Ons boek is gereed om afgelaai te word by my menu-skakel BookTalk in PDF, MOBI, en EPUB formaat. Druk net op die regte blou knoppie onder die prentjie van die voorblad. ‘n Thumbnail van die voorblad is op dieselfde plek geplaas. Die BookTalk bladsy laat bloggers toe om kommentaar te lewer vir diegene wat ietwat te sê het oor die boek – vertel asseblief hoeveel julle dit geniet het om deel te neem.
Die e-boeke sal ‘n lêer (file) aflaai in jou rekenaar se “downloads” lêer vanwaar dit oorgelaai kan word op jou e-leser. Die PDF weergawe maak direk oop op jou skerm en kan ook daarvandaan uitgedruk of ge’save’ word.
Ek het die kommentare wat nie direk betrekking gehad het op die misdaad self nie verwyder en die vingerglipse reggemaak – daar mag dalk ‘n paar wees wat my aandag ontsnap het. Die blogs self het ek onveranderd geplaas, behalwe vir die volgende -:
- waar daar skakels gebruik is as verwysing na ‘n ander blog of artikel, is die verwysings nou in die voetnotas
- ek het nie al die prentjies gebruik nie, eerstens omdat dit die dokument groter maak en dit langer vat om af te laai, en tweedens omdat ek verkies om slegs fotos te gebruik wat die eiendom van die skrywer is. Lekkervurig, jy sal sien dat ek die prentjie van jou “reverse alphabet” vervang het met een wat ek self gemaak het, omdat dit ‘n belangrike deel van die ontsyfering van die kode vorm. Hoop dis oukei.
- waar daar ‘n verwysing was in die blog na die “foto hier bo / hier onder”, het ek die bewoording aangepas. Daar is skakels na julle eie blogs toe aan die begin van elke hoofstuk, dus kan besoekers direk na jou persoonlike blog toe gaan om daar te lees of fotos te kyk.
- ek moes die emojis wat in die blogs gebruik is vervang, omdat die emojis nie korrek deurgetrek is in die e-boeke nie. Ek het ‘n ander programmetjie gebruik en die emojis lyk nie altyd presies dieselfde nie, maar ek het sover as moontlik die emojis ingesit wat vir my “reg” gelyk het. Waar daar meer as een emoji saam gebruik is in dieselfde sin, het ek dit meesal beperk tot een, want ek moes hulle een-vir-een vervang.
- in die onderskeie blogs word die laaste kommentare òf heel bo òf heel onder geplaas en ek moes ‘n bietjie sortering toepas terwille van eenvormigheid.
My weergawe is klaar afgelaai op my Kindle en ek belowe julle, dis ‘n fees om weer alles oor te lees. Ek hoop ons kan weer so ‘n uitdaging suksesvol aanpas en ek hoop julle geniet ons “boek”.
Ps. Dis gepubliseer onder die naam van die skrywer “Blogland”.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Toortsie
Hartlik geluk! 😁
HesterLeyNel
En dieselfde vir jou! Dit was mos ‘n “ons” poging.
lekkervurig
Hester, ons hoof-towerin. Dis fantasties. Dis ‘n reuse taak, welgedaan. My Rots sê dankie, nou kan hy ons avontuur lees terwyl die nek herstel. Dankie vir jou visie en dat jy ons almal nie uit die weg laat ruim het nie. Sien uit na nog vele Blogland avonture!
HesterLeyNel
Ons gaan beslis weer so maak
lekkervurig
🤗
Kameel
Oooo dankie Hester…. jy is ster. Dankie vir jou harde werk 😊 Wil myne ook op my kindle laai… hoop ek kry die pad.
