In my blog ‘n paar dae gelede het ek ‘n foto gewys van ‘n boomsalmander en ‘n houtkapper wat geneem is van die huis se kant af. Toe ons gister van die strand af teruggekom het, was daar weer ‘n besoeker bo-op die boomstomp. Ons het teen die hoogtetjie aan die begin van die inrypad stilgehou en kon ‘n paar fotos van daar bo af neem. Kyk net hoe kontant sit sy en beskou haar koninkryk daar uit die hoogte. Ons dink hierdie een is die wyfie, want ons het die mannetjie al van naby beskou (ongelukkig sonder ‘n kamera), en sy kop en bolyf is blou.
Read Next →
HesterLeyNel
My blog posts, written in Afrikaans and English, represent the rantings and ravings, the joys and blessings of a 70-something retiree – Me.
margrietspanjaard
Ja, deze is prachtig gefotografeerd, jammer dat je het mannetje niet hebt…misschien krijg je die kans nog weer, dus gewoon altijd je camera meenemen he ? 🤣🤣🤣
HesterLeyNel
Ons kan nie altyd ‘n kamera vat nie, want ons loop soms in afgeleë gebiede en dis ‘n bietjie gevaarlik om toerusting oral saam te dra – ek mag dalk net beroof word.
margrietspanjaard
Ohhhhh…kun je toch beter een honkbalknuppel bij je dragen dus 😲
HesterLeyNel
Jajaa 😄
Anne
THAT is a real problem in this country 🙁
HesterLeyNel
Yes, and it is such a pity.
Eveline Lenderink
Dat is toch vreselijk. Je zou veilig een wandeling moeten kunnen maken.
HesterLeyNel
Ja dis jammer Eveline, want ons het sulke pragtige natuurskoon hier.
Daniël Bezuidenhout
As jy daardie boomstomp kan bykom, strooi ‘n lepeltjie gekookte oorskiet rys en dan het jy ‘n gereelde boomsalamander besoeker… hulle is gek na rys. Iemand groen hierlangs sal nou sekerlik ‘n kleintongetjie insluk, maar ons voer die opwip (lyk mos of hulle opstote doen) salamanders hierlangs so.
HesterLeyNel
Dis interessant, maar nee, om bo-op daardie boom te kom ek sal ek die brandweer se hulp moet vra 😊Dan wonder ek ook of boomslange nie dalk ook van rys sal hou nie!!! Dis it mamba-wêreld hierdie. Dankie vir die inloer; ons sien te min van jou.
Daniël Bezuidenhout
Ek loop eniger dag lig vir mambas…😳
HesterLeyNel
Hulle is besonder volop hierdie jaar. Ons bly maar uit die bos en loop op die gebaande weë.
perdebytjie
Dis nou te oulik…die mannetjie hang seker ook daar iewers rond.
HesterLeyNel
Hy sit gewoonlik in die groot boom heel teen die ander grensmuur. Dalk is hulle geskei van tafel en bed.
perdebytjie
😂😂
travel460
Watter besonderse fotos, Hester. Sy is werklik pragtig.
HesterLeyNel
Dankie Una!
travel460
Gaan loer op jou foon.
vuurklip
Salamander? Koggelmander?
HesterLeyNel
Something-mander. Die locals hier noem dit ‘n salamander, salmander, agama, lizard. Afhangende waar hy woon, voeg hulle rock/klip of boom/tree by. Ek is nie ‘n kenner nie en Google help nie veel nie. So wat is die verskil tussen ‘n salmander en ‘n koggelmander?
rondomtaliedraai
Interessante gedierte
HesterLeyNel
Hulle is tog te ougat. Ons het ‘n oordonderende bevolking van geitjies, gekkos, akkedissies en by ons vorige huis was daar selfs likkewane,
rondomtaliedraai
Die natuur is darem spesiaal
HesterLeyNel
Dit is
rondomtaliedraai
Oeps daar is my antwoord weg!
HesterLeyNel
Ek het ‘n antwoord gekry “Die natuur is darem spesiaal” of was daar ‘n ander een?
rondomtaliedraai
Dis vreemd hier maak dit altyd so pyltjie maar by jou wys dit nie
HesterLeyNel
Seker omdat ek op die ander WordPress platform is – nie op .com nie.
rondomtaliedraai
oooooo
kethuprofumo
Another interesting creature! Are they afraid of humans?
HesterLeyNel
Yes, they shy away from people, pets and other natural enemies, like the hawk we saw here a few days ago. They are very quick and disappear unto the leaves of the closest tree or bush at the speed of lightning.
Kameel
Dit lyk asof sy ‘n mooi uitkyk het…. hopenlik op die see 😊
HesterLeyNel
Ja, haar uitsig op die see is heelwat beter as myne 😄 Ons is een terras laer af en sien net so ‘n strepie see.
Abrie Joubert
Hi Hester weet nie of ‘n Salamander en koggelmander dieselfde ding is nie maar ek het eenmal oor wat ek as ‘n bloukopkoggelmander geblog
https://abriejoubert.wordpress.com/2017/11/04/peekaboo-i-see-you-agama/
HesterLeyNel
Jaaaaja, ek onthou hierdie post van jou en ons igamatjie lyk soos hierdie een – hy is net so vervlaks vinnig dat hy weg is voordat jy nog jou kamera kan unholster. Ek het ook grootgeword met die woord koggelmander, maar elke streek het mos maar sy eie taal en nie my Pharos of google maak onderskeid nie. Daar was ook nog ‘n ander benaming wat ons gebruik het wat begin met “Ou…” – iets soos oubaard, oubaas, oupoot, maar slaat my dood, ek kan nie onthou nie.
Hier "blok" Ek!
oeee, beeldskoon – dankie vir die deel xx
HesterLeyNel
So cute, ek moes haar net afneem.
Hier "blok" Ek!
Amper nes my honde nê…😉
HesterLeyNel
Amper … 😄
Hier "blok" Ek!
🤗 jy is tog ‘n regte sport Hester…
Rob Alberts
Ik kijk hier graag!
Mooie foto
Winterse groet,
HesterLeyNel
Dankie Rob. Winderige groet van hierdie kant af.
Eveline Lenderink
Een prachtige waarneming. De houding is zo trots. Schitterend
HesterLeyNel
Ja, een van die bloggers hier wat in Ghana woon, sê hulle noem die outjies “opwippers” omdat hulle die bolyfie so oplig. Te oulik.
joke_dev
Schitterend hoe die gecamoufleerd zit!
HesterLeyNel
Hulle is slim om hulleself so weg te steek. Ons het baie valke, uile en ander roofvoëls hier.
joke_dev
😀
Tokeloshe
Pragtige fotos!
HesterLeyNel
Dankie Linda