink nie!
Rob Alberts
Onze Nederlandse slangen, adders en ringslangen, zijn niets vergeleken met deze slang.
Vrolijke voorjaarsgroet,
Abrie Joubert
Dit herinner my aan iets uit my jong dae. Wat kan dit tog nou wees? !! HESTER JY IS GLENDA KEMP!
HesterLeyNel
Damn, jy het my uitgevang
Abrie Joubert
Ten minste erken jy dit, maar ek hoor jy gee deesdae Sondagskool
HesterLeyNel
Whahaha, regtig? Mind you, om met ‘n slang te dans is sekerlik deesdae nie meer so vreeslik sondig in die oë van die kerk-ooms nie.
perdebytjie
Haha, sy is die regte ouderdom, Abrie. Ek wonder watter geheime sy nog koester!
HesterLeyNel
Abrie, is jy nie ‘n bietjie jonk om van Glenda te weet nie?
perdebytjie
Lol!
Abrie Joubert
Inderdaad met haar Suid Amerikaanse konneksies!
perdebytjie
Ek sou R100 betaal het om daardie slang om my nek te draai! Dis so ‘n pragtige reptiel. Jy lyk baie oulik, Hester!
HesterLeyNel
Haha, ek het lanklaas daardie kompliment gekry, dankie.
Kameel
Not in a million years!!!!
HesterLeyNel
Hy het so ‘n sagte ou warm lyfie!
rondomtaliedraai
OOOOOOOoo… dapper vrou En jy lyk nie eers bang of skrikkerig nie!
HesterLeyNel
Skattebol, as dit ‘n swart mamba was, sou jy my stofwolke doer agter op die horison gesien het, maar ek weet hierdie soort is onskadelik. Hy kan wel byt, maar dit gebeur feitlik nooit en het ook nie vreeslike gevolge nie. Ek is te dik vir hom om my te omsingel.
rondomtaliedraai
Nogtans geen verskoning sal my oortuig nie
ekmyselff
Ek hou niks van slange….
HesterLeyNel
Ek voel oor slange soos oor babatjies – ek bewonder hulle graag, maar gee hulle vinnig weer terug vir die eienaar.
ekmyselff
Nee ek bewonder nie eers nie, hoe gril ek nou aan die idee….
Daniël Bezuidenhout
Goeie gom! Jy het baie moed om slangkind as serp te dra. Mens bly voel-voel aan daardie sagte vel. Seepglad. Maar ja, ek wil ook nie ‘n happie van slangkind hê nie, netnou proe ek soos haas!
Mooiste woord wat jy gebruik: “kaggekkakkies” – mal daaroor.
HesterLeyNel
Hy was nogal swaar om so vas te hou. Kaggelkakkies is ‘n selfgemaakte bloggerwoord wat ek by Tina van Rondomtaliedraai oorgeërf het. Die oud-taalonderwyseresse raak baie kreatief wanneer nodig!
Tokeloshe
E-e-k ! Jy is brawer as ek 😉
HesterLeyNel
Hulle is darem baie mak Linda en die eienaar verdien ook ‘n geldjie as mense so fotos neem van die slang. Hy is net geweldig swaar!