HesterLeyNel
Dankie vir jou (en Ben) se saamspeel. Ons sal Camilla moet laat voortleef.
travel460
Nou wil ek sommer aan die tjank gaan. Dankie Hester, hierdie was harde werk vir jou, en ons klomp kon net lekker inmeng en ons eiers lê. Ek is nog onseker of ek die boek vir Bertus gaan laat lees, hy gaan dalk net ñ skok of twee oor ñ paar van ons beleef. Dink mos my blog-mense is nét ñ klomp engeltjies, sy vroutjie inkluis… Wat ñ heerlikheid om nou alles so bymekaar te sien!!!
HesterLeyNel
Haha, ek stem saam met jou – hou dit liewer weg uit Bertus se hande. Die werk was darem die moeite werd dink ek. Ek het heelwat blogs oor my ma geskryf wat ek graag in boekvorm wil saamstel en dis eintlik die rede hoekom ek begin kyk het na hierdie formaar. Ek kom net nooit daarby uit nie.
travel460
Moet sê, ek sou nooit so goed kon kophou soos wat jy hier gedoen het nie!
HesterLeyNel
Dankie vir die kompliment
Abrie Joubert
Ek dink die skok sal veral oor jou wees!
HesterLeyNel
Hy sal haar verbied om weer met ons te assosieer.
Tannie Frannie
Sjoe, jy is ‘n formidabele harde werker! Baie dankie, dit gaan nou weer lekker lees afgee.
HesterLeyNel
Dankie vir die saamlees Frannie
dromer777
Wow julle is oulik!
HesterLeyNel
Die klomp bloggers is vreeslik verbeeldingryk 😄
Kameel
Klaar!!! Die boek van begin tot einde deurgelees. Alles weer beleef en so geniet.
HesterLeyNel
Jô! Jy’s ‘n flukse leser. Dis lekker om alles so in een stuk voor jou te sien afspeel nè? Ek onthou, jare gelede het ons ook sepies gekyk, maar alles wat deur die week gewys het, is Saterdagoggende herhaal in die omnibus. Ek het verkies om liewer alles gelyk te kyk. Hierdie sal ‘n lekker sepie maak, dink jy nie so nie?
Kameel
Ja, en ek dink ons het genoeg potensiaal om ‘n lekker sepie te laat hardloop vir ‘n paar jare 😊
HesterLeyNel
😄
Abrie Joubert
Hester Hester, Carlos kan sy goue voortande gee om engsins met ‘n knap vrou soos jy geassosieer te wees (o ja hy het mos maar nie heeltemal vrywillig nie). Dankie vir die idees van ‘n paar wat jy in ‘n realiteit omskep het. En vir die versorging ensovoorts. Lekkervurig het my mos een slag van judge en jury beskuldig wel jy was redakteur redigeerder en uitgewer – volledig jou skuld! Ek is net nie so lekker met die subtitel van die verhaal nie, dit was was dan alles so haarfyn beplan en uitgevoer 🙂
HesterLeyNel
Dankie Abrie. Die subtitel, nè? Daar is dan niks goud in my sak nie!
Abrie Joubert
Ja maar jou belasting is minder as wat dit sou wees!
HesterLeyNel
Jy bedoel ek sou belasting betaal het op my aandeel as ek en Carlos nie alles saamgevat het Las Vegas toe nie? skok
Abrie Joubert
Nee BTW sou 25% gewees het
HesterLeyNel
LOL!
Lewies Mymer
Mooi skoot!
HesterLeyNel
Dankie Lewies 😄
rondomtaliedraai
Welgedaan! <3
HesterLeyNel
Dankie 😊 Jy het in my spambox beland!
rondomtaliedraai
Aitsa Ek wonder wat dit nou weer is… dit maak my so moe4g.
Xena Phoenix
Bravo!
It is great to see a plan come together.
HesterLeyNel
Dankie. Ek weet nie of ons plan to “together” was nie, maar ons het dit vreeslik geniet.
perdebytjie
Ek was die naweek van die lug af…kom nou eers by! Baie dankie vir al jou harde werk, Hester. Dit was voorwaar baie prettig en die bloggers het hulself oortref. Jy is ‘n ster!
HesterLeyNel
‘n Waardige spanpoging, sou ek sê 😉